Hoërskoolmeisie hou glo klasmaats gyselaar

Windhoek High School in Namibië. Foto: Facebook

ʼn Graad 11-leerder van ʼn hoërskool in Windhoek in Namibië is by die skool in ʼn polisievangwa geboender nadat sy na bewering haar klasmaats met ʼn mes gyselaar gehou het.

Hoofinspekteur Kaunapawa Shikwambi, woordvoerder van die polisie, het gesê dié voorval het hom Vrydag omstreeks 09:30 by die Windhoek High School afgespeel.

Volgens Shikwambi het die meisie glo ʼn mes by haar gehad en haar klasmaats gyselaar gehou. Die polisie is na die skool ontbied. “Sy het die mes in haar hand gehad, goed in die klaskamer gebreek en geskree,” het Shikwambi gesê.

“Die polisie kon daarin slaag om haar aandag af te trek wat die mense wat in die klaskamer gyselaar gehou is, kans gegee het om een vir een uit te glip.”

Shikwambi het gesê toe die meisie besef byna almal het die klaskamer ongesiens verlaat, het sy ook uit die klaskamer gestorm en die ander leerders begin jaag. “In die proses het sy geval en die polisie kon daarin slaag om haar te boei en agterin ʼn vangwa te laai. Sy is na die Katutura-staatshospitaal geneem.”

Volgens Shikwambi is niemand in die voorval beseer nie. Informanté, ʼn plaaslike koerant in Windhoek, het egter berig dat die meisie Hawie Engels, die hoof van die skool, in sy arm met die mes gesteek het. Engels het nie op Maroela Media se versoek om kommentaar gereageer nie.

Dit is nie duidelik of die meisie vervolg sal word oor die voorval nie aangesien daar volgens Shikwambi teen Vrydag nog geen amptelike klag by die polisie aanhangig gemaak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Flakka ·

Klink of sy kennis gemaak het met n dwelm genaamd Flakka, dis blykbaar die nuutste trent!!

Lees ·

Dagsê MM
Paragraaf 4: Die polisie kon daarin slaag,(Nie kom nie)?

Tania Heyns ·

Dagsê Lees

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Meraai ·

Was daar op skool in die 80’s. Sou nooit kon dink dat so iets die skool kon tref nie. Die enigste aksie wat ons gehad was n oproep dat daar ‘n bom in die skool was. Vir die res van die skooldag op die rugby veld deur gebring toe polisie en weermag skool deur soek het.

Boeis van Uis ·

Net mooi die dag toe ek siek was. .. maar dit was nie ek wat gebel het nie (!)

marous ·

Reg so . Groot genoeg vir ‘n mes dan groot genoeg om in ‘n vangwa gegooi te word , en dan tronk toe.

tamboti ·

In Namibie sal streng opgetree word, nie soos in SA eers apartheid beskuldig en dan armoede en werkloosheid die skuld gee.

Huppel ·

Ou nuus; het laasweek gebeur.

Die meisiekind is geestesversteurd en in psigiatriese hospitaal opgeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.