‘Heilige tablette’ toe antieke fopnuus

Foto: Indian Media Country Network

“Heilige kliptablette” met Hebreeuse skrif wat glo in antieke aardwerke in die VSA gevind is, was vervals en bevat ’n antieke voorbeeld van fopnuus.

Só sê ’n sielkundige, prof. Peter Hancock, van die Universiteit van Sentraal-Florida.

Die “Heilige kliptablette” met Hebreeus daarop gegraveer, is tussen 1860 en 1867 in die antieke aardwerke in Newark in Ohio gevind. Dié strukture is tussen 100 ná Christus en 500 ná Christus deur die Hopewell-kultuur gebou, en bestaan onder meer uit ’n baie groot sirkel, ’n vierkant en ’n “sterrewag” wat die maansiklusse van 18,6 jaar presies gevolg het.

Baie mense het geglo die gegraveerde tablette bewys dat antieke Israeliete by die oprigting van die aardwerke betrokke was. Die meeste bronne oor die aardwerke het egter aanvaar dat iemand vir iemand ’n poets gebak het en glad nie na die tablette verwys nie.

Hancock het geglo hy sal meer lig op die herkoms kan werp as hy kan vasstel wie die teiken van die poets was. Hancock glo so ’n tipe poets werk die beste op iemand wat gló dat so iets gevind sal word.

Volgens Hancock was die slagoffer eerw. Charles McIlvaine, die aartsbiskop van Ohio. In 1839 het McIlvaine die oortuiging uitgespreek dat artefakte in die Newark-grondwerke gevind sal word wat bewys dat alle mense van ’n gemeenskaplike voorouer sou afstam. Dit sou beteken almal stam van Adam en Eva af, ook die mense van sub-Sahara, en dat slawerny verkeerd sou wees. McIlvivine was ’n filantroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MCH ·

Sjoe, hoe kry ‘n sielkundige die gevolgtrekkings gemaak? Die tablette bewys dus Christopher Columbus het nie Amerika ontdek nie.

Ai ·

Hy het nie, n Viking met die naam Leif Erikson het Amerika ontdek lank voor Columbus.

MissDemeanor ·

Nee Ai. Jy is ook verkeerd. Nog heelewat langer voor Leif het die voorouers van die Amerikanse Indiane Amerika ontdek…Leif het later daar aangekom.

Gert ·

Julle almal is verkeerd YHWH het alles gemaak nog voor die Indiane daar aan gekom het.

Iemand ·

Julle is ALMAL verkeerd. Zuma her America ontdek, En enige boek wat anders se is Jan van Riebeek se skuld, En kan gekopel word aan apartheid propaganda.

Valerie ·

Lyk eerder vir my na ‘n baie maklike “Pacman” speletjie. Vir groot mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.