Helikopterongeluk in Brittanje eis vier

Edward Haughey Foto: Press Eye, Telegraph

Edward Haughey Foto: Press Eye, Telegraph

Al vier insittendes van ‘n helikopter wat van Engeland na Noord-Ierland onderweg was, is dood toe dit in die graafskap Norfolk neergestort het.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar digte mis hang oor die ongelukstoneel.

Die Telegraph berig dat Edward Haughey, miljoenêr entrepreneur, moontlik in die ongeluk omgekom het. Volgens die Mirror het die polisie egter nog nie die name van die afgestorwenes bekend gemaak nie en die polisie wou nie bevestig of ontken dat Haughey in die helikopter was nie.

In die Amerikaanse stad, Philadelphia, het ‘n passasiersvliegtuig met sy neus in die sand beland toe dit na Florida wou opstyg. Al die passasiers wat die vliegtuig deur nooduitgange moes verlaat is ongedeerd. (Sien foto onderaan berig).

Bronne: Trouw, CBS

vliegtuig op neus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.