Hier is die wêreld se grootste (nuwe) ysberg

A-76, die wêreld se jongste grootste ysberg (Foto: Europese Ruimteagentskap)

ʼn Groot blok ys het van westelike Antarktika in die Weddellsee in afgebreek. Dit is nou die grootste ysberg in die wêreld en word A-76 genoem.

Dit is die jongste in ʼn rits groot ysblokke wat losgebreek het in ʼn streek wat uiters kwesbaar is vir klimaatsverandering, alhoewel wetenskaplikes sê in dié geval lyk dit of dit deel vorm van ʼn natuurlike poolsiklus.

A-76 is effens groter as die Spaanse eiland Majorka, en word al sedert 13 Mei deur wetenskaplikes gemonitor toe dit begin het om van die Ronne-ysplato af te breek, aldus die Amerikaanse nasionale yssentrum.

Die ysberg van 4 320 km², sowat 170 km lank en 25 km breed, dryf nou in die Weddelsee. Dit sluit aan by die vorige rekordhouer, A-23A – sowat 3 880 km² groot en wat al sedert 1986 in dieselde gebied bly.

Die Britse Antarktiese Opname het aanvanklik A-76 en die uitkalwing opgemerk – die begrip wat gebruik word wanneer ʼn ysberg afbreek. Dit is bevestig met foto’s van die Copernicus-satelliet, het die Europese Ruimteagentskap gesê.

Dit is dalk ʼn reus, maar A-76 is hoegenaamd nie die grootste ysberg die afgelope paar jaar nie. Die massiewe A-68-ysberg, wat in 2017 van die Larsen-ysplato afgebreek het, het vinniger as enige ander deel van Aarde se mees suidelike kontinent verhit. Op 5 800 km², 350 m dik en ʼn gewig van ʼn biljoen (“trillion”) ton, was A-68 een van die grootste ysberge nog. Die ysberg, wat verlede jaar as A-68a bekendgestaan het ná ʼn stuk afgebreek het, was skynbaar op pad om teen ʼn afgeleë Suid-Atlantiese eiland te bots – die tuiste van duisende pikkewyne en robbe. Dit het hulle vermoë om kos te versamel, bedreig. Die ysberg het egter uitmekaar gebreek voor dit enige skade kon aanrig aan die oorvloedige natuurlewe in Suid-Georgië-eiland, ʼn oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie.

Anne Braakmann-Folgmann, ʼn navorser in ysbergbeweging aan die School of Earth and Environment by Leeds-universiteit, het gesê A-76 sal na verwagting dieselfde trajek as A-68 volg, in die rigting van Suid-Georgië. “Hoe lank dit sal vat en hoeveel van die ysberg sal afbreek voor dit die eiland tref, asook die presiese trajek, is moeiliker om te voorspel,” het sy aan AFP gesê.

ʼn Blok ys moet hoër as 4,8 meter bo seevlak wees, minstens 29 – 49 m dik wees en minstens 500 m² groot wees om as ʼn ysberg te kwalifiseer, aldus die Amerikaanse nasionale Oseaniese en Atmosferiese Vereniging.

Klik hier om grafika te sien van hoe die ysberg van die Ronne-ysplato afbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stof ·

Is hierdie ysberg dalk ‘n Afrikaner? Hy weet presies net hoe om af te stig?

Vrijburger ·

“…….alhoewel wetenskaplikes sê in dié geval lyk dit of dit deel vorm van ʼn natuurlike poolsiklus.”

Plaas hierdie asb in donker en groot letters.

Dirk Mostert ·

Die kalwing van ysberge is ‘n normale proses en is die gevolg van ‘n opbou van ys en sneeu stroomop van so ‘n ysrivier. Hoe meer ys in die binneland, hoe meer en groter ysberge word gekalf. Dieselde geld vir sneeustortings in bergreekse soos die Alpe en Himalajas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.