Hier kom Tesla se elektriese vragmotors

(Foto: Tesla.com)

Elon Musk het Vrydag aangekondig dat Tesla met vervaardiging van sy Semi-vragmotors begin en Pepsi sal na verwagting op 1 Desember reeds die eerste elektriese vragmotors ontvang.

Tesla Semi, ʼn elektriese klas 8-vragmotor, is reeds in 2017 onthul. In daardie stadium was die verwagting dat die vragmotors teen 2019 reeds vervaardig sou word. Die program is egter vir jare opgeskort en tot dusver was daar nie enige verwagting vir nuus voor 2023 nie.

Musk het egter in Augustus aangekondig dat die Tesla Semi na verwagting later vanjaar beskikbaar sal wees.

Die uitvoerende hoof van Tesla het vandag bevestig dat die vervaardiging begin het. Die voertuig het kan met ʼn enkele lading sowat 805 km aflê. Dit word in Nevada in die VSA naby Tesla se Gigafactory vervaardig.

Elektriese vragmotors kan uiteindelik tot groot voordeel strek vir gebruikers as gevolg van die goedkoper koste teenoor die gebruik van brandstof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.