Heimlich (96) red vrou vir die eerste keer met sy eie tegniek

Dr. Henry Heimlich (5 Februarie 2014) (Foto: AP Photo/Al Behrman)

Dr. Henry Heimlich (5 Februarie 2014) (Foto: AP Photo/Al Behrman)

Die 96-jarige afgetrede chirurg, wat die Heimlich-maneuver ontwikkel het, het vir die eerste keer in sy lewe dié tegniek gebruik om ʼn 87-jarige vrou se lewe te red.

Dr. Henry Heimlich was Maandagaand in die eetkamer by Deupree House in Cincinnati, waar hy tuisgaan, toe ʼn vrou langs hom skielik begin stik het.

Perry Gaines, maitre d’ van die eetkamer, het aan die Cincinnati Enquirer gesê Heimlich het ʼn stukkie hamburger uit die vrou se lugweg losgelaat en sy het vinnig herstel.

Heimlich het vertel hy het gesit en eet toe hy merk die vrou se gesig word pienk en sy is besig om te stik. Hy het agter haar gaan staan en met die tegniek begin. “Net toe ek die Heimlich-maneuver uitgevoer het, het ʼn stukkie vleis met ʼn beentjie daarin, dadelik uitgekom.”

Die vrou wat gestik het, Patty Ris, het Vrydag gesê sy kon nie asemhaal nie, en Heimlich het hom na haar gehaas om haar te help. “Ek sou definitief net daar gesterf het,” het sy gesê.

“God het my in hierdie sitplek langs jou gesit,” het Ris na die tyd aan Heimlich gesê.

Heimlich het Vrydag in onderhoude bevestig dit is die eerste keer wat hy sy eie tegniek gebruik, en sy seun Phil Heimlich het ook gesê hy glo dit is akkuraat. Maar die dokter het al minstens een keer vantevore tydens ʼn onderhoud in 2003 met BBC News Online gesê hy het al drie jaar vantevore die maneuver uitgevoer.

Die Heimlich-maneuver behels abdominale drukking om ʼn persoon, wat besig is om te stik, te help om die diafragma op te lig en lug van die longe te dwing om enige voorwerp in die lugweg uit te forseer.

Heimlich het gesê hy het die tegniek ontwikkel nadat hy gelees het hoe persone in restaurante stik, en talle as gevolg daarvan sterf. Hy het deur die jare op radio en televisieprogramme, waaronder “Tonigh Show Starring Johnny Carson”, verskyn om die tegniek te demonstreer en te bespreek.

Sommige persone in die gesondheidsbedryf stem egter nie met Heimlich se siening ooreen wanneer en hoe die tegniek uitgevoer moet word nie.

– Associated Press verslaggewer Dan Sewell het tot die berig bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Linda Engelmohr ·

Lekker om te sien hoe die man lyk & dat jy sulke tegnieke kan toepas al is jy ook al hoe oud.

Retha Groenewald ·

Wel, dit werk soos n bom! N Sweetie het in my dogter (toe 6 jaar oud) se keel vasgesit. Dit het met die eerste drukking soos n prop uit n sjampanjebottel geskiet!

Anna olivier ·

Dit werk regtig. My seun (Toè nog op skool en het naweke as kasiere by groot supermarket gewerk) waar n kind aan n ou 5 sent stuk verstik het, dit toegepas en so die geldjie uit die kind se keel gekry.

Zumie ·

Wel- baie min kan se dat Heimlich self die heimlich metode op hulle toegepas het…

Cecilia Brooks ·

I’n Augustus 2015 het ek beesstert gemaak, dit saam met my vriendin Christene Parkinson geniet, toe ek aan n ronde stukkie van die beesstert begin verstik het! Vir n paar oomblikke het ek gedink ek gaan dit nie maak nie, toe sy na my toe hardloop ek ook vir die eerste keer die Heimlich Men op my toegepas het! Die beentjie het soos n prop uit my keel ‘gepop’! Sy was my lewensredder! Sal verewig aan haar verskuldig wees! Dankie My Vriendin …. Luv u lots xxxx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.