Hillary Clinton ook in sop oor Hitler

Hillary Clinton

Hillary Clinton

Die voorloper in die Demokratiese Party se aanslag om die 2016-presidentsverkiesing, Hillary Clinton, het blykbaar in ‘n slagyster getrap toe sy die optrede van die Russiese president, Walidimir Poetin, met die optrede van Hitler voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog vergelyk het.

Clinton het tydens ‘n fondsinsamelingeleeneid gesê voor die Tweede Wêreldoorlog het Hitler ook groot gewag gemaak van etniese Duitsers wat hulle buite die Reich se grens in enklawes bevind het, soos Sudutenland, en dit as verskoning gebruik het om dele van buurlande in te lyf.

Die kritiek van die Republikeine is nie dat dit wat Clinton sê onjuis is nie, maar omdat sy, toe sy minister van Buitelandse Sake was, hard gewerk het daaraan om die betrekkinge tussen die VSA en Poetin te verbeter, terwyl die Republikeine gewaarsku het dat Poetin nie vertrou kan word nie. Hulle vra of Clinton nou erken sy was verkeerd en die Republikeine was reg.

Trouens, verskeie prominente Republikeine het die afgelope tyd ook ‘n vergelyking tussen Poetin en Hitler getref.

Intussen lyk dit nie of Clinton se steun deur die voorval geknou is nie. Volgens die jongste Rasmussen-peiling geniet Clinton nou 47% van die kiesers se steun, teenoor die 33% van Jepp Bush. Dis nog vroeg in die dag, maar dit lyk of die 2016-presidentsverkiesing op ‘n tweestryd tussen twee van die VSA se bekendste politieke faksies kan afstuur.

Bronne: Christian Science Monitor, Rasmussen Polls

 

 

http://www.csmonitor.com/USA/DC-Decoder/Decoder-Buzz/2014/0306/Hitler-remark-Will-it-hurt-Hillary-Clinton-video

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.