Haweloses lewend aan die brand gesteek

Argieffoto

Twee hawelose mans in Berlyn in Duitsland is Sondag tesame met hul besittings aan die brand gesteek by ʼn treinstasie in dié Europese stad.

Polisie het Maandag laat hoor dat ʼn onbekende aanvaller ʼn vloeistof oor die mans, onderskeidelik 47 en 62 jaar oud, uitgegiet het voor hy hulle en hul besittings aan die brand gesteek het by die Schoeneweide-stasie in Berlyn.

Die mans is met ernstige brandwonde na ʼn hospitaal gehaas.

Die koerante The Bild en B.Z. berig dat omstanders die brand glo geblus het deur gebruik te maak van ʼn brandblusser van ʼn nabygeleë kosstalletjie.

The Bild berig dat dit in dié stadium nog nie duidelik is of petrol of ʼn tipe Schnapps gebruik is om die vuur te begin nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Ek wil nie meer op die aarde wees nie. Mense en diere mishandeling is nou net te veel vir my.

Cor ·

Huh dan dink mens dit is net in afrika derde wereld waar dit gebeur. Wys jou net geen beskaafde land is dit gevrywaar nie.

Afrika in Berlyn ·

Dele van Berlyn is nou dig bewoon deur Afrika mense.

Haibo ·

Jip dit is die GEVOLG van ONWETTIGE immigrante wat daar toegelaat is en nou oral plak .. natuurlik keur ek GEEN geweld of enige moord goed nie . maar die regering het ook vir lank sy ore toegehou vir die publiek se gevoelens omtrent EMIGRANTE wat net daar arriveer en daar kom bly en nog toelaes ook ontvang .. Mense praat en praat en neem dan reg in eie hande.

JSG ·

Stem volkome saam. Multi-kulturele kan nie meng. Die een probeer mos altyd ‘n ander oorheers. Min mense is bereid om oor te skakel na ‘n ander kultuur waarvan die persoon nie van hou.

Liberaal ·

Ons liberaliste is lief daarvoor om vir ander voor te skryf watter kulture hulle moet aanneem, watter tale hulle moet praat en wat om te dink en glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.