Harry Potter nou ook TV-reeks

(Foto: Chris Delmas/ AFP)

Harry Potter-aanhangers, van wie sommige al jare lank hoop op ʼn televisiereeks, kan uiteindelik hul towerstawwe neersit en juig.

Warner Bros. Discovery het Woensdag aangekondig dat die Harry Potter-boeke nou ook in ʼn TV-reeks omskep word, met skrywer JK Rowling as uitvoerende vervaardiger.

Warner Bros. Discovery sê die reeks sal “ʼn getroue aanpassing” van Rowling se megatrefferboeke wees en op sy nuwe stroomdiens, Max, uitgesaai word.

Die aankondiging bevestig onlangse bespiegeling dat ʼn program oor die magiese wêreld van Hogwarts binnekort die lig gaan sien.

“Max se verbintenis tot die behoud van die integriteit van my boeke is vir my belangrik. Ek sien daarna uit om deel te wees van die nuwe verwerking wat voorsiening sal maak vir diepte en detail wat slegs deur ʼn uitgebreide televisiereeks verskaf kan word,” sê Rowling.

Volgens Warner Bros. Discovery sal die verhale uit elk van die boeke “ʼn dekade lange reeks met nuwe rolverdelings” word.

Daar is nie ʼn tydlyn verskaf vir wanneer die reeks verfilm gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Dit behoort beter as die flieks te wees en ‘n meer getroue weergawe van die boeke.

Gauteng Meisie ·

Ek hoop regtig dis beter as die flieks, want dit was maar ‘n sleg voorstelling van die boeke.

Vexed ·

Ontspan, soos die geluk dit wil hê is die meeste goed op die ou einde van die dag ‘n mors van tyd…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.