Hof verwerp man se verweer dat hy leef

Constantin Reliu (Foto: Simona Voicu/Adevarul via AP)

ʼn Hof in Roemenië het ʼn man se verweer, dat hy leef, verwerp nadat hy amptelik as dood geregistreer is.

ʼn Woordvoerder vir die hof het Vrydag gesê die 63-jarige Constantin Reliu het sy saak in Vasului verloor omdat hy te laat appèl aangeteken het. Die beslissing is finaal.

Volgens mediaberigte is Reliu in 1992 na Turkye om daar te gaan werk en het kontak verloor met sy familie in Roemenië. Sy vrou het, nadat sy niks van hom gehoor het nie, in 2016 ʼn sterftesertifikaat vir hom bekom.

Turkse owerhede het Reliu hierdie jaar opgespoor en bevind dat sy dokumente verval het. Hy is gedeporteer. Toe hy egter in Roemenië opgedaag het, het hy ontdek hy is dood verklaar.

“Ek is amptelik dood, alhoewel ek leef. Ek het geen inkomste nie, en omdat ek as dood geregistreer is, kan ek niks doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Drieks ·

Kom Suid Afrika toe, daar is werk vir jou in ons parlement.

Wonder ·

Wonder wat sal gebeur as hy byv. ‘n verkeersoortreding begaan. Jy kan mos nie ‘n kaartjie uitskryf vir ‘n dooie?

zoom zoom ·

99% van SA se staatsdiens werkers volg om sy voetspore.

chris ·

HAHAHA stem 100% met jou saam, al probleem is hulle het werk al is hulle dood

Cherokee ·

24 Jaar nadat hy sy vrou verlaat het en julle grap daaroor. Goeie beslissing. Ek hoop sy score pensioen namens hom.

Johnnie ·

Hy kan die ANC of die EFF join, hulle top struktuur is vol sulke mense.

christa ·

mooi so Hy’t ngekry wat hy verdien het. Hy los sy vrou sonder om haar in 20 jaar nooit te kontak nie.

chris ·

dalk het hy n rede gehad om haar nooit te kontak, ek voel so oor my eks

GM ·

Dalk het hy sy vrou met niks agtergelaat toe hy net verdwyn het nie, nou draai die wiel. Of dalk was die vrou aspris omdat hy haar verlaat het. Mens weet nooit. Hopelik kom die man iewers reg.

Justice ·

Hy kan dalk `n goeie salaris in `n spookhuis bekom – hy beskik letterlik en figuurlik oor die nodige kwalifikasies.

Casper Labuschagne ·

Reëls, reëls, reëls. Die een ding wat ek die meeste van die superrykes beny is dat hulle in staat is om hul eie reëls te maak. Maar diegene van ons wat nie ryk is nie, sal gebuk onder die reëls leef wat ander gemaak het, al sê daardie reëls dat jy dood is terwyl jy werklik nog leef.

Nefie ·

Vir ‘n oomblik kan mens glimlag dat iets meer belaglik in ‘n ander land gebeur.

MAGGIE ·

Moet se van die kommentaar is nogal skerp!! Ons sal nooit weet hoekom hy sy vrou nooit in 24 jaar gekontak het nie. Dit is ‘n verdomde lang tyd en as mens niks hoor nie dan neem jy seker aan hy is oorlede. Sover ek weet kan jy nie net aansoek doen om iemand dood te verklaar en jy kry dit 1,2,3 nie. Hulle probeer eers die persoon opspoor.Miskien het iemand nie hard genoeg gesoek nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.