Hoender sluip ongesiens verby Pentagon-sekuriteit

(Foto: Animal Welfare League of Arlington/Facebook)

Sy het nie topsekuriteit-klaring gehad nie: ʼn hoender is Maandag in ʼn hoësekuriteit-sone van die Pentagon aangekeer. Sy het die swaargewapende wagte, wat die hoofkwartier van die Amerikaanse Ministerie van Verdediging beskerm, onverhoeds betrap.

Daar is nie ʼn verduideliking hoe die hoender in die gebou gekom het nie, maar in die ysige weersomstandighede is sy aan plaaslike dierebeskermingsbeamptes oorhandig.

“Ons beamptes is ontbied om haar te gaan oplaai,” het die Dierewelsynsliga van Arlington op sy Facebook-blad gesê. “Sers. Balaena het haar veilig na die skuiling teruggebring. Sy sal hier bly totdat ons vir haar ʼn nuwe huis gekry het.”

Die organisasie is nou op soek na name vir dié “spioen” en in die kommentaar was daar voorstelle soos “Henny Penny” (as verwysing na die Pentagon), “Colonel Sanders” en selfs “Ethel” (as verwysing na Ethel Rosenberg, berugte Russiese spioen).

Pentagon se sekuriteit het nog nie ʼn verduideliking gegee hoe die hoender só ver in die gebou kon kom nie en of dit hoegenaamd ʼn bedreiging inhou nie.

“Ek sal daai hoender nagaan vir moontlike afluisterapparate …” het een persoon gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

CR het beslis iets hiermee te doen….dalk n meeluisteraparast gaan plant om uit te vind hoe om n lsnd suksesvol te lei.”Radio controlled run away”.

Misky ·

Hulle “topsekuriteit” is toe nie so tops nie – ha ha ha

Sandra ·

Maar is sy ‘n hoender? Ek dink aan die Trojaanse perd. Miskien is sy ‘n spioen in hoender vorm.

Caroline ·

Sometimes Chicken has more sense than people Well done Henny Penny

Tubac ·

Moontlike ondersoek deur Pelosi om te kyk of Trump agter die insypeling sit. Eerlikwaar swak van sekerheid in withuis of hoenderhok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.