Hawelose Duitser in Thailand vas oor tempel-diefstal

Tempelgangers maak gewoonlik geldnote aan boompies vas by Boeddhiste-tempels Foto: latzdharma.wordpress.com

Tempelgangers maak gewoonlik geldnote aan boompies vas by Boeddhiste-tempels Foto: latzdharma.wordpress.com

ʼn Man van Duitsland is in Thailand in hegtenis geneem nadat hy Vrydag donasies by ʼn Boeddhiste-tempel gesteel het.

Die diefstal is op kringtelevisiebeeldmateriaal en ʼn skoonmaker se selfoonvideo vasgelê, het beamptes Saterdag bevestig. Die tempel is in Chiang Mai geleë.

“Die man is haweloos en bly onwettig in die land,” het Thanongsak Janjuakwa, polisiekaptein, gesê. “Sy visum het 10 maande gelede al verval. Hy voer aan sy Thaise vrou het hom ʼn rat voor die oë gedraai.”

Hy sal van diefstal aangekla word en die oortreding van migrasiewette. Hy sal moontlik ʼn boete of tronkstraf opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.