Herrie oor Down-sindroom-seuntjie in wasmasjien

Die foto van die seuntjie in die wasmasjien.

Die foto van die seuntjie in die wasmasjien.

down-sindroom-wasmasjien1ʼn Herrie is op sosiale media ontketen nadat ʼn foto op Facebook gelaai is van ʼn Skotse seuntjie met Down-sindroom in ʼn wasmasjien.

Courtney Stewart (21), die ma van ʼn sewe maande oue babadogtertjie, het volgens die Daily Record na die tweejarige seuntjie omgesien. Volgens haar het hy self in die wasmasjien geklim. Sy het later ʼn foto van die seuntjie in die wasmasjien op Facebook gelaai. Die foto is wyd op sosiale media gedeel en het Stewart erge kritiek op die hals gehaal.

Stewart het egter aan die Daily Record gesê mens kan duidelik sien die seuntjie lag in die foto’s en dat enigiemand wat hom ken sal weet hy het ‘n obsessie met wasmasjiene. Die foto wys die seuntjie in die wasmasjien met ‘n volwassene se hand wat die deurtjie toehou.

Stewart se bure in Renfrewshire, Skotland, het die polisie ontbied nadat hulle die foto op Facebook gesien het. ‘n Woordvoerder van die polisie het aan die Daily Record bevestig dat hulle ‘n onderhoud met Stewart gedoen en vir haar advies gegee het.

Stewart beweer intussen dat sy sedert die voorval op haar huis se voorstoep deur ʼn onbekende vrou aangeval is. ‘n 42-jarige vrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Sy het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel. Stewart is ook op sosiale media aangeval en allerhande kru-woorde toegesnou oor die foto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eileen ·

Kan mens so simpel wees en sulke foto’s op facebook gaan plaas – dis dalk net ‘n krap, en seker heel onskuldig vir haar, maar ander mense sien dit nie so nie. Sy moet nou maar haar pak vat soos ‘n man – sy het daarvoor gesoek.

Berhalet Beukes ·

Wys jou hoe kinderagtig die mensdom is om ‘n berg van ‘n molshoop te maak! :-)

johanette ·

Ek wens mense wil ophou om alles wat hulle doen op faceboek te sit. mense doen niks meer sonder om vir die hele wereld hulle doen en laate te wys nie. Ek dink hulle soek net aandag

Hestie. ·

Ek het na my sussie se seuntjie gekyk en het ook so wasmasjien gehad. Daar was seker nie n dag wat hy nie ingeklim het,, ons almal het lekker gelag daaroor en foto’s geneem. Regtig mense,, soms is daar dinge in die wrede wêreld wat onskuldig is.

HENNA ·

Ag mense Eileen – dit mag simple lyk maar het daar nou iets ergs gebeur
NEE dit is ‘n speletjie onder toesig ??

Juan Olivier ·

Mense moet maar leer om eers hulle feite agtermekaar te kry.

Berhalet Beukes ·

Jinne maar mense kan hulself met kinderlike snert bemoei! Facebook is ‘n euwel want almal maak van alles net wat hulle wil asof dit hulle REG is om hulle neuse orals in te druk en iets van niks te maak! Erger as kleuters!

salomi walters ·

Ai, ken julle nie klein kindertjies nie ? Kruip altyd in hoekies, boxe, onder beddens in. (in wasmasjiene soos hier gesien) My kat het ook in die tuimeldroer ingekruip. . . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.