Hof sê oor Trump-reisverbod

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

’n Federale appèlhof het Donderdag beslis oor pres. Donald Trump se besluit om tydelik mense van sewe Moslemlande toegang tot die VSA te weier.

Die appèlhof het bevind die vroeëre bevel deur ʼn ander hof om die verbod op te skort moet ingestel bly. Die beslissing is ʼn oorwinning vir die deelstate van Washington en Minnesota wat geweier het om aan Trump se verbod gehoor te gee.

Die saak gaan egter voort. Trump het ná die uitspraak op Twitter gesê: “SEE YOU IN COURT.” Trump se verbod verhoed reisigers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen om vir 90 dae na Amerika te kan reis. Vir vlugtelinge is die tydperk 120 dae.

Die hof se beslissing beteken egter reisigers van die bogenoemde lande en vlugtelinge kan steeds die VSA binnegaan. Trump se administrasie het nou 14 dae om die hof te vra om die beslissing te heroorweeg. Hulle kan ook tot Amerika se hoogste federale hof appelleer.

Trump se verbod het wydverspreide protesaksies oor die VSA tot gevolg gehad.

ʼn Paneel van drie regters het Dinsdag August E Flentje, ʼn spesiale verteenwoordiger van die assistent-prokureur-generaal van die VSA namens die Trump-administrasie ondervra. Noah G Purcell, die prokureur-generaal van Washington, is ook namens die deelstate van Washington en Minnesota ondervra.

Flentje het benadruk dat dit binne die president se mag lê om buitelanders toegang te weier op grond van nasionale veiligheidsredes. Die regters het hom gevra om bewyse voor die hof te lê dat diegene wat toegang geweier word met terreur verbind kan word.

Purcell het ook onder vrae deurgeloop oor Washington en Minnesota se weiering om aan Trump se besluit gehoor te gee. Hy het aangevoer die verbod is ongrondwetlik aangesien dit mense met ʼn spesifieke geloofsoortuiging teiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JC ·

Verras my nie, ek het dit verwag van die “liberale” 9th Circuit Court. Wat ‘n grap, nou word die Howe van die VSA ook ‘n bespotting. Ek glo op die ou einde gaan die Hoe Hof die opskorting ophef as ongrondwetlik as synde ‘n oortreding van ‘n “Hof” op die ekslusiewe terrein van die President. Die “Hof” “overreach” dus en in terme van die skeiding van mag beginsel en hierdie sg. “9th Circuit Court” is besig om in te meng in die besigheid van die uitvoerende gesag. Voeg daarby dat die president van die VSA uitsluitlik in ‘n posisie is EN NIE die hof nie, om oor sulke aspekte te besluit aangesien hy kennis dra van die veiligheidsposisie v/d VSA deur middel van sekuriteitsadviseurs en NIE die hof nie. My aarde, die “liberaliste” het lykmy al tot die howe ingedring. Wat verder pla, is dat die “Hof” sonder regverdiging die opskorting van pas maak op al die state en dus namens hulle probeer praat terwyl dit eintlik net van toepassing op Washington en Minnesota moet wees. Soos Pres. Trump gese het “SEE YOU IN COURT”

Johann ·

Ek stem saam met JC. Liberaliste en humaniste is ons groot probleem. Die Engelse se “charity begins at home”. Kyk na jou eie mense eerste.

Nico K ·

Ek stem glad nie saam met julle nie. In die VSA kan presidente nie maak soos hulle wil nie. Daar het howe nog gesag. Maar as ‘n hof in SA ons president teengaan dan sal julle seker ook sê dis verkeerd.

JC ·

Nico K, mag ek vra: is jy ‘n regsgeleerde, of dra jy dalk kennis van die regsbeginsels wat ter sprake is?

gatiep ·

Ongelooflik oubama het 4 van daai 7 lande uitmekaar gebom en die hof was tevrede daarmee.Dit lyk of die hof wil he isis moet die land inkom.Ek sal daai hof glad nie kan vertrou nie.

Melt Olckers ·

Trump is ‘n gevaarlike persoon wat so vinnig as moontlik uit sy pos verwyder moet word, soos wat met Nixon gebeur het. Trump is onstabiel en sy bromance met Poetin is glad nie goed nie. Hy praat dan Poetin se menseregte skendings goed. Dit is ook duidelik dat Trump self menseregte skending beplan.

gatiep ·

Melt gaan luister weer mooi wat Trump gese het.
Daar is klomp moordenaars in die US goverment ook dis wat hy gese het.Moenie CNN se stories glo nie hulle is meesters daarin om mense verkeerd te beinvloed.Hulle speel net die stukkies wat hulle wil he jy moet hoor en dan vorm hulle n teenoorgestelde opienie van dit.Kyk eerder onafhanklikke nuus en die lig sal aankom vir jou.Glo my as ek jou se Putin is nie n monster nie hy is net bekomerd oor sy mense se toekoms.Net soos ons ook moet wees? daar gaan nou baie vinnige veranderinge in wereld kom jy sal moet reg gryp ou maat.

Pietman ·

Peilings wys die meerderheid europiërs steun ‘n verbod op moslem immigrasie en meerderheid Amerikaners steun Trump se tydelike verbod vir daardie lande. Trump is dus net so “onstabiel” soos die gemiddelde westerling. Trump het nog nooit Putin se “menseregte skendings” indien daar ooit skendings was, goedgepraat nie.Het net uitgewys dat die VSA in die verlede nie onskuldig was nie. Die media druk Trump om nou al ‘n posisie in te neem teenoor of vir Putin. Trump wil eers die nodige inligting hê.

Wynand Kruger ·

jy weet nie waarvan jy praat nie. Hy wil bloot die amerikaners beskerm teen moslems, mexikane en Afrikane. Almal het bewys hulle is twyfel agtige mense

JC ·

Die “Hof” se optrede is dus totaal en al ongevraagd en ongeregverdig.
Dit is ‘n baie platoniese argument, maar indien daar nou ‘n terreuraanval moet plaasvind in die VSA, gaan die onafhanklikheid en die mag van die “howe” in gedrang kom, maw. hoeveel magte hul hulself kan aanmatig. Die regters dink ek fouteer en misluk dus klaaglik om die grondwetlike beginsels te onderhou en beskerm. Hul optrede is besig om ‘n gevaarlike presedent te skep.

John ·

Obama het reeds die ‘damwal’ gesaboteer. Daar is nou geen keer meer aan die vloed nie, maar hierna moet die VSA se mense, wat nou so skree, nie kla dat Trump nie probeer het nie…

Paul ·

Obama het meer mense uit die VSA gedeporteer as enige ander president voor hom.

Hannetjie ·

He’ll ek weet nie wie ergste is Trump of hierdie klomp narre hier nie

JC ·

Die Hof is duidelik buite orde en “overreach” : hoe kan jy die Amerikaanse grondwet ekstra- territoriale werking gee, m.a.w. ekstra-soewereine beskerming aan persone wat nie binne die grondgebied v/d VSA is nie? Eis die VSA nou soewereiniteit oor die hele wereld? Kan nie glo dat ‘n Hof sulke blatante regsdwalinge kan begaan nie. Dit is wat die Hof besig is om te doen. Dus eis die “9th Circuit” Kaliforniese liberale Hof nou wereld jurisduksie en nie VSA territoriale jursiduksie nie. Die werklike belang (locus standi) van Minnesota en Washington state in die saak is ook te betwyfel, welke die hof nie eers aandag aan gegee het.

Paul ·

Het jy die uitspraak gelees?

Hulle verduidelik spesifiek hierdie punt om aan te toon waarom dit nie rus op regte van ekstra-territoriale persone nie. Op bladsy 23. Die voorbeeld van ‘n vroeëre saak wat hulle aanhaal, is waar daar bevind is dat Amerikaanse eggenote van mense buite Amerika ‘n belang het in die saak van hul buitelandse eggenote se verkryging van visums.
Daar is ook ‘n verdere deel, vanaf bladsy 26 van die uitspraak, wat met ‘n ander rede te make het vir ‘n soortgelyke beginsel.

Die uitspraak wy vyf volle bladsye aan die “standing” van Minnesota en Washington. Jy kan dalk met die argumente in daardie vyf bladsye verskil, maar dis nie waar om te sê dat die hof nie eers aandag daaraan gegee het nie.

JC ·

Dankie Paul, die saak waarna jy verwys is duidelik onderskeibaar as gevolg van die feit dat die visum aansoeker(s) reeds oor ‘n teenswoordige eggenote beskik in die VSA. Natuurlik sal die eggenote van die visum aansoeker ‘n belang he. Ons het hier te doen met persone wat oor visums mag beskik( of nie), maar wat as gevolg van die feit dat hulle nie teenwoordig is in die VSA, nie mag/kan aanspraak maak op regte in die Amerikaanse Grondwet nie, en klaar. Daar kan nie verby die punt gekom word nie, want dit is so goed dat die hele doel van grensbeheer en soewereiniteit van nasiestate aan bande gele word. Wat is dan die doel daarvan, dan kan daar net sowel oop grense wees? Die doel van die opskorting van die verbod maak net nie sin nie. Dit gaan OOK NIE oor die verkryging van visums, nie MAAR of persone(visumhouers) van die verbode lande VSA grondgebied mag binnegaan of nie agv die potensiele gevaar van terrorisme.

Paul ·

So jy het nie die uitspraak gelees nie… Gaan lees dit, en lewer dan kommentaar. Hoe kan jy met sulke uiterste selfversekerdheid gevul wees om iets te kritiseer wat jy nie gelees het nie?
“Ek weet nie wat my teenstander se argument is nie, maar ek verskil daarvan!!!”

Die punt wat jy noem, dat daar mense is met geen huidige bande binne die VSA nie, het die hof ook toegegee. Maar daar is ‘n verdere aspek daaraan wat meeste mense blykbaar mis. Persone binne die VSA kan ‘n belang hê by die uitreiking van visums aan mense wat geen direkte familiebande binne die VSA het nie. Weereens – lees die uitspraak. Die hof gebruik onder andere die voorbeeld van mense wat reeds planne gemaak het om ‘n VSA universiteit as sprekers te besoek, maar nog nie vir visums aansoek gedoen het nie. Die VSA universiteit het dan die “standing” in so ‘n saak, selfs al is die buitelandse persoon nog nie direk verbind nie. Dis in ‘n saak uit 1976 so vasgestel.

Die hof het ook nie gesê dat die hele bevel foutief is nie, maar het juis besluit nie die bevel te herskryf nie, iets wat juis in VSA regspresedent ongehoord is en “overreach” sou wees.

Ek haal net die uitspraak aan. Hierdie is nie my opinies nie, dis wat die hof gesê het. Mens moet darem weet wat iemand anders gesê het voor jy daaroor kan argumenteer. Die uitspraak is opelik aanlyn beskikbaar. Gaan lees dit eerstehands. Aandagtig.

Joe Hall ·

Dankie Paul
MY kommentaar oor die foutiewe afleidings wat gemaak word, is vroeër summier verwyder. Gelukkig het jy dit beter as wat ek dit sou kon doen, reg gestel.

JC ·

Het die saak nou gelees, dit blyk my meer te handel oor wettige visumhouers/inwoners/studente wat die VSA wil her-binnegaan. M.a.w. hulle het wettige verblyf- of studieregte, albeit tydelik van aard. Ek dink egter nog steeds die interdik is onnodig OMREDE die President se reisverbod/toegangsverbod duidelik stipuleer dat uitsonderings gemaak kan word wanneer dit in die nasionale belang is. Wat het dus die twee state van Washington en Minnesota verhoed om so ‘n aansoek om vrystelling te doen vir sekere persone? Dus dink ek nog steeds die regters “overreach”.

JC ·

Mmm…ek het geargumenteer uit beginsel uit, voordat ek die uitspraak gelees het ;-)
Ek dink wat die saak vir die State ook gewen het, omrede die saak klaarblyklik oor persone handel wat teenwoordig was, en tydelik nie is nie; binne die territoriaal soewereine gebied van die VSA; was die “due process” beginsel en die argument dat hulle beslis grondwetlik gesien geregtig is daarop, (“due process”) wat ek mee saamstem. Die punt is dat persone wat afkomstig is van die 7 gelyste lande nie geregtig is op outomatiese goedkeuring van visum aansoeke en intrede tot die VSA nie, en dat die faktor dat hulle van die lande afkomstig is wat deur obama geoormerk is as om dreigemente in te hou agv terrorisme, in oorweging gebring moet word vir afkeuring en andersom. DIE mag (oorweging van visumaansoeke en die oorweging van of die persoon ‘n dreigement stel tot nasionale sekuriteit agv radikalisme) le goddank nog steeds by die uitvoerende gesag (die president en die immigrasie dep/beheer) en nie by die Howe nie, want die howe=wetgewende en NIE uitvoerende mag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.