Herrie oor ‘rassistiese’ Dove-advertensie

‘n Skermgreep uit Dove se advertensievideo wat op sosiale media versprei word (Foto: Twitter)

Dove, ʼn handelsmerk vir skoonheidsorg, het ʼn herrie ontketen met ʼn advertensie op Facebook waarin ʼn swart vrou glo in ʼn wit vrou verander nadat sy ʼn Dove-produk gebruik het.

Dove het intussen die advertensie van Facebook verwyder en om verskoning gevra. “Die foto wat ons onlangs op Facebook geplaas het, het nie daarin geslaag om bruin en swart vroue op ʼn deurdagte wyse te verteenwoordig nie. Ons is diep spyt oor die aanstoot wat dit gegee het,” het Dove op Twitter laat hoor.

Die advertensie wat ʼn drie sekonde lange video was, het ʼn swart vrou getoon met ʼn bruin hemp aan wat dan die hemp uittrek om ʼn wit vrou met ʼn ligter hemp aan te vertoon. Dié vrou trek dan haar hemp uit, en vertoon ʼn bruin vrou met ʼn effense donkerder hemp. Baie mense op sosiale media het hul ontevredenheid oor die advertensie uitgespreek en dit as rassisties bestempel.

Hoewel die video van Facebook verwyder is, word skermgrepe steeds op sosiale media gedeel. Sommige sosialemediagebruikers het gesê die advertensie is rassisties omdat dit voorstel dat swart velle vuil en wit velle skoon is.

Dit is nie die eerste keer dat Dove daarvan beskuldig word dat hy onsensitief teenoor sekere rasgroepe is nie.

Dove, wat deur Unilever besit word, is besig met ʼn advertensieveldtog wat die diversiteit van vroue wil vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanna ·

Ek is tog so siek en sat vir mense wat rassisme in alles wil sien. Die wit vrou verander ook… Maar nee, moet tog net niks van die donker vrou maak nie. Hulle gaan nou seker kla oor die seep ook wit is. Lyk my party mense hou nou maar as n reel nie v hul velkleur nie.

LOVE DOVE ·

Hanna, ek stem 100% saam met jou; ag tog!! hulle het ‘n hengse minderwaardigheid.

Piet Snot ·

Was die rolle egter omgeruil, sou dit reg gewees het.
Dis hierdie PC twak wat Amerikaners so siek en sat het dat hulle in teenreaksie vir Trump ingestem het.

hendrik ·

Nou toe nou!. Word daar nie daagliks middels gebruik om velle ligter te maak nie. Beslis maar niemand kerm en kla daaroor nie, so hoe dan nou?

Besorg ·

Sommige rasse het ongelukkig maar net ‘n minderwaardigheidskompleks.

Riana ·

Het die vrouens wat die advert gemaak het, gekla? En waarvoor gebruik swart en bruin vroue goed wat hul velle ligter maak? En ons wit vrouens lê in die son tot ons bruin is…. wie is nou wie? Ag nee wat!!!

Denise ·

Ek verstaan nie hoe mense so diep kan krap nie ek kyk net na die advertensie hoekom krap waar dit nie jeuk nie !!!!!! As ek n boek lees,lees ek dit en lees die volgende boek ek beweeg aan die gekerm oor als is afdraand!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.