Hiér is die gelukkigste lande ter wêreld

iran-aardbol-wêreldkaart

(Foto: 3dman_eu/Pixabay.com)

Die jongste World Happiness-verslag wat vandeesweek uitgereik is, dui aan dat Suid-Afrika die 105de posisie beklee op ʼn ranglys van 156 lande waar die gelukkigheid van dié lande se burgers bekyk is.

Volgens die verslag, wat deur die Verenigde Nasies (VN) se Sustainable Development Solutions Network saamgestel is, is Finland die gelukkigste land ter wêreld. Die Europese lande Noorweë, Denemarke, Ysland, Switserland, Nederland en Swede het ook die top-10 gelukkigste lande gehaal.

Ook Kanada, Nieu-Seeland en Australië is onder die top-10 op die ranglys.

Suid-Afrika lê 105de op die lys, tussen Palestina op posisie 104 en Iran in die 106de plek.

Die lys word saamgestel uit data van Gallup van 2015 en 2017. Ses aspekte van algemene welstand word gemeet, wat inkomste, vryheid om keuses te maak, vertroue in die regering en die sakegemeenskap, ʼn gesonde lewensverwagting, maatskaplike ondersteuning en ondersteuning van ander, asook vrygewigheid wat deur skenkings gemeet word, insluit.

Suid-Soedan, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Burundi is aangedui as die drie ongelukkigste lande, met Burundi in die 156ste plek.

Die VSA beklee die 18de posisie, terwyl die Verenigde Koninkryk die 19de posisie beklee en die Verenigde Arabiese Emirate is in die 20ste plek.

Hier is die top-10 gelukkigste lande:

  1. Finland
  2. Noorweë
  3. Denemarke
  4. Ysland
  5. Switserland
  6. Nederland
  7. Kanada
  8. Swede
  9. Nieu-Seeland
  10. Australië

Só lyk die 10 ongelukkigste lande:

  1. Malawi
  2. Haiti
  3. Liberië
  4. Sirië
  5. Rwanda
  6. Jemen
  7. Tanzanië
  8. Suid-Soedan
  9. Sentraal-Afrikaanse Republiek
  10. Burundi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Baie ruimte vir verbetering…
Skrikwekkend dat die meerderheid in die skraapseltjie suidelikheid van Afrika so ontevrede is met hulself. Veral aangesien hul al 23 jaar self regeer!

Nicky ·

Kyk wie is in beheer van die top 10 en wie is in beheer van die onderste 10……….

Annelize ·

Nicky, ek kon dit self nie beter gestel het nie. Slaan jy daai spyker OP die kop!

Gestremde ·

Met Cyril Ramaphosa wat vlerk sleep by Julius Malema kan ons maar afskyf op die lys en Burundi vervang.

CdK ·

Ons het 2 jaar gelede na Nederland verhuis. Hier is goeie medies, pensioen en tonne werksgeleenthede vir hooggeskooldes. Die kinders is gelukkig. Hulle kry gratis medies, geen huiswerk tot op 12 jarige ouderdom en gaan op laerskool net 3 dae per week voldag skool en die ander 2 dae, halfdag.
Jy sien jou belastinggeld werk met nuwe paaie en opgradering van oues en die publieke vervoer is fantasties, want hier dra almal by tot belasting en almal baat daarby. Hier is wel baie beaurokrasie en baie wette, maar almal hou by die reëls.
Hier is regtig net EEN ding om oor te kla en dis die weer. Ai, ek mis darem die lekker SA sonnetjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.