Die hertog en hertogin van Sussex gaan na verwagting binnekort hul woning in die Cotswolds, ʼn landelike gebied in Suid-Sentraal-Engeland, ontruim omdat hulle na bewering nie meer kan bekostig om vir twee woonplekke te betaal nie.
Die egpaar het in die aanloop tot hul troue verlede jaar ʼn twee jaar- huurkontrak van sowat R45 miljoen geteken vir die gewese plaashuis in ʼn prentjiemooi dorpie en die meeste naweke daar deurgebring, berig Daily Mail.
Vriende sê dit gee hulle geleentheid om weg te kom van die “goudvisbak” van die koninklike lewe in Kensington-paleis, waar hulle in Nottingham Cottage met sy twee slaapkamers woon.
Prins Harry en Meghan, wie se eersteling in April verwag word, sou na verwagting hul plattelandse huurhuis behou het nadat hulle in die Britse lente uit Londen na Frogmore Cottage op die koningin se Windsor-landgoed verhuis het.
Maar die skinderkoerant beweer die paartjie het hul huurkontrak voortydig beëindig en beplan om nou al in Maart uit te trek.
ʼn Bron beweer die twee sukkel om vir die instandhouding van twee eiendomme te betaal, veral omdat die opknappingswerk aan Frogmore Cottage soveel as R53 miljoen kan kos.
Hoewel Britse belastingbetalers vir die grootste deel van die koste verantwoordelik is, moet Harry (34) en Meghan (37) selfs vir los en vaste goedere opdok.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
Ek lees MM omdat hulle nog min of meer Afrikaner waardes naastreef. Hierdie tipe berig irriteer my grensloos want watter bewyse het MM om die feite te staaf. Daar is ‘n rede hoekom ons van skinderkoerante praat ….. omdat dit heel waarskynlik net ‘n skinderstorie is en nie gepas on hier geplaas te word nie. Los die mense uit, hulle vra ons niks en skuld ons niks
Siestog, die arme koninklikes. Bly maar ‘n useless spul.
Dit klink vir my na n klomp bollie wat die media opdis omdat hulle niks ander feite kan kry nie. Sy het hope geld en hy ook. Die uitlatings van die pers is net “sad”
As dit ruik soos bollie, en dit lyk soos bollie, dan weet jy dis bollie. MM kan seker onderskei tussen bollie en die waarheid. Ek lees nooit die berigte in media of pers oor hulle nie. Ons en die Souties sit jare nie om dieselfde vuur nie. Hulle doen en late skeel my min. Dis eintlik bietjie irriterend.
Pfft