Hof beslis peuter se lewe moet beëindig word

Alfie Evans (Foto: Facebook)

Die 23 maande oue Alfie Evans van Liverpool in Engeland ly al van ʼn baie jong ouderdom aan ʼn onverklaarbare siekte wat hom in half-vegetatiewe toestand laat.

Sy ouers, Tom Evans (21) en Kate James (20), veg sedertdien onverpoos teen dié land se regstelsel om hul seun aan die lewe te hou. Dít nadat die Britse appèlhof onlangs beslis het dat die masjiene wat Alfie aan die lewe hou, afgeskakel moet word.

Volgens The Sun Online is Alfie normaal en gesond gebore, maar het op die ouderdom van sewe maande stuiptrekkings soortgelyk aan ʼn epileptiese aanval begin kry. Sy ouers het hom dokter toe geneem, en die dokter het vir hulle gesê Alfie is “lui en ontwikkel stadig”.

Alfie het later ʼn borsinfeksie opgedoen wat epilepsie veroorsaak het. Sy toestand het so verswak dat hy in Desember 2016 aan masjiene gekoppel is wat hom aan die lewe hou in die Alder Hey-kinderhospitaal in Liverpool. Hy is sedertdien in ʼn half-vegetatiewe toestand in dié hospitaal en die dokters het sy ouers aangeraai om die masjiene te laat afskakel.

Vroeër vanjaar het ʼn hooggeregshof beslis dat dokters by die Alder Hey-kinderhospitaal Alfie se behandeling kan staak al is dit teen sy ouers se wense, nadat die hof bevind het mediese bewyse toon dat verdere behandeling vergeefs sal wees.

Alfie en sy ma, Kate James (Foto: Instagram)

Alfie se ouers het hulle tot die Europese menseregtehof gewend om teen dié beslissing te appelleer. Die hof het egter ook teen hul versoek beslis. Nadat die aansoek van die hand gewys is, het Evans gesê hy en James is “gebroke, ontsteld en in pyn”, omdat dié besluit beteken hul seun gaan “binnekort vermoor word”.

“Die stelsel het ons skandelik in die steek gelaat. Lyk ons seun in enige van dié foto’s of hy doodgaan?” het Evans op sosiale media laat hoor. “Ons as ouers sal nie moed opgee nie. Ons seun gaan binnekort vermoor en van ons af weggeneem word; sy onskuldige lewe gaan geneem word!”

Op 13 April vanjaar het Evans en Thomas aangekondig dat hulle die Britse appèlhof gevra het om Alfie na ʼn hospitaal in Italië oor te plaas, sodat hy sy behandeling dáár kan voltooi. Dít ten spyte daarvan dat daar reeds ʼn datum vasgestel is om Alfie se masjiene af te skakel.

Alfie Evans (Foto: Facebook)

In dié appèl het regters Davis, King én Moylan beslis dat Alfie se masjiene wel afgeskakel moet word, en die hof het met die dokters saamgestem dat daar “geen hoop” vir Alfie is nie.

Hulle het ook die versoek van Alfie se ouers om die saak weer by die hooggeregshof in te dien, afgekeur. “Die verskriklike werklikheid is dat feitlik sy hele brein reeds geërodeer het, en daar nou net water en serebrale spinale vloeistowwe oorbly,” het die hof gesê.

Ondersteuners van Evans en James, wat hulself Alfie’s Army noem, het buite die hof bymekaargekom, waar Evans hulle bedank het vir hul ondersteuning.

“Ons sal nooit terugstaan nie. Ons sal aanhou veg. Ons sal nooit opgee wat jou betref nie, Alfie,” het Evans gesê.

Daar is sedertdien ’n petisie genaamd Save Alfie Evans! opgestel om Alfie te help. Dié petisie het reeds binne vier dae 21 187 handtekeninge gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Iemand ·

Die dokters se dat sy brein feitlik verdwyn het. Hy lewe omdat die masjiene hom laat lewe. As God wou he hy moes lewe dan sou hy sonder die masjiene kon lewe

Estelle ·

Ons was ongeveer 16 jaar gelede in dieselfde bootjie gewees ons dogtertjie is sieklik gebore en op 18 maande was sy vir die 3 de keer op masjiene , die keer so krities dat ons moes besluit of ons die masjiene moet afskakel . Ons het baie gebid en ook besef ons wil nie net ‘n liggaam aan die lewe hou vir ons eie verstroosting nie. Die masjiene is afgeskakel maar sy het nog baklei op haar eie stoom teen die dood . As gevolg daarvan is die masjiene weer aangeskakel . Ons klein wonderwerkie het Maart 18 jaar oud geword . As daar werklik nog lewe in daai liggaampie is sal hy veg teen die dood maar as dit net ‘n liggaam is wat daar lê laat gaan . Dit is nie maklik nie maar daai liggaampie kan nie verewig aan die lewe gehou word as vertroosting nie. Julle moet aan gaan met jul lewe .

Sê maar net 1 ·

En alles gaan oor geld
Watvas dit jou kind was? Sou jy ook ‘n ander deuntjie sing?
Waar daar lewe is is daar hoop

Iemand ·

Maar soms is daardie lewe net n illusie van lewe. ‘n masjien wat bloed pomp en suurstof laat sirkuleer.

Marlie ·

Die arme bondeltjie het nie meer ‘n brein nie! Sonder ‘n brein is daar niks: geen hoop (wat ironies, iets is wat deur die BREIN geformuleer word) en geen lewe (wat gebeur omdat die BREIN die organe beheer om asem te haal, bloed te pomp, suurstof te vervoer, ens ens ad infinitum)

nannie ·

@Hendrik van George wat sal jy doen as jy in soorte gelyke omstandighede is? Sal jy ook nie alles probeer om jou kind te laat lewe nie?

Se maar net ·

Hendrik van George… jys seker nie ‘n pa nie. Want enige ouer sal tot op die einde vir hulle kindjie se lewe veg. Maak nie saak wat nie. Ek dink jys ongevoelig.

JEN ·

Ou Hendrik van George is seker net so platsak soos ek want dit is nou al die tweede artikel wat ek lees wat hy net kla oor geld. Shame ek voel jou pyn Hendrik tye is swaar. Maar die kind se lewe as baie meer werd as geld hoor. Dalk eendag is jy ryk genoeg om vir jouself ‘n hart te koop.

Piet ·

Op die oomblik is dit werklik net die masjiene wat sy lewe onderhou. Sy brein het heeltemal atrofie ondergaan. Vir enige iemand het ons n brein nodig vir bv asemhaling, om te kan beweeg, om pyn te ervaar. Die kind is klaar n Klein lyk wat hier le.

Davida ·

Stem, die kind is alreeds dood. Hoe hartseer ookal, moet mens ongelukkig soms “cruel to be kind” wees, want hoe langer die ouers dit uitstel hoe erger gaan dit emosioneel wees. Ek is self daardeur en dis n baie rou en seer emosie, maar daai liggaampie gaan nog baie agteruit gaan en nie n mooi gesig word nie. Soms is dinge onverstaanbaar en buite die menslike beheer.

Nettie ·

Dié kind LEEF nie, hy bestaan net. Masjiene haal vir hom asem, hou sy hart aan die gang, volvoer liggaamlike funksies e.d.m. Hy is letterlik ‘n lewende lykie. Dit is reeds verklaar dat sy brein atrofies is – m.a.w. heeltemal weggekrimp en disfunksioneel. Watter genesing kan enige dokter – selfs Ons Here – nog teweegbring?

Nee, dit is my opinie dat as ‘n persoon – of dit nou ‘n volwassene of kind is – nie sonder lewensondersteunende masjiene kan klaarkom nie, daardie persoon nie langer lewensvatbaar is nie. As dit nie was vir daardie masjiene nie, sou daardie persoon in elk geval nie “die paal gehaal” het nie.

Laat die arme kind gaan – in vrede.

Marthinus Willemse ·

Om aan `n masjien gekoppel te wees is nie `n lewe nie. Die menslikste opsie, in Christenliefde, sou wees om die masjiene af te sit. Indien daar nog vegkrag in sy liggaamie oor is, sal hy leef. Sy ouers moet aangaan met hul lewe, hoe moeilik dit ookal is.

Op 10 Oktober 2017 het die dokters ons gevra of ons die masjiene waaraan ons broer Paul gekoppel was, moet afsit. Ons het gesê “Ja”. Hy is `n paar ure later oorlede. En nou is hy verlos van alle aardse probleme en pyne.
Ons rou nog steeds, want hy sou op 19 April `n jong 46 geword het.

VanAfrika ·

Dis nie vir ons om te besluit of daardie lewe geneem kan word nie, dis God se wil. En jou aanmerking oor hul mediese uitgawes is koud en ongevoelig. Dis n pragtige klein seuntjie daardie, mag God hom aanraak en n wonderwerk in sy lewetjie veroorsaak ongeag jou onvoelige aanmerking. Ons sal hierdie seuntjie opdra in God se hande vir volkome genesing en dat hy so sal genees dat God n wag voor jou mond plaas

Jaques ·

Mense, ek is self pappa van ‘n blondekop, blou oog dogterjie, maar afhangende van die feite van die saak, sou ek eerder my kind laat gaan het om by haar mede engele in die hemel te wees as om vas te klou aan strooi halms.
Daar word duidelik gestel dat die kindjie al vir byna 2 jaar brein dood is, wat daartoe lei dat die fisiese brein nou net ‘n blop jellie is, dus is daar geen redelike verwagting dat daardie seuntjie, hoe hartseer ook, ooit weer op sy eie sal kan funksioneer en normaal wees nie.
Baie hartseer pappa wat dit skryf, maar ja

Yolandi ·

Ek stem volkome saam. Ek is self n mamma van 2 en die breuk my hart en elke aan kan ek net vir my Vader in Hemel dank dat ek 2 gesonde kinders het. Maar die feit is dat daai pragtige seuntjie nie meer lewe in hom het nie…. En ek weet dis maklik om te praat maar ek voel tog doen jy jou kind en jouself n onreg aan om hom met masjiene aan die lewe te hou… As daar nog brein aktiwiteit was, was dit dalk n ander storie.

My mamma hart breuk vir die ouer paar….

Gestremdes ·

Liewe Mamma en papa dit beter om te gaan laat gaan sonder leiding. Daaroor dink geen bekommerds soos versorging “ouers word oud”en finance en geen werk vir gestremdes om self te kan sorg Kyk bv in ou ende dink of skat 136 gestremdes is oorlede in aaglike omstandighede

TS ·

Ek stem saam met Hendrik. Hartseer maar wees realisties. Sou die ouers iets oorkom wat dan van die kind.
Ek sê weereens dat dit hartseer is.

Bosbok ·

Mag ek nooit voor so n keuse te staan kom nie! Maar die een ware sy van die saak is dat die kind nie n lewe het sonder die masjiene nie. Dit is nie dat sy lewensgehalte verbeter word nie, maar dat die dood net uitgestel word.

CAROL ·

Jacques ek gaan saam jou op die een stem. Soos jy se hul se die baba is klaar breindood. Daar gaan geen lewe terug kom nie. As dit ek in daai skoene was met dieselfde situasie sou ek met n baie swaar hart die masjien laat afsit het

GM ·

Gaan lees hul blad self ook! Die seuntjie was al vir amper 2 weke van die masjiene afgehaal op ‘n tyd. Dis nie ‘n lewe om aan masjiene gekoppel te wees nie, maar wonderwerke is altyd moontlik. Ek sou altyd wonder, wat as… Maar dan is daar ook die ander kant van die muntstuk, wat gebeur as hy wel eendag self kan asemhaal? Dis vreeslik hartseer, ek wens dit vir geen ouer toe nie.

Snuffels ·

Ja dis ironies, hier in SA gooi mense sommer hulle babas weg en hierdie ouers smag daarna om hul kindjie net aan die lewe te hou! Sad .. very sad!

Juffie ·

Snuffels Hier in Suid Afrika het die ouers nog ‘n keuse om die masjiene aan te los of nie! Daar is nog so ‘n geval in Neu Zeeland ook.

AZ ·

Wat n tragiese omstandigheid. Mens kannie oordeel nie omdat ons nie self in daardie situasie is nie. MAAR…As medisie bewys het dat hy slegs deur masjiene aan die lewe gehou word en dat daar nie hoop is op lewe in die toekoms nie, hoekom dan alles uitrek. Mens moet darm sekerlik iewers die streep trek. En my mening is dan dat as dit wel God se wil is dat Alfie leef, sal hy sonder die masjiene asem begin haal wanneer dit afgesit word. Baie sterkte aan die ouers.

Antjie ·

Hartseer. Maar foto’s is egter erg misleidend. As daar net vloeistof in sy skedel is, waar is sy breinstam heen waarmee hy asemhaal? Klink dus na erge hidrokefalis wat dit in die werwelkolom geforseer het, of dis nie akkuraat nie. Maar, dit beteken steeds sy kyk is leeg. Hy reageer nie hoegenaamd op enige lig of klank of selfs pyn nie. So iemand is wel besig om dood te gaan as die spesialiste so sê. Moenie daardie medici so slegmaak nie, asb!

Volg die storie ·

Ek volg hierdie storie al van laas jaar af. gaan kyk die videos en gaan lees die newe effekte van die medisyne. Gaan kyk ook na Charlie Gard. Hierdie seuntjie lyk soos n baie gesonde seuntjie. Iemand wat nie meer breinfunksie het nie gaan nie reageer soos hierdie kleine mensie nie. En gaan lees ook maar al die skandes van hierdie hospitaal. GAAN LEES BIETJIE OP VOOR ALMAL OORDEEL.

Anoniem ·

Ek dink darem nie die dokters sal vir die ouers lieg oor die toe stand van hulle baba se liggaam en siekte nie. Die mediese spesialiste weet waarvan hulle praat, hulle het immers jare se ervaring en is hoogs gekwalifiseerd. Mens kan ook nie als glo wat jy op die internet lees nie – wat betref Charlie Gard het ek nou weer op internet gelees dat daardie hospitaal fantasties is.

lees die storie ·

Ek praat nie van die hospitaal waarin Charlie Gard was nie. Charlie Gard was baie siek. mens sien dit in al sy fotos die verskriklike swelling wat hy gehad het. Ek praat van die hospitaal waarin Alfie evans is. Alder Hey

Bianca ·

@ Anoniem gaan lees die nuus berigte oor die hospitaal waarin Alfie Evans is. Charlie Gard was baie baie siek mens kon dit in al sy fotos sien. Ek gaan lees nie net enige kommentaar. Ek gaan lees nuus berigte. Dokters kan ook verkeerd wees, net oor die hospitaal in die UK is sê nie dat dokter nie kan verkeerd wees nie.

Chanty ·

Nettie

Sjoe maar jy raak snaakse goed kwyt en HET BAIE MIN VERTROUE IN DIE HERE.. Iemand wat jou en jo gesin nog elkedag lewe gee en oor julle waak. NIKS IS BY MY GOD ONMOONTLIK NIE….. NIKS!!!! Ek weet elke ouer sal tot op die laaste baklei vir sy kind. Maak nie saak wat die situasie is nie…

Mamma en Pappa van ou Kleine Alfie… ek bid saam jul vir genesing… al sê drs die kans van oorlewing is hoe skraal…. wie is ons om te oordeel…

Ek hoop regtig jy gaan dink weer oor wat jy gesê het.. en vra onverskoning.

Alle sterkte aan Alfie se mamma en pappa…. julle is verseker in my gebede..

MY GOD IS GROOT EN BY HOM IS NIKS ONMOONTLIK!!!

Nettie ·

@Chanty – moenie mense aanval wie jy van g’n Adamskant af ken nie. Dit is swak maniere. Jou God is ook my God, Chanty. Maar God is nie die “God Fairy Mother [Father?]” wat mense Hom wil uitmaak nie. Ons is so geneig om te sê “My God sal dit, dat, dié of daai doen”.

Terwyl dit goed is dat ons in Ons Here se vermoë glo, moet ons onsself nie blindstaar teen die feit dat ons in ‘n wrede wêreld leef, waar mense gebore word, siek word en doodgaan nie. Ek dink ook, as ek ‘n Ma was, sou ek met alles in my, veg om my kind se lewe te spaar. Die feit bly staan egter: dié kind hét geen lewe nie; masjiene ‘leef’ vir hom.

Prediker 3 is hier van toepassing: “Daar is ‘n tyd om te kom en daar is ‘n tyd om te gaan”.

Minx ·

Ek het ook ‘n gestremde kind gehad wat van tyd tot tyd afhanklik was van ‘n ventilator en sy het ‘n permanente traggie gehad maar sy kon loop praat eet bad en alles doen tot sy weer na ‘n sewende keer met long ontsekking in die hospitaal ‘n bakterie opgetel het tot op ‘n dag voor haar dood het sy nog met my gekomunikeer sy was in Steve Biko en hulle het die monitor nie dopgehou nie. Sy het elke keer geveg en was van die masjiene af as sy af was het dit moeilik gegaan want aan die traggie was sy op ‘n suurstof masjien, die gevolg is daar was altyd ‘n probleem as die krag afgaan word sy pot blou sy was die rede vir my lewe ek het saans nie geslaap nie en die hele tyd die masjien en die traggie dopgehou ek was geseen om haar tot 25 te kon versorg en lief he nadat dokters gereken het sy sal nie eens 5 maak nie. Na haar dood was daar ‘n vrou wat vir my gese het as ek meer verantwoordelik was sou sy nog geleef het mag die Here hierdie vrou genadig wees want in my vermoe was het ek gedoen al neem die kleinding se ouers wat se besluit ook al daar sal altyd mense wees wat vewyte rond goei. Om in iemand anders se skoene te loop is nie ‘n maklike ding nie.

Chanel ·

Ai dis vreeslik hartseer.Ek weet mens bly hoop. 14 Jaar terug moes ek die besluit maak om my een tweeling te laat sterf sodat haar sussie kon oorleef. Hulle is albei op 29 weke gebore kleinsus was maar 680g en weens haar gewig mag sy nie aan masjiene gekoppel word nie. Glo dit of nie sy oorleef en na drie maande is sy by die huis. Op 2 jarige ouderdom raak sy vreeslik siek en kry long, hart en lewer versaking en is gekoppel aan masjiene. Ongelukkig staan ons weer voor die besluit om die masjiene af te sit, wonderbaarlik baklei sy ook nadat die masjiene af gesit is en stap 6 weke later uit die hospitaal as normale kleuter met `n leer probleem vandag. Ek glo en vertrou wonderwerke gebeur nog, op 6 jarige ouderdom word daar vir ons gesê ander sus het `n nier wat nie funksioneer nie en sy gaan op `n staduim dalk `n nier oorplanting moet kry. Toetse word gedoen en die enigste geskukte skenker is klein sus wat normale niere het, maar lewer, hart en long versaking het van 2 jarige ouderdom. Waar daar `n wil is, is daar `n wonderwerk. Sterkte aan die ouers en gee als in die Here se hande, hy weet wat is die plan.

Onnodige lyding ·

Dis baie hartseer…. Maar waarom jou kind aan die lewe hou met masjiene. Laat hom gaan. Hy gaan na Jesus toe. Hy is ieg dood, dis masjiene wat hom aan die lewe hou.
Daar is baie debatte oor genadedood. En dat net die Here n lewe mag neem, maar is hierdie nie die ander kant van die minstuk nie? Die Here het besluit, tog wil die MENS nou ingryp met masjiene….

Janine ·

Ag twak! Waar is jou mediese bewyse en/of navorsing? Hemel, mense moet tog ophou op die waentjie spring as hul nie eens hul eie navorsing kan doen nie.

TANIA MAREE ·

JA,NIKS IS BY GOD ONMOONTLIK NIE-! GOD WIL HE JY MOET ALLEENLIK OP HOM VERTROU-BLY BID-BLY BID-GOD IS GROOT EN ALMAGTIG-ENIGE IETS IS MOONTLIK BY GOD- GOD HET DAN BLINDES LAAT SIEN! MOET NOOIT OPGEE NIE-GOD WEET WAARDEUR JY GAAN!! GOD KAN WONDERWERKE LAAT GEBEUR-ONS LOOF EN EER EN PRYS ONS VADER EN DANK HOM VOORUIT-ALLE EER KOM DIE VADER IN DI HEMEL TOE-MAG NET U WIL LAAT GESKIED VADER!!!!!MAG NET U WIL LAAT GESKIED!!!!DANKIE VADER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.