Hof sê oor Madonna wat nog kinders wil aanneem

Madonna en haar kinders, David en Mercy (Foto: Facbeook)

Madonna en twee van haar kinders, David en Mercy (Foto: Facbeook)

Die gewilde Amerikaanse sangeres Madonna het weer haar gesin uitgebrei nadat sy onlangs twee jong Malawiese meisies aangeneem het.

Die sangeres, wat voorheen ontken het dat sy Malawi besoek met die oog daarop om meer kinders aan te neem, het Dinsdag amptelik toestemming van die Malawiese hooggeregshof gekry om die vierjarige tweelingsussies, Stella en Esther, aan te neem.

Mlenga Mvula, ʼn justisiewoordvoerder, het bevestig ʼn aannemingsbevel is aan Madonna uitgereik.

Dié tweeling word aangeneem uit die Home of Hope-kinderhuis in Mchinji, naby die grens met Zambië.

Die hooggeregshof het gesê dié besluit is geneem met die voorwaarde dat die sangeres die kinders ʼn standvastige en veilige huis gee.

Dominic Misomale, ʼn regerings-aangestelde voog, gaan saam met haar na Amerika terugkeer om terugvoer aan die hooggeregshof te gee.

Die sangeres het ook vier ander kinders – twee aangenome kinders, David Banda en Mercy James, haar seun Rocco, uit haar huwelik met Guy Ritchie, en Lourdes, uit ʼn vorige verhouding.

Madonna het ook ʼn nie-winsgewende organisasie in die land, Raising Malawi, wat minderbevoorregtes bemagtig en bystaan.

Bron: The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

lettie ·

Ai ek hoop net sy is n goeie voorbeeld vir haar kinders. Taamlike onsmaaklike fotos’ s het al in media verskyn. Sy haat dwelms, darem n pluspunt.

Lollipop ·

Wonder hoeveel ouerlose kinders sit in haar eie land wat sy kon aanneem? Darem vreemd hoe Afrika die bekende mense altyd so trek .. terwyl daar hordes Amerikaanse wesies is wat net so graag deur MADONNA aangeneem sou wou word, maar ja . dit trek dan seker nie genoeg aandag nie.

m ·

Stem nogals saam jou Lollipop. Jy kry baie meer aandag as jy kinders van Afrika aanneem.

E.K. ·

As sy regtig ‘n verskil wil maak sal sy geboortebeperking baie meer “push” hier in Afrika. Die oplossing is nie een of twee kinders aanneem nie maar die mense duidelik laat verstaan dat daar beperkte hulpbronne is vir die mens wêreldwyd. Malawi het droogte gehad en die Landerye het ook onder die kommandowurms deurgeloop. Maak hul liefs verstaan dat hul minder kinders MOET hê, dat hulle nie eers hulself kan voed wat nog te sê spul kinders, daar is ampers geen werk in hulle land nie, so doen dit en DAN maak jy ‘n verskil!

Lynn ·

Gaan google Rocco Ritchie (Madonna se seun) – Jul gaan verras wees. Bly nie eens by haar nie. En dis maar net een ding.

Alida ·

Sy kan hier in SA die talle babas wat op die ashope weggegooi word gerus aanneem en haar landsgenote aanmoedig om dieselfde te doen. Daar is hulle tenminste verseker van goeie versorging en uitstekende skoolopleiding.

Alida ·

O ja ek het vergeet van uitstekende Gesondheidsdienste. In SA laat hulle die mense doodgaan.

LMF ·

Ek dink sy is bang sy verdwyn van die radar af nou is sy desperaat en shame neem n 2ling aan en wat van derduisende wat honger agterbly sy dink om MA te wees is om magies vol te hou toe nie sy moet passop as Trump hiervan uitvind

RuikLont ·

Soek ‘n bietjie inligting op YouTube oor Pizzagate… Dan begin mens dalk meer verstaan van wat agter al hier sg aannemings vd bekendes sit. Koop hul in. Wees gewaarsku: jul gaan nie hou van wat jul sien nie. ??

kerneels ·

Laat die vrou dit tog doen – sy het genoeg geld om hulle lewens daadwerklik te verbeter. Ek wens sy wil my aanneem …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.