Heerlike troue, sonder die bruidegom!

Foto: Stewart Cohen/Blend Images/Corbis

Foto: Stewart Cohen/Blend Images/Corbis

As jy nog altyd ʼn bruid wou wees, maar niemand het nog ooit die jawoord gevra nie, is hierdie foefie net vir jou!

ʼn Maatskappy in Japan het met die idee van ʼn “Solo Wedding” vorendag gekom vir vroue wat dalk eerder hul loopbane as die hoogste prioriteit beskou, of selfs geskeide vroue wat vir een dag weer spesiaal wil voel.

Die maatskappy bied ʼn tweedagdiens: die trourok, ruiker, skoonheidsbederfsessie en selfs ʼn model wat as ʼn “eggenoot” in die foto’s saam kan poseer.

“Solo Wedding” jaag jou byna R30 000 uit die sak en 10 vroue het al van die diens gebruik gemaak.

Lees die volledige berig in die Daily Mail.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SNEL ·

Ai, hoe belaglik en stoooopat, face jou lewe en bly alleen en maak jou beroep nr 1 in jou lewe of kry n man of vrou en trou.

Petrus Viljoen ·

Dit kan net ‘n vrou wees wat so iets sal wil aanvang!!! Vertraag verby as jy my vra.

Jannie ·

Eish …. Daar is baie maniere om spesiaal te voel en dit te geniet. Vir R30 000 kan jy n hele maand spesiaal voel. Dis regtig belaglik wat mense sal doen om geld te maak.

Milan Bye ·

Hulle sit die pot heeltemal mis! ‘n Troue is vir twee persone – ‘n man en ‘n vrou … Dis al.

Joey ·

Wel, ek wat ‘n 36jarige vrou is, nog nooit getroud was nie is dit glad nie ‘n slegte idee nie. Ek het nog net nooit die een ontmoet wat my hart vinniger laat klop nie. My Ma was in trane die ander dag en gese sy sal seker nooit die voorreg he om te weet hoe dit voel om ‘n Bruid se ma te wees nie. Dis ook my droom om eendag voor die kansel te staan…….miskien eendag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.