Herrie oor ‘gay Jesus’-fliek op Netflix

Die uitbeelding van Jesus as ‘n gay man in ‘The First Temptation of Christ’

ʼn Brasiliaanse regter het Woensdag die Amerikaanse stromingsdiens en vervaardigingsmaatskappy Netflix beveel om ʼn fliek van sy platform te verwyder wat Jesus as homoseksueel uitbeeld.

Dié fliek, The First Temptation of Christ, stel Jesus voor nadat hy terugkeer huis toe ná sy 30ste verjaarsdag, en dit insinueer dat hy gay is.

Party mense het dié uitbeelding van Jesus as godslasterlik beskryf, maar die vervaardigers van die fliek hou vol dit is wettige vryheid van uitdrukking.

Die bevel het gekom nadat regter Bedicto Abicair van Rio de Janeiro gereageer het op ʼn petisie wat deur die Brasiliaanse Katolieke Organisasie opgestel is, wat “die eer van miljoene Katolieke” ondersteun.

Dié organisasie sê miljoene Katolieke is seergemaak en ontstel deur The First Temptation of Christ se uitreiking.

Abicair het aangevoer die fliek se onttrekking is nie net vir die Christelike gemeenskap voordelig nie, maar ook vir die Brasiliaanse samelewing waar die meeste mense Christene is.

Die bevel kom in ʼn tyd waar burgerlike organisasies sê die Brasiliaanse president, Jair Bolsonaro, voer ʼn “kulturele oorlog”. Dié president besnoei byvoorbeeld op finansiële fondse vir kunsprojekte wat die Christelike waardes uitdaag, en is gekant teen flambojante karnavalvieringe.

Dié fliek, wat as ʼn spesiale Kersfees-aanbieding op Netflix verskyn het, is deur ʼn vervaardigingsmaatskappy van Rio de Janeiro, Porta dos Fundos, gemaak.

Netflix én Porta dos Fundos het laat hoor dat hulle nie op die bevinding dat die fliek verwyder moet word, sal reageer nie.

Porta dos Fundos se hoofkantoor is op Oukersaand deur ʼn groep vermomde mans met ʼn petrolbom aangeval. Niemand het egter in dié aanval seergekry nie. Drie mans het ʼn paar dae later op video op sosiale media verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Susan ·

Ek dink gladnie dit is godslasterlik nie, Jesus het almal verteenwoordig, nie net die demografie wat sekeres goedkeur nie.

Skaapkind ·

Julle wat so oordeel.
Ek wil n goeie vraag vra:
Sal Jesus self n probleem met die fliek he ?

Niel ·

Skaapkind ek stem… die dae van die selfregverdigende “regters” is verby.

Denzel ·

Skaapkind, jys reg. Jesus het almal lief gehad. Nie net die wat die samelewing goedkeur nie. Dus, sou dit nie gewig gedra het nie.

Togtog ·

Godslasterlik? Rerig? Hoekom pla dit mense so? Dink dit moet eerder gevra word?

Rinkhals ·

Hoe dink enige iemand om hul opinie te gee oor Jesus in ‘n fliek as ‘n gay ? Meeste wil die “liefde en vergifnis” deel van die bybel omhels want hul hoef nie hul vieslike gewoontes te bevraagteken nie teen die res van God se woord nie. Al die wat dink dis reg en nog steeds wil ry op die “liefde en vergifnis” karretjie hemel toe en se die fliek of siek gebruik wat die fliek voorstaan gaan lees dieselfde bybel Rom 1 en besluit dan regtig of jy names Jesus hier kan verkondig daar is niks fout met die fliek nie.

Ruben ·

Ja, opgrond van Sy woord, Ja. Niemand oordeel, vermaa in liefde, ja, maar mense soos jy like om dit te verwar.

Gaitsigubib ·

Hier is darm baie mense op hierdie forum wat graag iets wil se sonder om die waarheid van sy eie woorde te bewys. Jesus sou dit en dat en Jesus was sus en so. Hy sou almal vergewe maar dit en dat sou Hy nie. Die Woord van God wat Jesus verkondig het, is nerens in enige “eie opinie” aangehaal en gestaaf met bewyse nie, daar word sommer direk namens Hom gepraat deur die wat seker van beter weet. Geen wonder mense het Jesus nie in hul lewens nodig nie, hulle is slim genoeg op hul eie.

Wessel ·

@Susan
Jesus verteenwoordig nie sondigheid nie. Hy is Heilig.

Niel ·

nie die prent op Netflix gesien… het nou gou ingelog en ‘n “thumb down” opgesit. Dink netflix sal gou boodskap kry ook as meer mense daai doen.

Thomas ·

Waarom word Christus en Sy kerk altyd geteiken. As dit enige ander geloof was sou die wêreld in opstand gekom het , politici, en vermaaklikheid sterre sou dadelik n veldtog daarteen geloods het. Waarom dan die aanval teen Christus en Sy kerk? MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang I TIMÓTHEÜS 4:1

Vita ·

Susan dit gaan nie as jy nie daarvan hou nie , moet nie kyk nie, Die Here Jesus is God, en om Hom so te bespot, dit die werk van satan, en kinders van God mag stil bly nie, ons moet opstaan vir die Here Jesus omdat Hy vir ons opgestaan het

Christen ·

Ek het my Netflix rekening al in Desember gekanselleer oor die fliek. As dit gaan oor vryheid van spraak en uitdrukking, waar is die komedie oor Mohammed wat gay is. Die dag as hulle dit opsit sal ek glo dit is vryheid van spraak. Dit sal egter nooit gebeur nie want Netflix sou onmiddellik in alle Moslem lande verban gewees het en hulle kantore verwoes. Die is n antichristen agenda.

Jaco ·

Dankie Netflieks! Julle het my pas oortuig om my rekening met onmiddelike effek te kanselleer.

Mark ·

Dis demokrasie se skuld. Demokrasie het geen God nie en alle gode is gelyk.

van der Merwe ·

Godslasterlik en vir elke Christen ‘n belediging.

Weskusnooi ·

Stem saam dat fliek godslasterlik is en dankbaar soveel mense staan op daarteen!

Dit moet meer gedoen word! Dit kan nie geduld word nie!!!

toy ·

Dit is aboluut Godslaterlik. Wat gaan aan met die mensdom. Die Here slaap nie.

Geskok ·

Hoe het my Gelofte volk so ver van God verdwaal. Dien julle maar die gode van die Amoriete, wat my en my huis betref, ons sal die Here dien. Jos 24:15

Marous ·

Gebroedsels wat skuil agter vryheid van spraak . De Juis Charlie sal nie gebeur nie want hulle weet Christene sal nie so radikaal optree soos Moslems nie.

Deloris ·

Dis vieslik verby. Ek het slegs die 1ste paragraaf gelees. Dankie vir die
Mese wat opgetree het.

Jo ·

Net omdat dit “wettig” is, beteken nie dis reg of nie offensive nie. Die prent kom uit n land uit wat dit offensive vind as n dokter se jy moet gewig verloor(regtig, gaan google), maar die is reg? Belaglik.

Apools ·

Die tail gunners sal ook probeer om hul filosofie op alles af te druk selfs godsdiens.

TwaalfBoor ·

@melissa
“maar omdat jy lou is, sal ek jou uit My mond uit spoeg”……

Bolletjie Blom ·

Die mensdom het darem siek geword. Die akteurs en vervaardigers van die film moet nie vra hoekom as dinge vir hulle nie so wel verloop nie. God laat Hom nie “mock” nie

Noah ·

Hierdie is siek. Siek. Die wereld brand, die wit mense sukkel in SA en dis as gevolg van hierdie snert. It’s a SIN. Gaan lees die regte bybel en kry rugting, anders gaan ons volk maar aanhou swaar lei deur hierdie snert.

treurgrond ·

Stem met almal stem die Here sal hul straf.
Nee man dis net nie reg nie. Dink mense rerig hulle kan net so aangaan en dit nou veral met God se naam wat hulle gebruik. Nee man.

Natascha ·

Die Here sal hul straf, hul sal nie ongesiens verby gaan nie.
En Melissa ek stem, jy hoef nie daarna te kyk, maar nog steeds is dit hartseer om van dit te lees, mens spot nie met God nie.
Ek raak so bewoee as mense dinge doen wat so onbybels is.

Andre ·

Ek stem 100% saam dit is godslaterlik en n gruwel in God se oe. Gaan maak eerder n gay fliek van satan.

Cauin ·

Waar is die “gedagte vir die dag” boys se mening ?
Die skale word uitgegiet , die gebede van die regverdiges . Hou dop

anoniem ·

die fliek moet onmiddelik in die asdrom gegooi word. Jesus het geen sonde gehad nie hoekom fliek maak dat Hy gay was iets wat nie waar is nie. dis siek om sulke flieks te maak

Maria ·

Ek stem saam maak my skoon woedend vir hoelank gaan hulle probeer uitkrap en klomp snerts uitdink om hulle verskonning te gebruik deur hulle eie sondige natuur. Los my Meester uit!!! Hy is Heilig !

RP ·

Dis mos nie ‘n sonde as twee mense mekaar lief het nie? Of verstaan ek die God van liefde se siening verkeerd?

JP ·

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bossemagte van die lug en en

Marietjie ·

Wat is fout met die mensdom. Hoe koppel jy Jesus, Heilig en Almagtig aan sulke siek goed!!

Wihan ·

Elke knie sal buig en elke tong sal erken dat Jesus is God. Bid dat die mense die waarheid sal raaksien voor dit te laat is.

Vita ·

Die oordeelsdag sal die mense voor die Here Jesus kniel en hul skuld belei, die Woord van God se duidelik dat om guy te wees is n gruwel voor God, Hy haar die sonde

Sê-maar-net ·

Die Christelike godsdiens word deur Satan op allerlei wyses aangeval. Hoekom? Omdat dit die enigste WARE godsdiens is. Waarsku die Skrif ons nie duidelik hieromtrent nie? In die laaste dae…

RP ·

As jy nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie. Ek neem geen aanstoot aan dit nie, maar dit klink ook maar soos n stuk gemors van n fliek, dus gaan ek dit eenvoudig nie kyk nie. Probleem opgelos.

Ina Louw ·

Jy is verkeerd. Al sou een persoon nié na die film kyk nie omdat hy nie daarvan hou nie, word Jesus Christus se lewe en karakter steeds voor die oë van duisende ander kykers geskend en besoedel deur ‘n leuenagtig voorstelling wat direk uit die hel kom. Die ware Seun van God het Sy Vader geëer en Hy was aan Hom gehoorsaam tot die dood toe, daarom is dit belaglik om enigsins te insinueer dat Hy teen die skeppingsplan van God sou lewe.

Zaks ·

En dit is hoekom die mens……… gebreed is deur die Annunaki. Humans R cosmic Trash. Verbonde is al eeue terug met die spesie verbreek… Daarom is ons nes ons is. 1+1is2

KaterinaKat ·

Bly om te sien iemand anders in Suid Afrika weet hiervan.

Deidre ·

In Levitikus 18:22-30 word homoseksualiteit vyf keer ‘n gruwel genoem. Dit was só afstootlik in die oë van die Here dat die doodstraf deur steniging daarop gevolg het: “As ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word.

Ekke ·

God se woord se Hy gee homoseksuele oor aan hul eie arogansie as hul nie wil verander nie. Daarom luister hul na geen rede. Hul weet mos van beter, en hul geliefdes kan maar smeek en huil, hul gaan net voort op n pad na die hel. Ongelukkig sal al hul redes vir gay wees onbenullig wees op die oordeelsdag. Dan sal hul volgens hul dade geoordeel word en nie hul redes vir daardie dade nie. Jy kan net jouself aan God se woord meet.

Swartwolf ·

Presies, dis hoekom hul so arrogant is dat hulle die dade wat die bybel verdoem presies soos baie kommentaar dit reg aanhaal hier, probeer goedpraat en regverdig met die boodskap van liefde wat dieselfde bybel verkondig. Maar nerens sal sonde besef, die stop van verkeerde dade, en sonde vergifnis in die prentjie kom nie want hulle wil aanhou met hulle dade en leefstyl en sal selfs gay “liefde” = Goddelike liefde voorhou net soos die film probeer om die boodskap te verdraai. Dis ‘n valse evangelie wat sal lei tot die dood.

Mic ·

But small is the gate and narrow the road that leads to life, and only a few find it. Matt 7 vrs 14

Wat vir my nog erger is, is die mense hierbo se kommentaar wat dit probeer regverdig en nie fout vind daarmee nie… Dis sad

Joi ·

Dis ontstellend. In my Bybel staan daar 2 plekke dat dit n grief in God se oe is. Hoekom mislei die kerke die mense, Jesus sal nie gelukkig met dit wees nie, want hy is n man wat ook woedend kan raak, anders sou hy nooit die temple geplunder het waar hulle in handel gedryf het nie………..Mense ddink mens kan maar net verkeerd doen en Jesus vergewe. Posap, niemand spot met Hom nie

Anoniem ·

@Deidre ek stem saam met jou kommentaar. Daar is mense wat dan so graag daardie spesifieke vers in die Bybel vergeet en dan mense veroordeel wat homoseksualiteit sien as ‘n gruwel in die oe van die Here en dit nie kan aanvaar nie.

Liamari ·

Die Woord is duidelik dat daar een sonde is wat strafbaar is met die ewige dood en dit word teenoor die Heilige Gees gepleeg naamlik godslastering. Almal wat dit verdedig is ook skuldig. Jesus was die enigste “mens” wat sonder sonde was. Jesus het ook meer oor die hel gepraat as die hemel. So almal wat sonde regverdig deur die liefde en moenie oordeel verskoning gebruik… ontken die almagige God wat ook ‘n God van oordeel is.

lisa ·

julle wat julle Netflix nou kanseleer, het julle nie ook julle DSTV stukkend geslaan/gery /gekanseleer nie.? wat gaan julle nou kyk?

Wessel ·

‘n Meer belangriker vraag is, waar gaan jy jouself bevind na die dood? Jou siel is onsterflik.

skurweberg ·

Die “gif” wat humanisme / menseregte in die psige van die mens oor die aardbol versprei, maak die mens, die ” kroon van God se skepping”, slagoffers/slawe van hulle eie denke en begeertes. Dit sal voortduur, totdat Christus op die wolke sal verskyn om die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het te oordeel. Dit is die tyd dat God se genade oor sondaar verby sal wees. GEEN BEKERING OOR ENIGE SONDE IS DAN MEER MOONTLIK NIE.
“Help U kinders, Vader om so te lewe dat ons gereed sal wees, vir U dag van afrekening”

Chucknor ·

Dit gaan glad nie oor oordeel nie.
Jesus is nie en was nie gay nie.
Ons is te pap broekig om op te staan vir die waarheid ,ek oordeel nie gays nie ,die woord doen dit , maar oordeel die film dit gaan oor Jesus wat as gay uitgebeeld word,as Jesus in film uitruik na gays regso.
Manna moet opstaan.

Liza ·

Sjoe nee dis vreeslik om te dink mense maak ‘n bespotting van ons Hemelse Vader…. Ag nee sies man…. God slaap nie….

Hester ·

Dit is siek en Godslasterlik
Jesus die Allerheiligste wat Sy lewe vir die mens gegee het word deur die mens gelaster.

Here ons smeek vir genade anders is ons totaal verlore.

Helien ·

Watse siek wereld. Ek sak my kop in skaamte vir ons mensdom.

Kobus ·

Onthou wat het met SODOM gebeur.
Bedink nou ook wat hulle met die engele by Lot wou doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.