Hele dorp gaan trek

Kiruna‘n Verhoogde aanvraag na ystererts in China het die doodsklok vir die Sweedse dorpie Kiruna sowat 150 kilometer binne die Noordpoolsirkel ingelui.

Kiruna is op die wêreld se grootste aaneenlopende ysterertsveld ter wêreld geleë, en met die verhoogde aanvraag, het die mynmaatskappy so wyd begin delf dat die dorpie begin insak het. Die hele dorpie gaan nou sowat 3 kilometer verder trek.

Die dorpie, wat meer as ‘n 100 jaar oud is, het danksy die myn – die grootste ondergrondste ysterertsmyn ter wêreld, ontstaan.

Van die mees geliefde geboue in die dorp, waaronder die kerk, sal self verhuis, terwyl die nuwe stadsaal teen 2017 voltooi sal wees. Die hele dorp sal binne ‘n generasie verhuis.

Meer kan hier gelees word.

Bron: Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.