Hertogin van Cambridge ingeënt

Catherine, hertogin van Cambridge, word teen Covid-19 ingeënt. (Foto: Twitter)

Catherine, hertogin van Cambridge, is teen Covid-19 ingeënt.

Die 39-jarige Catherine het Saterdag in ’n plasing op sosiale media bekend gemaak dat sy Vrydag haar eerste dosis van die entstof by die wetenskapsmuseum in Londen ontvang het.

BBC berig die Britse minister van gesondheid, Matt Hancock, het vroeër vandag (Saterdag) gesê meer as die helfte van mense in hul 30’s in die Verenigde Koninkryk is die afgelope twee weke teen Covid-19 ingeënt.

Meer as byna 39 miljoen mense in die Verenigde Koninkryk het reeds hul eerste dosis van die entstof ontvang.

Catherine se man, prins William, is ook vroeër vandeesmaand sy eerste dosis toegedien.

Meer as 24 miljoen mense het in dié stadium ook hul tweede dosis ontvang.

Deel van: Wêreldnuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ian

Dis niks om oor te brag nie. Afrika is weer op die agterste speen en dit nadat dit hier getoets was. Sies vir die 1ste wereld lande. Laat sak jul kop in skaamte.

Sarel

Kyk mooi Megan gaan haar opk nou laat inent dan weer Drama

SwartBees

Suid Afrika aan die ander kant…..

Kobus

Wat maak haar so spesiaal ?

Madeleine

Verseker n placebo. Hul Sal nie dit regtig Wil he nie.