Harry, Meghan sukkel glo om huur by te bring

Frogmore Cottage, binnekort Harry en Meghan se heeltydse en glo enigste woonplek. Foto: Facebook

Die hertog en hertogin van Sussex gaan na verwagting binnekort hul woning in die Cotswolds, ʼn landelike gebied in Suid-Sentraal-Engeland, ontruim omdat hulle na bewering nie meer kan bekostig om vir twee woonplekke te betaal nie.

Die egpaar het in die aanloop tot hul troue verlede jaar ʼn twee jaar- huurkontrak van sowat R45 miljoen geteken vir die gewese plaashuis in ʼn prentjiemooi dorpie en die meeste naweke daar deurgebring, berig Daily Mail.

Meghan het bekendgemaak sy verwag haar eersteling in April. Foto: Facebook

Vriende sê dit gee hulle geleentheid om weg te kom van die “goudvisbak” van die koninklike lewe in Kensington-paleis, waar hulle in Nottingham Cottage met sy twee slaapkamers woon.

Prins Harry en Meghan, wie se eersteling in April verwag word, sou na verwagting hul plattelandse huurhuis behou het nadat hulle in die Britse lente uit Londen na Frogmore Cottage op die koningin se Windsor-landgoed verhuis het.

Maar die skinderkoerant beweer die paartjie het hul huurkontrak voortydig beëindig en beplan om nou al in Maart uit te trek.

ʼn Bron beweer die twee sukkel om vir die instandhouding van twee eiendomme te betaal, veral omdat die opknappingswerk aan Frogmore Cottage soveel as R53 miljoen kan kos.

Hoewel Britse belastingbetalers vir die grootste deel van die koste verantwoordelik is, moet Harry (34) en Meghan (37) selfs vir los en vaste goedere opdok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

31 Kommentare

Regtig! ·

Ek lees MM omdat hulle nog min of meer Afrikaner waardes naastreef. Hierdie tipe berig irriteer my grensloos want watter bewyse het MM om die feite te staaf. Daar is ‘n rede hoekom ons van skinderkoerante praat ….. omdat dit heel waarskynlik net ‘n skinderstorie is en nie gepas on hier geplaas te word nie. Los die mense uit, hulle vra ons niks en skuld ons niks

Johann cb ·

Foeitog! Hoe jammer kry ek die arme mense nou! Hoop hulle kan kinders bekostig!

Johann cb ·

Trek tog ‘n droë doek aan! Nuus is nuus!
Moet ons nou die koninklikes jammer kry, vra ek terselfdertyd?!

Gemaskerde Sopbeen ·

Asseblief MM……………mense soos “Regtig!” wil in die vervolg NET berigte kry oor Nkandla, en ander gemorste in Suid Afrika….niks anders nie.

Riaan ·

Stem heeltemal saam. Ek het geen belangstelling in wat in hulle lewe aangaan nie. Los dit vir People magazine

Veritas ·

Siestog, die arme koninklikes. Bly maar ‘n useless spul.

Onnie ·

Dit klink vir my na n klomp bollie wat die media opdis omdat hulle niks ander feite kan kry nie. Sy het hope geld en hy ook. Die uitlatings van die pers is net “sad”

Onnie ·

As dit ruik soos bollie, en dit lyk soos bollie, dan weet jy dis bollie. MM kan seker onderskei tussen bollie en die waarheid. Ek lees nooit die berigte in media of pers oor hulle nie. Ons en die Souties sit jare nie om dieselfde vuur nie. Hulle doen en late skeel my min. Dis eintlik bietjie irriterend.

leser ·

frogmore – cottage, “a small simple house”, “kothuis” in ons terme gesien is dit n woonplek vir ten minste 6 huisgesinne

Katerina ·

Ek stem saam. Hulle is vir my as Suid Afrikaner heeltemal irrelevant. Ek is seker MM kan berigte vind van meer belang vir Suid Afrikaners. Al so moeg om hierdie twee se gesigte orals te sien. Hulle word in mens se keel afgedruk orals op die net.

Karolis ·

Ek is absoluut verras om te sien dat bogemelde kommentaar geplaas is. Gewoonlik kom dit nie verby MvR nie. Lyk my hy is vandag af.

marco polo ·

Sjoe, twee slaapkamers in n paleis, dit moet nogal erg wees. Wie gee om?

Alida ·

Ons het groter ellende in SA. Berig asb of die Delmas vrou geholpe is na haar huis afgebrand het. Daar het 2 kinders en n ouma verbrand. Waar is MM se joernaliste?

Mariaan ·

Stink skatryk familie….die woorde ” kan nie bekostig” is iets wat hulle nooit sal oorkom of verstaan nie….waarom dit eers noem in n land met miljoene honger mense…sad!

Snowball ·

Die hele Engelse empire sit nog en broei op die neseier wat hulle kon vergader deur hulle geplunder en verguising van ander lande, SA inkluis. Vir my part kan hulle in ‘n pondok gaan bly.

Stephen Namibia ·

“Regtig”. Hulle skuld ons niks? Die Engelse sal nooit die skuld aan die Afrikaner kan betaal nie! Ek praat nie in monetere terme nie.

Ja Nee ·

MM gee asb vir ons behoorlike nuus, die is nie nuuswaardig nie.

Jeremia ·

Dit sal nuuswaardig wees indien hierdie klomp Engelse en hul kwien die Afrikanervolk om verskoning vra vir hul geplunder en verwoesting asook doodmaak van vrouens, kinders en oumense in SA.
Dit sal nou waaragtig hoofnuus kan wees.
Intussen kan hulle die supergroot Cullinan-diamant wat pas na die oorlog deur die meelopers, Botha (en Smuts) aan hulle gegee is verpand vir ‘n nog superluukser lewe.
Die dae van “Great Brittain” is al baie lankal verby. Dalk moet party mense daarvan bewus raak.

Hennie ·

Die koninklikes is ‘n kramp in die gat! Hulle sal eendag moet verduidelik hoekom hul gatte so lekker in die botter gegly het! Hulle verdien ook om te sukkel en te kripeer!

Peter Holmes ·

Gaan so voort MM. Genoeg moord, geweld, stakings. Dis lekker om iets soos hierdie te lees. Ek sal nie omgee om self so n cottage te he nie.

Anoniem ·

Stem saam! Lekker om soms bietjie iets anders te lees! Altyd vir my interessant om oor die koninklike familie te lees!
Niemand kan die geskiedenis verander nie.

Ja Nee ·

MM gee asb vir ons behoorlike nuus, die is nie nuuswaardig nie.

Karin ·

Julle braak gal oor die Engelse koninklikes. Hoekom lees julle dit as dit julle gaan irriteer? Beweeg net verby die berig.

Jakkie ·

Tyd dat sy haar klere meer as een keer dra soos Kate en minder duur uitrustings, dan sal hul finansies klop. Hulle het nog nie eers begin doeke en formulemelk koop nie. Megan lyk hoekal nie vir my soos een wat sal borsvoed nie.

Adam ·

Die gemiddelde Suid-Afrikaner se algemene kennis is vrotsig en daarom is dit des te meer onverstaanbaar dat klippe in MM se rigting gegooi word, terwyl hulle nuus van oorwegend goeie kwaliteit gratis aan ons bied. Die berig is geskoei op dit wat ‘n paar dae gelede in die Daily Mail in Engeland verskyn het. Ek moet darem byvoeg dat “los en vaste goedere” ‘n bedenklike vertaling van “fixtures and fittings” is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.