Heli-ongeluk eis 5 van Amerikaanse vloot

amerikaanse-vloot

Die Amerikaanse vloot. (Foto: Navylive.dodlive.mil)

Vyf vermiste lede van die Amerikaanse vloot is dood verklaar nadat ʼn helikopter vroeër die week langs die Kaliforniese kus neergestort het.

Die nuuskanaal CBS berig die MH-60S‑helikopter het Dinsdag vir ʼn roetinevlug van die vliegdekskip die USS Abraham Lincoln opgestyg en omstreeks 16:30 in die Stille Oseaan, sowat 96 km van die kus van San Diego, neergestort. Een lid van die bemanning is sedertdien gered en is in ʼn stabiele toestand. Die res word steeds vermis.

Die soek-en-reddingsoperasie, waartydens vyf reddingshelikopters 34 vlugte onderneem het, is sedertdien tot ʼn herwinningsoperasie afgeskaal. Volgens ʼn Facebook-plasing deur 3rd Fleet is vyf matrose ook tydens die voorval beseer.

Die name van die gestorwe lede van die vloot is nog nie bekend nie en die ongeluk word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Jong, dis seker nou nie so belangrik nie, maar is dit nie die Stille osean langs San Diego nie? Die Atlantiese osean is mos aan die ander kant.

Hardekwas ·

Dis die Pacific ocean. Weet nie wat dit in Afrikaans is nie.

Harley Davidson ·

Dit is tragies want dit was ‘n ongeluk, in Suid-Afrika kan so iets verwag word van die sogenaamde weermag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.