Het Curiosity tekens van lewe op Mars gevind?

'n Foto wat Curiosity van homself geneem het in die Gale-krater op Mars Foto: NASA

‘n Foto wat Curiosity van homself geneem het in die Gale-krater op Mars Foto: NASA

ʼn Opwelling van metaangas in Mars se atmosfeer kan dalk daarop dui dat daar eens lewe op Mars was.

Wetenskaplikes waarsku egter daar mag heelwat ander oorsake vir die verskynsel wees.Die opwelling van metaangas kan selfs op teenswoordige lewe dui.

Nasa se Marstuig, Curiosity, het net meer as ’n jaar gelede die opwelling van metaangas in Mars se atmosfeer bemerk. Mars het, volgens die wetenskaplikes, ’n windjie gelaat. Oor ʼn tydperk van 60 dae het die metaangasvlakke in die atmosfeer sowat tien keer hoër as normaal gestyg, en toe weer na normaal teruggekeer. Die bevindinge van die omvattende ondersoek daarna, word Vrydag in die vaktydskrif, Science, gepubliseer.

Die moontlikheid dat dit op lewe nou of in die verlede dui, is een van die moontlikhede wat die wetenskaplikes in hul verdere studie in gedagte moet hou.Of die opwelling van metaangas op lewe dui of nie, die bevinding is belangrik. Dit dui daarop dat Mars onder die oppervlak steeds aktief is, en dat die ondergrond met die atmosfeer “kommunikeer”.

Nasa beklemtoon dat nog geen spoor van lewe gevind is nie, hoewel Curiosity ’n organiese materiaal, chlorobenzien gevind het.

Lees die volledige artikel in die Christian Science Monitor.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Blikslim, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willie

Dalk? Daar was eens lewe op Mars. Die ANC was al klaar daar want kyk hoe lyk die arme planeet nou.

Chris Fourie

Dit is als by Ngkantla.

Jan Groenewald

Ek kan net nie glo dat daar nog steeds mense is wat die snert glo nie. Daar was nog nie eers mense op die maan nie en nou wil hulle he almal moet hierdie nonsense glo…… wag wat het ek nou gesê….nog nie eers mense op die maan nie. Dis reg ja, daar was nog nooit enige persoon eers op die maan nie. Voor jy nou te kere gaan… dink gou eers vir jouself…(terloops, dis ook iets wat hulle nie wil hê die mense moet doen nie is om nie vir jouself te dink nie). Maar dink gou. Die laaste… Lees meer »