Harry, Meghan se onderhoud: Selfdoodgedagtes, rassisme geopper

Prins Harry en sy vrou Meghan tydens hul onderhoud met Oprah Winfrey. (Foto: Joe PUGLIESE/HARPO PRODUCTIONS/AFP)

Prins Harry se vrou, Meghan Markle, het selfdood oorweeg nadat sy by die koninklike familie aangesluit het.

Meghan (39) het tydens ʼn eksklusiewe onderhoud met Oprah Winfrey op CBS ook bewerings van rassisme in die monargie geopper.

“Ek … wou net nie meer lewe nie. En dit was ʼn baie duidelike en skrikwekkende gedagte,” het sy aan Winfrey gesê. Sy het ʼn geestesgesondheidskrisis beleef en is glo hulp geweier. Op ʼn vraag oor of sy selfdoodgedagtes gehad het, het Markle geantwoord: “Ja. Dit was baie, baie duidelik.”

Volgens Meghan was daar ook kommer oor “hoe donker” haar seun se vel sou wees en of Archie koninklike beskerming sou geniet aangesien hy nie ʼn titel het nie.

Ná die egpaar se verrassende besluit om afstand van die koninklike familie te doen en na Amerika te verhuis, is Meghan onder meer daarvan beskuldig dat sy eiesinnig en bederf is en dat die egpaar roekeloos en selfsugtig is.

Meghan het ook tydens die onderhoud berigte ontken dat sy Kate Middleton voor haar troue met Harry laat huil het. Sy het gesê die omgekeerde is waar. Volgens haar was die voorval “die begin van ʼn werklike karaktersluipmoord” en ʼn keerpunt in haar betrekkinge met die koninklike familie. “Ek het besef dat ek nie beskerming geniet nie en dat hulle bereid is om te lieg om ander lede van die gesin te beskerm.”

Prins Harry het tydens die onderhoud meer lig gewerp op sy verhouding met sy pa en broer. Volgens Harry het hy gevoel dat prins Charles hom in die steek gelaat het. “Ek voel regtig teleurgesteld, want hy het iets soortgelyks deurgemaak. Hy weet hoe pyn voel,” het ʼn emosionele Harry gesê.

Hy het bygevoeg dat sy pa en ouer broer, prins William, “vasgekeer” is deur die konvensies van die monargie, maar dat hy altyd lief sal wees vir sy pa.

Volgens Harry het hy en Meghan alles in hul vermoë gedoen om deel te bly van die koninklike familie. “Ek is hartseer oor wat gebeur het, maar ek weet en ek voel gemaklik met die wete dat ons alles in ons vermoë gedoen het om dit te laat werk.”

Die egpaar het intussen ook tydens die onderhoud bekend gemaak dat hulle ʼn dogtertjie verwag.

Die onderhoud sal Maandag 8 Maart om 19:30 op DStv-kanaal 101 uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan ·

Hier is opregteid en liefde. In onderhoud niemand afgekraak nie. Net feite. Het die moed gehad om van die firma genoem monargie weg te breek. Firma wat oor deur eeue wereldwyd regerings en menselewens vernietig vir MAG en GELD.

AH ·

Jy reken??? Lyk vir my na aandag soek soos twee stout bedorwe brokkies………

Annelize ·

Die twee het sopas die laaste brug tussen hulle en die Windsors verbrand.

Die Windsors is nie sommer enige familie nie, dis ‘n instelling, en jy trou ook in daardie instelling in, en sekere pligte, verantwoordelikhede en bepaalde gedrag word van jou verwag as jy daar introu. Ek het die gevoel van die begin af gekry dat Meghan met die idee daar ingeloop het dat sy alles gaan verander en nuwe lewe in alles inblaas. Groot was die skok en die teleurstelling toe sy besef sy het haar heeltemal misgeval, en nou word die slagoffer en rassisme kaart weer gespeel dat die biesies bewe.

Jy kan maar kyk, die wat nie volgens die reels wou speel nie, is gou uitgewerk, prinses Diana (en ek dink nog steeds sy was die mooiste en stylvolste vrou ooit), Hertogin Sarah. Die wat volgens die reels speel gedy in hulle rolle, Kate gaan van krag tot krag en is geliefd, Sophie is ‘n stille steunpilaar vir die Koningin, en Camilla (so min soos wat ek van haar hou), staan bankvas agter Charles in haar pligte.

Inkpot ·

Sy het gedink sy is belangrik en sy gaan die ster wees in die monargie.
Sy kon met niemand oor die weg kom nie, het selfs ‘n wig tussen Harry en William ingedryf.

Althes ·

Dit wil eerder voorkom asof Megan Markle hoop om net so beroemd te raak soos oorlede Diana.
Siestog, om so sensasie te verkoop aan die hoogste bieër is pateties.

Inkpot ·

En dan het hulle glo onder andere ook gevlug vir die media en het hulle privaatheid gesoek.
Nou soek hulle die heeltyd publisiteit en misbruik die naam van die monargie.

Andre ·

Laat my dink aan die rooi en blou klei storie toe ek jonger was…
Rooi hare en blou bloed…
Lyk vir my deesdae is almal slagoffers even al het jy n stewige bank balans!

MakersMark ·

Ongelukkig is al die kommentaar wat waarhede bevat het nou verwyder. Seker vir “polieke korrektheid”. Als verder kan ineenstrort wees net asb polities en sosiale korrek……

AH ·

Ek dink Megan het haar misgis met wat dit beteken om in die koninklike familie in te trou. Sy wou immers graag ‘n adelike vang en toe dag sy dat dié rooikop prins die vangs van die eeu sal wees! Sy was gewoond om te maak soos sy wou en daar is aan haar grille en giere toegegee omdat sy ‘n goeie aktrise was. Sy was dus gewoond daaraan om soos Harry dit gestel het: “Meghan gets what Meghan wants”. Toe nie so maklik toe sy in die koningshuis beland nie!! Sy het nie besef dat sy haar vryheid en lewe soos wat sy dit geken het sou moes prysgee om ‘n titel te kry nie. Toe dinge nie wou uitwerk soos wat sy dit beplan het nie, het sy arme Harry aan sy kraag beetgekry en hom uit sy koninklike familie se “houvas” gesleep om van hom ‘n getroue “brakkie” te maak wat agter haar en haar ideale aanhardloop!! Ek is teleurgesteld dat Harry so maklik sy erfenis en alles prysgee terwille van Meghan wat niks minder as ‘n “brat” is nie. Nou speel sy die rassekaart, nadat alle ander ammunisie opgebruik is..

koos10 ·

Nou weer die rassisme kaart. As die waar is dan moet die hoog heilige Engelse van hulle hoë perde af geruk word, as die nie waar is nie, moet Harry en Meghan in die bek geruk word.
Ek is moeg daarvoor dat die ras kaart gespeel word. Sy wou ‘n loopbaan volg, wat sy nie kon doen terwyl sy ‘n adelike is nie. Sy moes uit Engeland kom om dit reg te kry. Dan is sy ouer as Harry, en kan hom maklik beinvloed. En dan ag shame, hulle het ook nie geld nie, behalwe die miljoene wat Diana vir hom agter gelaat het.

Hulle wil gewone lewens lei, nou laat hulle werk en uit die kollig bly.

Inkpot ·

Sy soek simpatie met die selfdood
Jammer, maar sy het geen klas en pas nie in by die eeu oue monargie nie.
Sy maak nou ‘n ophef om dat “iemand” in die koningshuis glo gewonder het wat Archie se velkleur gaan wees.
Sy speel die raskaart.
Mense wonder altyd oor ongebore babas, die kleur van hulle oe, die kleur van hulle hare ens.
Dis sy wat die probleem het, sy is immers swart en moes vooraf geweet het dat mense daaroor gaan wonder, sy het dan self ‘n wit pa.
Arme Harry.

pestilensie ·

Interessant dat pers weereens die groot rolspeler in die sage was
Ok

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.