Hele bruidstoet van 15 motors beboet

Die bruidskar, wie se bestuurder ook beboet is, was ’n peperduur Maybach. Foto: Haagse polisie via Facebook

Asof ʼn bruilof nie reeds ʼn duur storie is nie, is 15 bestuurders in ʼn huwelikstoet in die Nederlandse stad Den Haag elkeen talle boetes opgelê vir oortreding van ʼn verskeidenheid verkeersverordenings.

Die bestuurders op pad na die troue het onder meer deur rooi ligte gery, onnodig in die linkerbaan van dubbelpaaie gery en sonder rede hul waarskuwingsligte aangeskakel. Volgens die polisie het heelwat mense die noodnommer 112 gebel om te kla oor die “asosiale gedrag van die feesvierders”, berig die Amsterdamse oggendblad De Telegraaf.

Nadat die polisie besluit het om toe te slaan, het hulle die stoet, wat aangevoer is deur ʼn peperduur Maybach, van die pad afgetrek. Geeneen van die bestuurders het sonder ʼn boete daarvan afgekom nie.

Die Den Haagse polisie het ná hul optrede op Facebook gesê hulle kry gereeld klagtes van bruilofstoete op die stad se strate wat hulle weinig aan die padreëls steur.

“Paaie blokkeer, deur rooi ligte ry, toet, by die venster uithang en nog vele ander hinderlike en soms lewensgevaarlike gedrag” is aan die orde van die dag, sê die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

John ·

Asosiale gedrag… aai… aai. Tipies van die Europese suurknolle. Reels en regulasies.. en geen humorsin nie. Miskien gaan hulle een van die dae wens dis net ‘n troue wat hulle getref het wanneer die landsgrensie allemansreg word.

Maljan ·

Dis van gebrek aan reëls en regulasies en n groot humorsin dat good ole SA in die kriminele mekka ontaard het, John. As sapd ook net wil optree teen die roubeklaers wat met dinker begin lamenteer, ween en tande kners tot die son weer opkom tot nadeel van die hele buurt. Magtig, tradisie en kultuur geniet tog nie voorrang oor die wet nie.

Humorsin ·

“… geen humorsin nie”?? John; wat vind jy amusant omtrent motorbestuurders wat deur rooi ligte ry en ander padreels verontagsaam en sodoende ander padgebruikers se lewens in gevaar stel?

A simple msn ·

Gaan kyk bietjie op YouTube, hoe hulle ander se lewe in gevaar stel. En as jy durf om te nader raak hulle aggressief.

willem heitlager ·

i do not think so this is something we really do not like and i not typical europeesch but intluenced from outside and the same day in belgium it happened too in belgium they also had tickets for drunk driving

Gert van Wierdapark ·

Hier by ons sal so bruilofstoet van Waterkloof Lugmagbasis tot by die SONSTAD op belastingbetalers se bege-LYDING getroetel word met geen Haan wat daarna kraai nie, behalwe die Ge-he-he-he van die voormalige kropvreter pres. In die agtergrond!

leser ·

ek wens die metro polisie wil boetes aan begrafnis gangers na zandfontein begraafplaas gee, veral die swart begrafnis gangers, hulle maak die pad heeltemal toe vir hulself, tot 4 voertuie langs mekaar oppad begraafplaas toe

charmaine ·

Ek stem saam ons woon in daardie omgewing en as jy daar af ry met Bremer is dit ook sommer privaat motors met plakkate van n politieke groep wat ook sommer die pad af sper en hulle gluur jou aan asof hulle wil vra hoe durf jy op die pad wees, arrogansie!

Joan Strydom ·

Daai is niks. Hier by ons land die bruilofsgangers sommer op ons lugmagbasis se vliegveld.

Cherokee ·

Huh… Joan? Jy jok! Kan nie wees nie! Ò.. askies, nou verstaan ek.. jy woon seker in Suid Afrika!

Maljan ·

Dis van gebrek aan reëls en regulasies en n groot humorsin dat good ole SA in die kriminele mekka ontaard het, John. As sapd ook net wil optree teen die roubeklaers wat met dinker begin lamenteer, ween en tande kners tot die son weer opkom tot nadeel van die hele buurt. Magtig, tradisie en kultuur geniet tog nie voorrang oor die wet nie.

Vonkprop ·

En in SA sou elke polisielid wat hulle voorgekeur het omgekoop geword het. So het elke land maar sy benadering.

Cherokee ·

‘…voorgekeur’ het sê jy Vonkprop? Jy sal moet jou plugs laat vervang.

Staak saam ·

Ek wens hulle wil dit in SA ook doen, hier op ons klein dorpie gebeur dit amper elke naweek.
Eerste hoor jy die toeters dan kom die duurste duitse motor verby teen n spoed vreeslik gejaag en dan die surkis, die oorgewig dames wat een boud so net-net klouend op die venste half bo lyf by die venster uit hang, elk met n bottel sprankel in die hand of bier, en as hulle by die draai kom dan moet daai ou BMW skuins oor die pad loop en bolle rook hoes om by te bly.
Wonde bo wonder het nog nie een van daai dames hulle greep verloor maar eendag gaa die KFC vet net te glad wees en dan gaan ons almal hier vir haar en die agtergeblewenis kos se, shame ons dink aan julle.
Nee, reels is daar vir n rede, daar is geen pret daarin om reels te verontagsaam nie. As jy nie volwasse genoeg is om by die reels te hou nie dan is jy nie wolwasse genoeg om n lisensie te he nie ook nie n motor nie.

Mia Muis ·

Ja nee!!! As jy nou ‘n stoet WIL SIEN, dan moet jy kom kyk hoe word dit in Suid-Afrika gedoen!!! Hulle het net vergeet om te sê dat as jy in so stoet ry, padreëls GLAD NIE van toepassing is nie. Reëls is vir die voëls en hulle is mos Pikkewyne!!! Alles (Reëls & Regulasies) gly van hulle af soos water op ‘n eend se rug en is nie op hulle van toepassing nie.

Cherokee ·

Paar dae gelede is ‘n dwelmbaas wat in ons stad vermoor is, in ons straat vereer deur by ‘n sirkel 4 strate af te sper, ‘n doedelsak orkes het gelei met meisies wat soos trompoppies geklee was en blomblare voor die lykswa gestrooi het. Een van my werkers het my daarvan vertel en ons het daarheen gestap. Die weelderige lykswa het op ‘n sypaadjie geparkeer waar ‘n kontrepsie binne die laaang lykswa met geopende deure aan weerskante, die kis dwars gedraai het en ‘n Indiër ‘n lofrede begin het. Dit is toe wat ek omgedraai het en saam met die werker teruggestap het kantoor toe. Etenstyd het ek huistoe gestap en deur die venster gestaan en kyk hoe hordes motorfietse geparkeer staan en hul enjins brullend oopgemaak het met rookwolke wat oor die strate getrek het. Metropolisie was nie binne sig.
Die betrokke dwelmbaas was ‘n vriendelike man wat dikwels ‘n skoothond by hom in die kar gehad het. Lief vir sy hondjie – botsend nè. Die van julle wat nuusuitsendings kyk sou beeldmateriaal gesien het van hoe ‘n moordenaar in Durban se strate na sy kar loop, hom deur die venster skiet en vinnig maar gewoon wegstap.

Geeltrui ·

Dwelmbaas of het hy dwelmbase en bendelede in die hof verdedig?

Schalk ·

Wonder wat hul met die taxi ouens in SA sou doen.Lag nog n slag.

Dom ·

Weer baie slim mense… Gaan gee aandag aan jul kinders en gee hul kos en bly van die internet af

Willie ·

Nou maar van wanneer af is daar ‘n stoet by ‘n trouer? Of is dit dalk soos ‘n begrafnis want dis soos die dood van ‘n man se vryheid? ;-)

johann ·

di verkeersowerhede in holland sal hulle koppe vashou as hulle sien wat doen die taxis in lavender in pretoria vir pret klink dit nig reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.