Herrie oor koedoe-video: ‘Dit is nié jag nie’

Die koedoe word deur die voertuig gejaag. (Skermskoot uit die video)

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na ʼn video wat die afgelope week op sosiale media versprei word waarin gesien kan word hoe ʼn koedoe deur ʼn veld met ʼn voertuig gejaag word.

Die video is verlede week deur Dawid Beukes op Facebook geplaas en is sedertdien meer as 110 000 keer gekyk en meer as 1 600 keer gedeel. Beukes het by die video geskryf: “Dis nie hoe jy ʼn koedoe jag nie!”

Sosialemediagebruikers het met afgryse op die video gereageer met mense wat sê die gedrag van die persone in die video is gelykstaande aan dieremishandeling.

In die video kan gesien word hoe ʼn koedoebul met ʼn voertuig gejaag word, terwyl die dier vervaard probeer om weg te kom. ʼn Stem in die video sê: “As hy val, moet ons hom in die hande kry. Dis ʼn mooi groot bul.”

In ʼn stadium ry die voertuig die koedoe raak en val hy grond toe. Hy is egter vinnig weer op sy pote en begin verder hardloop. Die koedoe hardloop egter aansienlik stadiger, vermoedelik omdat hy beseer is.

Dan skree iemand: “Gee die mes dat ek hom steek. Gee die mes, Johannes!” Die voertuig stamp dan die bok weer sodat hy val. Die mans in die video gebruik deurentyd kru-taal.

Hoewel daar nie amptelik bevestig kan word waar die video geneem is nie, word op sosiale media beweer dit was by Keetmanshoop in die suide van Namibië. Sosialemediagebruikers meen ook die aksent van die mense in die video, wat almal Afrikaans praat, is kenmerkend aan Namibië.

Die Namibiese beroepsjagtersvereniging (Napha) het aan Maroela Media bevestig hulle het die afgelope week talle klagtes oor die “onsmaaklike video” ontvang met versoeke dat die video by die relevante owerhede aangemeld word. “Intussen het talle van ons lede ook gesê dat hulle die owerhede in kennis gestel het van die video,” sê Nicole Schwandt, uitvoerende assistent by Napha.

Napha het ook die video amptelik by die Namibiese owerhede aangemeld.

“Napha veroordeel die optrede in hierdie video in die sterkste moontlike terme. Ons is geskok en gewalg dat, indien die video wel in Namibië geneem is, dit steeds in ons land gebeur.”

Die koedoe val nadat die voertuig hom getref het. (Skermskoot uit die video)

Schwandt het gesê dit moet egter ten sterkste beklemtoon word dat die optrede wat in die video gesien word geensins as jag bestempel kan word nie. “Hierdie gedrag is in geen manier, vorm of maatstaf enigsins naby aan wat jag is nie. Wat in hierdie video gesien word, is oneties, onwettig en totaal ongevraagd om ʼn dier met ʼn voertuig te jaag. Napha hoop dat die oortreders van hierdie onsmaaklike gedrag geïdentifiseer sal word en ten volle vervolg sal word.”

Schwandt sê die vereniging glo dat geen van sy lede by dié soort gedrag betrokke sal raak nie, maar het sy dissiplinêre komitee opdrag gegee om ondersoek na die video in te stel. “Indien dit aan die lig kom dat ʼn Napha-lid op enige manier by hierdie gruwelike gedrag betrokke was, sal dissiplinêre stappe hom of haar beslis in die gesig staar.”

Sy sê die vereniging het ook sy volle samewerking aan die departement van omgewingsake en toerisme aangebied om die betrokke partye op te spoor en vervolg, of hulle Napha-lede is of nie.

Op ʼn vraag of jag in Namibië genoegsaam gereguleer word, het Schwandt gesê die vereniging glo die wetgewing wat van toepassing is om jag in Namibië te reguleer is voldoende. “Soos voorheen gesê, wat in hierdie video gesien word kan hoegenaamd nie as jag gedefinieer word nie. Dit wat hier gesien word, is niks meer nie as onwettige mishandeling van ʼn majestueuse dier.”

Maroela Media se redaksie het besluit om nie die video hier beskikbaar te maak of ’n skakel na die video te publiseer nie weens die ontstellende aard daarvan en die kru-taal wat gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Anoniem ·

Kla hulle net eenvoudig aan ! Daar is nie plek vir sulke koelbloedige mishandeling van weerlose diere nie ! Afterall dink die ‘mens / mense’ hulle is verhewe bo die REG ! Vat hulle VAS Minister van Toerisme ! ?

Anoniem ·

Dankie Maroela Media vir die wysheid om die VIDEO te verwyder ! ??

Leser ·

SWAK!!! Hierdie mense moet met ‘n voertuig gejaag word en voel hoe dit voel. Dit is niks anders as dieremishandeling nie!!

Elna ·

Dagse MM. Ek hoop hierdie video beland in verkeerde mense se hande en dat die skuldiges strafregtelik aangekla word. N profesionele jagter sal nie n dier so martel nie!!!!

Elvira ·

Wat gaan aan met die mense in hierdie land. Hulle het mal geword. Die arme dier. Kla die mense aan vir hierdie onbesonne daad.

MJ ·

Klink soos iemand wat iewers gery het en toe op ‘n ‘gelukkie’ afgekom het.. die regte manier, meneer, sou wees om verby te ry en die dier te los en nie met jou voertuig plat te trek nie. Dis verby sif man! As jy dit aan so ‘n pragtige dier kan doen… waartoe is jy nog instaat?

PJ ·

My man jag met ‘n pyl en boog en het al teruggekom sonder dat hulle iets geskiet het want hy glo aan die “walk & stalk” metode. Dit gee die dier ‘n regverdige kans. Hierdie met ‘n kar jaag en die dier stamp is walglik en is diere mishandeling! Hulle moet vervolg word.

HPV ·

PJ, nou praat jy! Ek jag ook met boog en geweer, doen met albei “walk & stalk” werk hard vir my stukkie biltong maar die dier het ‘n regverdige kans.

Paul ·

Die dier het dus ‘n regverdige kans teen ‘n wapen. Ek daag jou uit om die dier ‘n regverdige kans te gee, jou vernuf teen syne, sonder enige mensgemaakte wapen.

wolla ·

Geen dier het ‘n regverdige kans teen die mens se verstandelike vermoë nie, dit sal altyd uiteindelik uitoorlê word.

Paul ·

Wolla, jy praat tjolla. Dit gaan in die wild oor die mens wat die dier probeer uitoorlê, daar in sy natuurlike omgewing sal die dier jou meeste van die tyd ore aansit, want jy is nie gemaak om soos die dier in die wildernis te oorleef nie.

Paul ·

Wolla, ek neem aan jy beduie net die mens se vermoë alleen, sonder wapens, die mens net dit soos hy geskape is, verstandelike vermoë en al teen die dier, daar in die veld, soos dié op oorlewing aangepas is.

HPV ·

Paul maat, ek hoor wat jy sê en jy is waarskynlik reg. Ek is nie ‘n trofeejagter nie en maak net dood vir ‘n paar stukkies biltong. Ek moet van ‘n wapen gebruik maak want ek het nie kloue en slagtande soos roofdiere nie. Diere dra hul wapens saam, horings, slagtande, kloue ens. Ek wil die dier opeet en nie deur dit opgevreet word nie. Groetnis.

Swartwolf ·

As jy die dier ‘n regverdig kans wil gee vang hom op jou voete en maak hom met jou kaal hande dood. As jy enige iets anders gebruik moet nie praat van ‘n regverdig kans nie.

Elna ·

Dankie dat julle nie die video publiseer nie want dis walglik en onmenslik. Ek is sommer nou erg ontsteld.

Netso ·

Dis nie wat met die mensdom aangaan nie? Dit was nog altyd so! Net omdat tegnologie beskikbaar is om als op te neem deesdae se grootste probleem punt! Almal het ñ keuse om te kyk wat jy wil of dit goed of sleg is kan jy mos self besluit?

Oudste ·

Daardie is nie jagters nie, dit is stropers. Indien dit in Namibie gedoen was, het die inwoners daar ‘n gesegde: Jag op die lang plaas, verwysende na stropers. Skokkend, laag en gemeen en totaal onaanvaarbaar. Gooi hulle met die wet.

Kierie ·

In so situasie is dit gewoonlik brandewyn wat nie brieke het nie!

Willebok ·

Mens verstom jou aan mense se mentaliteit!
Verdien ook die doodstraf – hul gedrag is wreed en is beduidend van hul karakter!

M'Lady ·

Hierdie soort optrede is baie meer algemeen as wat mense besef en hierdie tipe jagters kom weg daarmee. Siek verby.

Stefaans ·

Hulle val in dieselfde kategorie as renosterstropers wat die horing van ‘n lewende dier afkap.

Boerseun ·

Ag kom oor julle self. Duisende diere word daagliks met klippe dood gegooi, met honde gejag , lewend geslag ens maar julle is tjoep stil. Dan eet hulle nog in seker lande huis diere maar dis mos ook OK, die oortreders is nie wit nie.

Vleiseter ·

Boerseun. Jy kan dit nie beter gestel het aanal die komkommer eters nie. Selfs ou Zuma het ‘n bees doodgesteek met ‘n spies. Toe het al die mense maar liewer gegekyk en stilgebly. Selfs die SPCA was toepstil ek kyk nog steeds weg as dit by Hondejag en klippe gooi kom.

wolla ·

Wit ouens verkies eerder om swart ouens agter hul bakkies aan te sleep of van hul bakkies af te gooi.

bollie ·

Want boerseuns se sport is eerder om swart outjies agter hul bakkies aan te sleep of van hul bakkies af te gooi.

lollie ·

Hoër eise ja, soos om swartetjies agter bakkies aan te sleep. Sies

Christelle ·

Dis SIEK verby !!!! Hoop dat die skuldiges vinnig gevang word en hulle aan publiek blootgestel sal word!! Ek stem 100% met vorige skrywer doen DIESELFDE aan hulle as wat hul aan hierdie arme weerlose dier gedoen het .. !!!!

Elize ·

Onteien die plaas! En as hierdie tipe optrede so algemeen is as wat “M’Lady” sê, sluit die jagbedryf.

Pieter ·

Daar is nie een enkele jagter by die voorval betrokke nie, kry dit asb in jou kop.

Jerry ·

Die manne raak so wanneer hulle heeltemal te veel gedrink het. Al was dit n leeu, sou die manne hom ook met n bakkie en net met n mes probeer jag het. Dis hoe dit is met drank. Mense sien vir baie meer kans as waartoe hulle instaat is. Ek sal die manne maar oorsien vir die een, want ten minste is dit nie dwelms en Dros stories nie!

Wonder net ·

Wie was so naby dat hy die video en klank kon afneem en ook geen ander bewyse soos registrasienommer van voertuig bysit nie.

Hierdie een verstaan ek glad nie. Hy kon alarm gemaak het en hulp ontbied het. Ek is seker te dom om dit uit te pluis.

kollie ·

Die ouens van die “jagtog” het die video op sosiale media geplaas. Toe sien ander mense dit en maak alarm.

Pieter ·

Ek sou baie graag die voertuig wou bestuur en die barnaarse skuldiges daarmee jaag en elke keer wat jy naby kom hom ‘n paar goeie houe met ‘n ordentlike sambok gee. Na so uur of wat gaan hy nogal die vieslike daad van hom baie goed onthou.

Verder stem ek saam met Boerseun hierbo. Baie van ons wild en vee word op wreder maniere met honde, pangas en klippe gejag en hakskeensenings afgesny. Omdat die metode eie aan afrika is, hoor ons nooit daarvan nie en word dit onder die mat ingevee.

Nettie ·

Seker weer ‘n klomp dronk w*tt**se “jagters” wat eers kele goed natgemaak het, voor hulle gaan “jag” het. Dit is mos ‘n “manne” sport – of dit nou in SA of Namibië plaasgevind het. Ek het geen agting vir so ‘n sogenaamde “man” nie en was dit mý man of boyfriend, het ek hom goed bygekom met die tong vandag (en sal hy vir ten minste drie weke saam met die hond in sy hok geslaap het en geen kos gekry het nie).

Slegte Naam ·

Hierdie skandelike en (“plat op die vloer”) insident, en die tipes wat sulke dinge doen, help net verder om ‘n baie negatiewe konnotasie aan ‘n sekere minderheid van SA se populasie te koppel, en as diesulkes hulself boonop “boer”, ensovoorts wil noem, dan skaad dit die beeld net nóg erger. Niks om op trots te wees nie. Inteendeel.

Motorwerktuigkundige ·

Ek onthou ek was juis besig om ‘n motor se tappets te stel toe ek van hierdie storie hoor. Dit was ontstellend om die minste te sê. Dit laat mens koud.

Casper Labuschagne ·

Onaanvaarbaar. Die ware jagters sal bitter graag hierdie mannetjies in die hande wil kry, net vir “so ‘n klein geselsie” met hulle.

Driekop ·

Mense weet julle enigsins hoe werk dit in Suidwes. Daar word hope Gemsbokke ens op die manier gevan met F250 Foed bakkie. Wie sê die mense wou se keel afsny. Dalk net trofeebul vang. As ons so aangaan gaan tot springhaas jag ‘n oortreding wees.

HPV ·

Paul maat, ek hoor wat jy sê en jy is waarskynlik reg. Ek is nie ‘n trofeejagter nie en maak net dood vir ‘n paar stukkies biltong. Ek moet van ‘n wapen gebruik maak want ek het nie kloue en slagtande soos roofdiere nie, ook nie die krag om dit te verwurg nie. Diere dra hul wapens saam, horings, slagtande, kloue. Ek wil die dier opeet en nie deur dit opgevreet word nie. Groetnis.

EP ·

Absoluut walglike gedrag!!! ??Dankie tog ek is ń vegetariër. Dit grief my om te sien hoeveel diere doodgemaak word net vir die pret.

Hans ·

Maak nie saak watter taal jy praat nie, ‘n paar imbusiele sal jy altyd iewers teekom.

Callie ·

Hoe leef jy na die tyd met jouself saam. Gaan slaap jy rustig. Glo jy, jy was n held wat onverskrokke was. Lees jy jou Bybel en glo jy is gered. Glo jy mense om jou het respek vir jou en jou grootpratery en hoe jy dinge doen. As jy so groot is soos wat jy dink jy is, gaan koerant toe, plaas jou foto en vra vir enige een wat dink jy was verkeerd om dit vir jou in jou gesig te kom vertel. Jy is n lafaard as jy dit nie doen nie

Zobo ·

N plaaseienaar wat nie self sulke gedrag aanmeld en skuldiges laat toesluit nie behoort nie n plaas te he nie. sadisties! En omdat sekere bardaarse mense dit doen regverdig nie n ander se dade nie.

Landi ·

Vat die ouens se bestuurslisensies ook geheel en al permanent weg! Vieslikke hartelose gemors wat n verskoning van n mens of man is. Mag hulle nooit weer vrede in hul lewens beleef nie. Monster Virus op twee bene! Ek haat julle.

Kar ·

En dan wil Afrikaners he die wereld moet hulle inlaat en aanvaar? Net sodat hulle die land waarin hul kom skade maak. Sies. Skaam myself dood.

Oujongvrou ·

Wat!!!En ons noem die mens beskaafd. Nee wat, die ondier kom in mense uit sodra hy drank inkry. Maar erger nog is as hulle nugter is, en dan sò n video die wereld instuur om te “brag” oor die okasie. Dis werklik walglik hoe sommige mense optree. Ek hoop hulle spoor die mans op en maak n voorbeeld van hulle.

Ronel ·

Dit walg my om te lees dat daar nog sulke ongevoelige skepsels is! Hul moet so rondgejaag word in die veld en ” gejag” word. Daardie arme dier beleef ook angs! Ek hoop hierdie lafaards sit spoedig agter tralies.

Swartwolf ·

@Wolla: hiert ou Wolstes ek sien dis nie net op die rugby kommentaar waar jy rassistiese aanmerkings maak nie. Jy kry nou al ‘n reputasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.