Harry, Meghan tree terug as senior koninklikes

Prins Harry en sy vrou Meghan, hertog en hertogin van Sussex. Foto: (Daniel Leal-Olivas/Pool Photo via AP, file)

Prins Harry en sy vrou, Meghan, het aangekondig dat hulle ʼn minder aktiewe rol in die Britse Koningshuis gaan speel en finansiële onafhanklikheid sal nastreef.

Die koninklike egpaar het in ʼn verklaring bekend gemaak dat hulle ook beplan om voortaan hul tyd tussen die Verenigde Koninkryk en Noord-Amerika te verdeel.

“Ná maande lange besinning en interne besprekings, het ons besluit om vanjaar ʼn oorgang te maak om ʼn nuwe rol in hierdie instelling te begin speel,” lui die verklaring van die hertog en hertogin van Sussex. “Ons beoog om terug te tree as ‘senior’ lede van die koninklike familie en te werk om finansieel onafhanklik te word, terwyl ons sal voortgaan om haar majesteit die koningin ten volle te ondersteun.”

Harry, sesde aanspraakmaker op die troon, en Meghan het nie bekend gemaak waar in Noord-Amerika hulle ʼn tweede tuiste wil vestig nie, maar het hul babaseuntjie, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, as die rede voorgehou hoekom hulle ook tyd buite die VK wil deurbring.

“Hierdie geografiese balans sal ons in staat stel om ons seun groot te maak met ʼn waardering vir die koninklike tradisie waarin hy gebore is, en terselfdertyd aan ons gesin die ruimte gee om te fokus op ons volgende hoofstuk, waaronder die bekendstelling van ons nuwe liefdadigheidsentiteit.” Daar is al vir ʼn wyle gerugte dat die egpaar Kanada toe wil trek.

Buckingham-paleis het ure ná die egpaar se verklaring uitgereik is ook ʼn verklaring uitgereik waarin bevestig is dat gesprekke met die hertog en hertogin in ʼn vroeë stadium is.

“Ons verstaan hul behoefte om ʼn ander benadering te volg, maar dit is ingewikkelde kwessies wat tyd sal neem om deur te werk,” lui die verklaring.

Harry saam met klein Archie. Foto: Instagram

Harry en sy gesin het nie koningin Elizabeth se tradisionele Kersfees-byeenkoms by haar Sandringham-landgoed verlede maand bygewoon nie. Hulle is na Kanada en het ook by Meghan se ma in Kalifornië gaan kuier. Meghan het in Los Angeles grootgeword en in Toronto gewoon tydens die verfilming van die televisiereeks Suits waarin sy gespeel het.

Die koninklike egpaar het vantevore al erg uitgevaar teen die Britse poniekoerante se behandeling van en beriggewing oor die gesin.

Harry het die Britse media gekap oor hul behandeling van Meghan en hulle daarvan beskuldig dat hulle haar teister soos wat hulle met sy ma, prinses Diana, gedoen het.

Meghan het in ʼn onderhoud met ITV gesê sy het waarskuwings afgemaak om nie met Harry te trou nie weens die mediablootstelling wat dit in Brittanje tot gevolg sou hê.

“Ek het nooit vermoed dit sal maklik wees nie, maar tog gedink dit sal regverdig wees. Dit is die deel wat moeilik is om mee vrede te maak.”

Die Britse media het ook talle kere berig oor ʼn beweerde kloof tussen Harry en sy broer, prins William.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Thea Bothma ·

So die nuwe skoondogter , het n mooi breuk veroorsaak in die familie
Meghan het haar kaarte mooi gespeel
wys net as jy uit jou agtergrond trou, dan gooi jy alles vinning weg
die jong mense kan by hulle ouma leer

Lee ·

Ek is al jare lank n aanhanger van die konings gesin. Ek respekteer hul besluit en dink dis wonderlik. Arme Harry het toegesien hoe sy ma gejag is deur die ponie pers en wil dit voorkom. Well done Harry vir die volwasse besluit

Frank ·

Dink hulle probeer maar net red wat te redde is. Agv hulle destydse swak besluit…

Naomi ·

Hahaha. Hoe maak jy jou wortels ongedaan? Nou is daar sprake dat Harry 5% van sy inkomste sal prysgee, maar hy wil nog die 95% van Prins Charles hou. Ook wil hulle in Frogmore house bly. Die eeu van die gehoorsame eggenoot…Meghan se spring en Harry vra hoe hoog. Word vroueregte nie bietjie te ver gevoer nie? Is die stories wat Meghan se familie versprei dalk die waarheid? Gaan Samantha dalk nou vir Koningin Elizabeth se “I told you so”?

J van Rustenburg ·

Hoe gaan die prinsie daaraan werk om finansieel onafhanklik te wees

Lola ·

Die prinsie is darem nog te klein om daaraan te werk. Sy ouers sal sorg dat hy goeie kwalifikasies kry en verder studeer, net soos jy vir jou kinders gaan doen. As hy groot is, sal hy sy plek volstaan in die samelewing. Worry eerder oor hoe ons kinders in Suid Afrika finansieel onafhanklik kan wees as hulle eendag groot is. Die prinsie gaan uit die aard van die saak meer geleenthede he!

KG ·

As jy dalk Prins Harry bedoel is ek seker daar is opsies. Ek is seker daar sal nie sulke belangrike besluite geneem word sonder om als in ag te neem nie.

Rab ·

Wel, beter as wat die blanke afrikaners vir hul nageslag gelos het. Dan wonder almal hoekom so baie van ons reeds landuit is.

Amelia ·

Ek stem saam Thea Meghan het haar kaarte mooi gespeel. ‘n Wrig ingegooi tussen die Harry en die Koningin. Hoe verder hulle gaan hoe verder sal hullle van die koninkles af wees. Dit was haar plan van die begin af. En ‘n vrou kan ‘n man van baie dinge oortuig. Dom eintlik van haar want Archie sal ‘n fantastiese lewe gehad het. Maar nou ja.

Noenoe ·

As jy in haar skoene was, sou jy dieselfde gedoen het. Ek sou

Frank ·

Meghan’tjie speel haar eiewillige, eiegeregtige mannetjie soos ‘n kitaar. Gold-digger. Koningin het mooi gevra ‘n paar dae gelede dat hulle eers met die nuus wag en oor alles besin, maar nee!! Wou nie, kon nie, sal nie!! Hulle titels moet hulle sonder seremonie ontneem word. Hulle verdien dit baie beslis nie.

Marinda ·

Hierdie kon glad nie as ñ verassing vir my nie. Dit nogal verwag.

Stephen ·

Ek is nie n aanhanger van die Britse Monargie nie, maar dis duidelik sy word nie deur die Koningshuis aanvaar nie .
Dit was n kwessie van tyd.

Landi ·

Netso. Geen wonder die paartjie wil uit nie. Mense kan net nie hul by hul eie mislike lewens bepaal nie. Nou kry die stomme vrou die skuld.

Hul lewens, hul besigheid. Gaan vee jou huis uit.

Mads ·

Hul besluit maak 100% sin vir my. Die monargie is so out dated.

CK ·

Hmm, ek het hierdie ding sien kom lankal. Sal interessant wees om die terugvoer te hoor.

P ·

In hemelsnaam los die mense uit. Afterall het dit niks met enigeen uit te waai Nie. Laat hulle doen wat hulle wil. Meeste kritiseer darem net mooi Al’s.

Mavis ·

Sy het begin met Prins William en Harry. Sy het goed geweet wat die pad is as sy met Prins Harry trou. Hy het ook geweet wat gaan gebeur as jy trou. Die media wat hul nie sal los nie. Maar dis beter so, hy gaan nog terug kom na ouma toe sonder sy vrou en kind. Dis haar plan sodat sy die kind kan behou as wat sy nog in UK bly.

Rupert Ashford ·

Jou kommentaar mag dalk ongelukkig net mooi die akkuraatste van alles wees wat tot dusver nog hieroor gese is hier op MM.

Krewel ·

Die regte besluit. Die koningsgesin is iedergeval uitgedien.

Lizzie ·

Jaloesie en nogmaals jaloesie op skoonsus Kate wat so bemind is onder almal. Sy kom vir my baie onseker voor, dis waarom sy gedurig so aan Harry hang. Nou ja dit kom al van Simson en Delilah se tyd af. Die vrou kry baie reg . So is daar ook oorloe verloor agv n slinkse vrou.

Annelize ·

Dis omrede die hond die stert hier swaai, en die andersom nie. Het natuurlik gedink sy gaan die monargie met ‘n slag tref en alles en almal “outshine”, veral vir Kate, en toe gebeur dit nie.

Wat sy wel met onderskeiding reggekry het, is om twee broers, wat nog altyd na aan mekaar was, uit mekaar te dryf. Selfs Kate wat op ‘n stadium baie na aan Harry was, hy het haar altyd die suster genoem wat hy nooit gehad het nie, is weggedryf.

Annelize ·

Ag aarde, ek het bedoel, dis omrede die stert die hond hier swaai, nie andersom nie.

charmaine ·

Dis n goeie ding as hulle op hulle eie wil gaan niks fout daarmee nie, DIE KONINGING en haar prinse en prinsesse is in elk geval so outyds maak hulle net presidente en ministers hulle kos hulle mense net geld.

SIOUX ·

Ja, nee, kyk sy het hom goed gevang.
Ek wonder net gaan die sekuriteit ook verslap word?

Anni ·

Heng, maar sy het haar kaarte bitter mooi gespeel. Dryf ‘n wig tussen jou man en sy familie in, en jy loop weg met “log, stock & barrell”. Het dit in ons eie familie gesien ook gesien.

Het geen tyd vir hierdie vrou nie. Sy kom as vals en ‘n twee gesig voor. Ek begin wonder of haar eie familie nie grondige rede gehad het om hulle monde so uit te was oor haar nie. Sy het natuurlik gedink die monargie gaan na haar Hollywood Diva pype dans, en toe sy sien dit werk nie, toe speel sy slagoffer, en Harry speel saam. Hoe ongeskik en ongevoelig was dit nie van hulle om Kerstyd nie in Engeland te wees nie, gegewe dat dit dalk Prins Philip se laaste Kersfees kon wees nie. Ek sou berge versit het om tuis te wees as dit my Oupa was vir wie dit tyd besig is om uit te hardloop. Dit wys net hoe volis die twee, veral Meghan, van hulleself.

Never cut you nose to spite your face. Hierdie huwelik gee ek nie lank nie, want die stert swaai die hond hier, nie andersom nie. Harry gaan nog met ‘n rooi gesig terugkruip.

Hierdie twee is self verantwoordelik vir hulle ongelukkigheid agv hulle swak kommunikasie en swak maniere. Hulle is glad nie so plat op die aarde soos hulle graag wil voorgee nie.

D ·

Stem saam met jou Lee. Hulle het so jag gemaak op Diana. n Goeie besluit Harry….jy staan op vir jou vrou…..anders as wat Diana van haar man en geagte skoonfamilie ervaar het.

Bolletjie Blom ·

Dit gebeur in ons gewone mense se lewe ook. My skoonsuster het ons hele familie kom opbreuk toe sy met my broer getrou het. My broer was baie geheg aan sy twee susters en nou praat hy beswaarlik met ons. En een van die susters in sy tweeling suster.

Anni ·

Selfde hier Bolletjie Blom. Praat op hierdie stadium nie eers met my broer nie, hy nog minder met my, en net so min met my ouers en die ander.

Skoonsus het mos gedink sy gaan by ons familie inloop, ons kom hiet en gebied en haar wil en maniertjies op ons afdwing. Haar vingertjies klap en ons moet vra hoe hoog moet ons spring. En toe sy sien dit werk nie, toe begin sy moeilikheid maak sover soos wat sy gaan. Wel, sy het gekry wat sy voor gesoek het, en meer. Die familie is letterlik in 4 bitter ongelukkige dele geskeur, my eie huwelik het dit amper nie oorleef nie, en nou is sy die onskuldige slagoffertjie.

John ·

Megan probeer allerhande truuks om simpatie te wen on Harry op die troon te kry ipv sy broer. Nou hoop sy die wèreld gaan groot woke-optogte hou oor Brittanje se wrede opvolgreèls.

Penellope Jones ·

Prins Harry het met baie dik oogklappe in hierdie groot vangnet ingewandel.
Sy het hom absoluut presies en netjies waar sy hom wil he, geskei van sy familie, sy geboorteland, alles.
En nou het sy nog ‘n baba ook met ‘n “Royal” konnotasie – daarmee gaan sy seker nog met baie met mense se koppe smokkel.

JohanR ·

Dink ou Meghan loop al oor Harry. Het al lankal gesien as dit by haar kom is daar net wind in sy broek. Wag maar soe bietjie…..daar sal nog ‘n tyd kom in die volgende vyf jaar dat Harry sal besef wat aangaan, en dan sal hy ‘n vulkaan in sy broek kry!

Hanlie ·

Dat so ‘n innemende man hom so om die bos kon laat ly het.

Annelize ·

Presies, Harry het ‘n absolute persoonlikheids en gedaanteverwisseling ondergaan. Ek volg al van kind af die Britse koninklikes, was as kind versot op Diana En ek se vandag vir julle, Harry is lankal nie meer Harry nie.

Sy het vir hom baie mooi beet, en hy is of te stupid, of te verlief om dit te besef. Ek kry hom bitter jammer as sy oogklappe die dag afval.

Prinses ·

Man, ek hou al van hierdie kind se geboorte so ekstra bietjie meer van hom. Hoewel hy koningsbloed in sy are het, was hy nog altyd “anders” en nie bang om so te wees nie. Vir my is hy met beide voetjies plat op die aarde – net soos Diana was. Laat hom, Megs en Archie in vrede leef… hoekom MOET hulle onder al hierdie streng wette leef as hulle nie LUS is nie? Hul bly egter steeds net mense en mense MOET net elke dag voluit kan leef!!

Penellope Jones ·

Nie baie oulik van hulle om die aankondiging op die Hertogin van Cambridge se verjaarsdag te doen nie. . . . . . .

Anni ·

Dis ‘n ou laai van veral Meghan. Oorskadu Eugenie se troue met haar swangerskap aankondiging, maak hierdie aankondiging ‘n dag voor Kate se verjaardag, hulle troue was so gereel om saam te val met Prins Louis se geboorte. Was seker bang Kate “outshine” haar, en het dit moontlik gedoen in die hoop dat Kate die troue sou misloop. Toe is Kate wel daar, understated elegance, met post baba-magie en al.

Blote toeval? Ek dink nie so nie. Meghan moenie huil omrede mense nie van haar hou nie. Ek het baie van haar gehou aan die begin, maar bitterlik vinnig ‘n gly in haar gevang.

Anoniem ·

Hierdie 2 is ongelooflik self gesentreerd en selfsugtig. Harry gee klaarblyklik nie om vir sy ouma, pa en broer nie en het nie gedink aan die impak wat hierdie stap op hulle gaan he nie. Meghan was nog altyd ietwat narsisties, maar Harry was darem baie geheg aan sy familie totdat hy met Meghan getrou het

Will Oosthuizen ·

Van die begin af was duidelik dat Meghan as nie ingepas het by die Koninklike milieu nie, terwyl Harry self met sy eie selfbeeld geworstel het. Die huwelik het eenvoudig nie die kalklig gehaal en die verbeelding aangegryp soos Kate en William nie. Daar was die troebel verhouding met haar pa, haar agtergrond as geskeide en rassistiese ondertone. Daar was verlede jaar al sprake dat hulle in Afrika meer tyd wou deurbring, waarvan dadels gekom het. Toe arriveer Archie wat geen koninklike naam verteenwoordig nie. Meghan wil duidelik manipuleer en verdeel, desperaat om deur negatiewe optrede ( sielkunde) simpatie te wek en aandag te trek. Daar is reeds fyn krake in die huwelik te bespeur. Soos die spreekwoord lui: Indien jakkels die druiwe nie kan bykom nie, kla hy die wingerd is suur.
Harry, voordat jy die Meghan perd opgesaal het, sou dit jou loon om te kyk na die stal waaruit daardie perd kom.

Ja swaer ·

Gaaa……. aaaaaap. Almal weet (selfs ek ja) dat daai vroumens in die Bronx hoort. Daar is sy dalk n prinses. Vir die res maar n gold digger. En die arme Harry (hy is mos nie Charles se seun nie soos ek verstaan) het geval vir haar heuningpotjie. Vra maar vir Hugh, pasop vir daai anties, Harry

Bytjie ·

Pantoffelregering!
Once a Hollywood diva, always a Hollywood diva.
Die wittebrood hou ook net so lank, dan gaan hy moeg raak om te spring as sy haar vingers klap.
Mag dit gou wees

Ekke ·

Sjoe mense, ken julle vir die twee mense dat julle sulke uitlatings kan maak. Ek persoonlik dink die twee is baie lief vir mekaar en sal doen wat vir hulle die beste is. Hulle is tog met mekaar getroud en nie met hulle families nie.

Jimmy ·

Die sprokieshuwelik is verby. En ek het hulle sewe jaar gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.