Harvey Weinstein ‘hét my verkrag,’ sê aktrise

Rose McGowan (Foto: Richard Shotwell/Invision/AP)

Die Amerikaanse aktrise Rose McGowan het Vrydag op sosiale media gesê sy is deur Harvey Weinstein (65), die bekroonde Amerikaanse rolprentvervaardiger en medestigter van The Weinstein Company, verkrag.

Dié nuus volg nadat Weinstein daarvan beskuldig is dat hy minstens drie vroue verkrag en tien ander seksueel geteister het. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy meer as agt vroue, onder wie McGowan, betaal het om nié oor die seksuele teistering en aanranding te praat nie.

Twee ander aktrises, Asia Argento en Lucia Evans (née Stoller), beweer ook hulle is deur die Hollywood-grootbaas verkrag.

Die aktrise het haar Vrydag tot sosiale media gewend om te sê dat sy na bewering wel deur die rolprentmagnaat verkrag én betaal is om stil te bly. Weinstein het glo ʼn bedrag van $100,000 (R1,3 miljoen) vir haar stilswye betaal.

Volgens The New York Times is dié bedrag aan haar betaal met die ooreenkoms dat sy nooit die saak in haar persoonlike hoedanigheid of in die media mag opper nie.

McGowan het in ʼn reeks Twitter-inskrywings geïnsinueer dat die internasionale maatskappy Amazon voorheen besluit het om een van haar projekte nié te ondersteun nie nadat sy daarop aangedring het dat Weinstein nie daarby betrokke moet wees nie.

Harvey Weinstein (Foto: YouTube)

“Ek het vir die hoof van julle ateljee [Jeff Bezos, hoof van Amazon] gesê hy [Weinstein] het my verkrag. Ek het dit oor en oor gesê. Hy het gesê dit is nie bewys nie. Ek het gesê ek is die bewys.”

Nóg Amazon nóg Bezos het op haar bewerings gereageer. Bezos is te midde van dié bewerings die trekpas gegee.

Sallie Hofmeister, Weinstein se regsverteenwoordiger, het gesê alle bewerings van seks sonder wedersydse ooreenkoms of instemming word onomwonde deur Weinstein ontken.

Talle Hollywood-bekendes het intussen die dade waarvan hy beskuldig word, veroordeel. Bekendes soos Charlize Theron, Jennifer Lawrence, George Clooney, Meryl Streep en Lena Dunham het hulle teen hom uitgespreek. Ander bekendes soos Cara Delevingne, Angelina Jolie en Gwyneth Paltrow het hom persoonlik van seksuele teistering beskuldig.

Weinstein was betrokke by talle bekroonde rolprente soos onder meer The English Patient, Chicago, The Lord of the Rings: The Return of the king, The King’s Speech en The Artist.

Bron: The Telegraph, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eish ·

Volgens die berig het sy die geld aanvaar.
Wat ek nie kan kleinkry nie, is dat die mense altyd so laaaaaaaaank wag voor hul kla. Indien die klagte tydig gelê is, was daar baie minder slagoffers.
Ek het in my leeftyd twee sulke mense geken. Beide het weggekom aangesien die benadeeldes soos die graf geswyg het. Hierdie vrou het mos die betaling as bewys vir haar bewering. Of kan ons aanvaar dat die ongelooflike magsposisies of fondse waaroor diegene beskik, die slagoffers laat afsie van optrede. In die geval is daar n groot skroef los met die samelewing. Soos in dié helhool waar n totaal korrupte keiser steeds in uiterste weelde leef te midde van bewysbare kriminele oortredings.

Cherokee ·

Wanneer iemand so netjies skryf hoef daar nie verskoning gevra te word vir spelfout nie. Dan is dit duidelik ‘n sisteem fout of ‘n misdruk.

Sarah ·

Beide Weinstein en Roy Price, die hoof van die studio, is afgedank. Ek twyfel of enige iemand vir Jeff Bezos kan fire ;)

Boerseun ·

Die globaliste se val is naby, jammer FW gaan dit nie sien nie

Lillie ·

@Maroela Media – die hoof van Amazon se ateljee is Roy Price. Dis aan hom wie Rose McGowan gesê het sy is verkrag. Dit is hy wat op “leave of absence” gesit is deur Amazon. Nie Jeff Bezos (die stigter en grootbaas van Amazon) nie. Sy het wel al haar tweets aan Jeff Bezos gerig.

Bul vd karooek wondss ·

Ek wonder of dieselfde nie onder vermaak in SA gebeur.

Callie ·

Wanneer hulle nog onbekend is doen hulle enige iets om naam te maak. Baie slaap hulle pad oop. Gaan kyk hoeveel van hulle in pornografiese films speel. Wag n paar jaar, nou het hulle naam gemaak en wil dan met die snert begin. As jy volgens jou verkrag is sal jy praat, net daar. Enige een met integriteit sal dadelik praat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.