Hele ster is dalk ‘n diamant!

Foto: Kunstenaarsvoorstelling van die diamantster, B. Saxton (NRAO/AUI/NSF)

Foto: Kunstenaarsvoorstelling van die diamantster, B. Saxton (NRAO/AUI/NSF)

Wetenskaplikes meen hulle het ‘n wit dwerg sowat 900 ligjare van die aarde af gevind, wat so “koud” is dat dit waarskynlik is dat sy koolstof hoofsaaklik gekristalliseer is. Dit is ongeveer so groot soos die aarde.

Wetenskaplikes meen al lank dat daar sulke diamant-sterre moet bestaan, maar omdat hulle weinig lig of ander golwe uitstraal, is dit bykans onmoontlik om hulle te vind.

Hierdie diamant-ster is ook net gevind omdat dit een van ‘n dubbelster is. Die maat is ‘n vinnig-tollende neutronster, bekend as ‘n pulsar. Die wetenskaplike op aarde het opgemerk dat daar op gereelde tye ‘n onderbreking in die radio-golfuitsendings van die pulsar was, en het na die voorwerp gaan soek. Hiervoor het hulle twee spesiale teleskope, een in Chili en een in Hawaii ingespan, maar kon steeds niks sien nie. Hulle het toe reeds geweet dat die pulsar ‘n massa van 1,2 keer die son het, en dat sy onsigbare maat se massa 1,05 keer die massa van die son is.

Die diamant-ster se temperatuur is slegs in astronomiese terme koud – in die praktyk is dit steeds besig om teen ‘n temperatuur van 2 700 grade Celsius te brand – 5 000 keer kouer as die kern van die son.

Die bevindings is pas in die vaktydskrif, Astrophysical Journal, gepubliseer.

As 900 ligjare dalk bietjie wyd voel om die diamant te gaan haal, is daar darem ‘n eksoplaneet “net” 40 ligjare van die aarde af wat grootliks uit diamant en grafiet bestaan.

Meer kan hier gelees word.

Bron: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Ek hoop nie die agbare Julius lees hiervan nie. Hy gaan dit saam met die myne nasionaliseer.

Canned Phantom ·

OK, so ek het die diamant gaan haal. Wie kan hom vir my slyp? ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.