Hof red Kruis van Ground Zero

Die Kruis van Ground Zero Foto: Melanie Stetson Freeman, The Christian Science Monitor

Die Kruis van Ground Zero Foto: Melanie Stetson Freeman, The Christian Science Monitor

‘n Appèlhof in New York het ‘n aansoek deur die organisasie American Atheist, van die hand gewys om die bekende Kruis van Ground Zero te verwyder.

Die kruis was oorspronklik ‘n deel van die konstruksiestruktuur van die Wêreldhandelsentrum wat op 11 September 2001 deur Al Kaïda se aanvalle op die VSA vernietig is. Dié stuk het in die vorm van ‘n Latynse kruis gebreek, en is deur reddingswerkers as simbool van hoop en lewe uit die puin gehaal. Dit is hierna as kruis voor die ramptoneel opgerig.

Intussen is besluit om die kruis in die museum ter herinnering van die tragedie te plaas. Atheist America, wat kruis en dwars deur die VSA ‘n aanslag teen Christelike simbole loods, het die hof genader en geargumenteer die kruis verteenwoordig die voortrek van die Christelike godsdiens bo ateïsme, en sou dus ‘n grondwetlike skending van geloofsvryheid wees.

Die hof het egter onder meer bevind dat die grondwet nie geskryf is om alle historiese verwysings na godsdiens te verbied nie.

Klik hier om die volledige artikel in die Christian Science Monitor te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VerVanRyn ·

Ag ja, die dwase sal geraas maak. Bly hulle is gestil vir nou.

AmY ·

Dis baie dwaas van die athieste. Hulle het die ronde verloor. Jammer, maar God is sterker as Satan.

Hulle weet die feit dat die stuk metaal in die vorm van ‘n kruis gebreek het, is ‘n bewys dat Gog wel op daai verskriklike dag daar was toe die aanvalle gebeur het.

MM Wiese ·

Obamanation het in n toespraak gese “this is not a Christian nation anymore”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.