Hier is uitslag van Covid-19-toets in eSwatini

Die liggaam van ‘n slagoffer van die gevreesde koronavirus word uit ‘n hospitaal in Wuhan, China, verwyder. (Foto: Chinatopix via AP)

ʼn 27-jarige vrou van eSwatini (Swaziland) wat vermoedelik die koronavirus (Covid-19) onder lede gehad het, het negatief getoets vir dié virus.

Medici in die land monitor sedert Maandag ʼn pasiënt wat moontlik die gevreesde virus opgedoen het nadat sy China besoek het.

Die direkteur van gesondheidsdienste, dr. Vusi Magagula, het egter die media Dinsdag verseker sy het negatief hiervoor getoets.

Dit is die derde van Suid-Afrika se buurlande waar inwoners met soortgelyke simptome as dié van die Covid-19-virus getoets word, maar die uitslae is negatief. Pasiënte se monsters is telkemale na Suid-Afrika gestuur om vir die virus te toets.

“Hierdie ervaring het ons gehelp om die land gereed te maak en reeds ʼn behoorlike reaksieplan te hê, sou een van ons burgers positief toets vir die virus. Ons wil ons landsburgers verseker dat ons veilig is wat die wêreldgesondheidsbedreiging betref,” het Magagula gesê.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het geen nuwe lande gevalle van die virus aangemeld sedert 17 Februarie nie. Meer as 800 gevalle is in 25 lande bevestig, met drie sterftes.

“In China is meer as 72 500 gevalle tot dusver bevestig, met 1 870 sterftes,” het die WGO Woensdag bevestig. In net 24 uur is 1 890 nuwe gevalle in China aangemeld.

“Aan die einde van die week behoort 40 Afrikalande self vir die virus te kan toets. Sommige lande, soos die Demokratiese Republiek van die Kongo, het fasiliteite wat oorspronklik vir die behandeling van Ebola aangewend is, omgeskakel om Covid-19 te kan identifiseer en behandel,” sê die WGO.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Amatambo ·

Tot dusver is ons mense baie gelukkig insoverre die virus betref – ek hoop terwille van almal dat dit Nou NIE hier gaan uitbreek nie…

madels ·

Ek het n baie betroubare artikel gelees waar hulle noem dat 2 weke van kwarantyn nie genoeg is om te toets of n persoon negatief of positief vir die virus kan toets nie maar n volle maand

Chantel ·

Nee want in inkubasie tydperk van 14 dae is eers teenwoordig, waarna die patiënt dan eers begin simptome wys, wat dan eers na 14 dae bevestig kan word.

Genis ·

Ek dink persoonlik die getalle is baie meer, als word nie met Jan Publiek gedeel nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.