Hoenders kap glo om oor musiek

ʼn Hoenderboer van Indië is vies nadat die musiek van ʼn troue op sy buurplaas sy hoenders glo ontstel het. (Foto ter illustrasie: pixabay)

Harde musiek wat Sondag by ʼn tradisionele Indiese troue in die oostelike staat Odisha gespeel is, is glo die oorsaak dat 63 hoenders op ʼn nabygeleë plaas gevrek het.

Die hoenders het glo hartaanvalle gekry.

Ranjit Kumar Parida, wat ʼn hoenderplaas bedryf, sê hy het versoek dat die musiek sagter gesit word aangesien dit “heeltemal te hard was en die hoenders bang gemaak het”.

Daar is ook vuurwerke tydens die bruilofsfees afgeskiet.

“Die gaste het egter nie geluister nie en die bruidegom se vriende het my verskree,” het Parida aan AFP gesê.

Parida het ʼn klagte by die polisie ingedien nadat ʼn veearts glo bevestig het dat die hoenders inderdaad weens hartaanvalle gevrek het.

Suryakanta Mishra, ’n professor in dierkunde wat ook ’n boek oor dieregedrag geskryf het, het aan die Hindustan Times gesê dat harde geluide die risiko van hartsiektes onder voëls verhoog.

Mishra meen “skielike opwinding en stres weens harde musiek kan hoenders se biologiese klok omverwerp”.

Parida het aanvanklik skadevergoeding geëis, maar het sedertdien sy klagte teruggetrek. Dit is nie seker hoekom dit teruggetrek is nie.

Geen verdere stappe word in dié stadium gedoen nie.

 

Bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Weet iemand of daar musiek is wat ons vir die ANC kan speel?

Aai

Nou het ek al alles gehoor.

Manie

Die man is nou behoorlik die hoenders in.

Agge nee

Weet nie hoekom hy sy saak teruggetrek het nie, want dit is ‘n feit soos ‘n koei dat hoenders hulle kan doodskrik vir harde vreemde geraas. Ek dink die vuurwerke het ook baie met die vrektes te doen. ‘n Trok wat voer kom aflaai het, se spieetjie het die son gevang, deur die hok van 30 000 kuikens gespeel, hulle het geskrik, op loop gegaan en 1200 is doodgetrap. Ek weet, want ek was daar. Ons werkers was in hok toe dit gebeur het. Dieselfde werkers vir dieselfde hok tot hulle slaggewig bereik. Hulle skrik selfs vir vreemdes.

Androclus

Daar sal geen haan daarna weer kraai nie.