Hizbolla kan dalk toetree tot Palestynse stryd

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Foto: Israelse weermag

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Foto: Israelse weermag

Kommer bestaan dat die radikale Hizbolla van Libanon tot die Hamas-stryd in Gasa kan toetree nadat een van die leiers gesê het sy organisasie wil graag toetree om die “ape en varke” (Jode) te verslaan.

Hizbolla, ‘n Sjiïtiese organisasie, is op die oomblik volskaals in Sirië betrokke waar aan die kant van pres. Bashar al Assad geveg word. Hizbolla het dus sy hande vol. ‘n Tweede probleem is dat Hamas meestal uit Soenie-Moslems bestaan, wat weer sterk onder die invloed van die neo-Slafiste staan. Dit is dieselfde dampkring as waaruit Al Kaïda en die Isis in Irak en Sirië bestaan – juis die groepe waarteen Hisbolla in Sirië veg. Hamas se ideologiese nabyheid met hierdie groepe, waaronder ook die Moslembroederskap, veroorsaak juis dat baie Arabiese lande ‘n verstewiging van Hamas se posisie teenstaan.

Intussen het Hamas die vredespogings van die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, van die hand gewys. Israelse soldate wat na tonnels soek wat Hamas van die Gasastrook na Israel gegraaf het, is verstom oor die hoeveelheid, asook die gesofistikeerdheid van sommige van die tonnels. Tot dusver is 60 toegangstonnels tot 28 tonnels gevind. In een van die tonnels is ‘n wapenopslagplek en uniforms van die Israelse weermag gevind. Hamas gebruik die tonnels om Israel vir terreuraanvalle te infiltreer. Israel word verkwalik vir die bombardering van ‘n skool wat onder VN-beheer staan, en waarin 15 mense omgekom het. Israel hou egter vol dat Hamas die skole vir militêre operasies gebruik, en menslike skilde inspan. Wapenopslagplekke is al in minstens twee skole gevind, waarvan een juis onder VN-toesig gestaan het.

Bronne: Washington Times, Fox News, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.