Hertogin isoleer ná kontak met Covid

Kate, die hertogin van Cambridge, in Edinburgh, Skotland in Mei 2021. (Foto: Jane Barlow/POOL/AFP)

Kate, die hertogin van Cambridge, self-isoleer tans vir tien dae ná sy in kontak was met iemand wat positief getoets het vir Covid-19, het Kensington-paleis Maandag laat hoor.

Prins William se vrou “ervaar geen simptome nie, maar volg al die relevante regeringsriglyne en self-isoleer tuis,” lui ʼn koninklike verklaring.

Kate sou Maandag ʼn dankseggingsdiens bywoon, wat die 73ste herdenking van die stigting van Brittanje se Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) vier. Sy sou ook gasvrou wees vir NHS-werkers by die Buckingham-paleis.

Haar laaste openbare verskyning was Vrydag by die Wimbledon-tenniskampioenskap. Kate is ʼn beskermvrou vir die All England Lawn-tennisklub.

Die Britse regering beoog intussen om alle Covid-19-maatreëls op te hef vanaf 19 Julie. Druk het uit talle oorde begin toeneem vir diegene wat reeds twee dosisse inentings teen Covid-19 ontvang het om nie te hoef self-isoleer wanneer hulle in kontak was met iemand en negatief getoets het nie.

Prins William het verlede November onthul dat hy die vorige April reeds positief getoets het vir die virus, nie lank na sy pa, prins Charles, nie.

Charles het glo ligte simptome gehad, maar die The Sun-poniekoerant het berig dat William “uitgeboul was vir ʼn ses”.

“Op ʼn kol het hy gesukkel om asem te kry,” het ʼn naamlose bron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Samuel ·

Ten minste weet die hertogin wat die nakoming van reëls is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.