Hof sê oor Zim-verkiesing

Zimbabwiese Verkiesingskommisie (ZEC) Foto: Matthews Baloyi, ANA

Zimbabwe se konstitusionele hof het Vrydag uitspraak gelewer oor die opposisieparty se aansoek om die uitslag van verlede maand se presidensiële verkiesing te betwis.

Die regspanne van die regerende Zanu PF en die opposisie, die MDC-Alliansie, het Woensdag hul onderskeie sake in die hof gestel, met die opposisie wat aanvoer die verkiesingsuitslae is gekook sodat Emmerson Mnangagwa as wenner uit die presidensiële stryd kon tree.

Die MDC-Alliansie het onder meer aangevoer dat 16 stempunte identiese uitslae gehad het “wat daarop dui dat die uitslae gedokter is”, asook dat ʼn verkiesingsbeampte by een van die stempunte weggejaag is toe sy wou kyk hoe die stemme getel word.

Hoofregter Malaba het teen 15:15 met sy uitspraak begin en gesê dit was ʼn eenparige besluit. Die regters het die MDC-Alliansie met koste van die hand gewys. Die hof het Mnangagwa as verkose president van Zimbabwe verklaar. Malaba het gesê volledige redes sal in die uitspraak bekend gemaak word.

Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZEC) het verlede maand na afloop van die verkiesing aangekondig dat Mnangagwa 50,8% van die stemme getrek het terwyl Chamisa 44,3% van die stemme ontvang het.

Dit was die eerste verkiesing in die land nadat Mugabe in November onder militêre druk uitgetree het. Talle Zimbabwiërs het gehoop die vreedsame stemmery sal ʼn nuwe era vir Zimbabwe beteken, maar minstens ses persone is twee dae later dood toe die weermag die hoofstad bestorm het om betogers van opposisiepartye te verjaag.

Die konflik wat na afloop van die verkiesing tussen Mnangagwa en Chiwenga ontstaan het, skets ʼn duidelike prentjie van die magstryd wat steeds in dié Afrika-land voortduur en Zimbabwe se toekoms kan bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vaalknapie ·

Zimbabwe, business as usual. Other than the faces there is nothing new.

Ellisras ·

.niemand. Maar niemand wat verstand het sou gedink het dit sou anders wees. Korrup en skelm tot op die been.

jaco ·

met tussen 5 en 6 miljoen Zimbabwiërs perrmanent BUITE Zimbabvwe, het die MDC nou regtig gedink hulle gaan die verkiesing wen???

Gemaskerde Sopbeen ·

As Zim se populasie ongeveer 16 miljoen is………maar ‘n derde daarvan is BUITE Zim….hoe verteenwoordig 50,8% van die “stemme” dan ‘n meerderheid? Die sogenaamde “demokrasie” darem………..dit werk net eenvoudig nie vir Afrika nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.