ʼn Hof in Roemenië het ʼn man se verweer, dat hy leef, verwerp nadat hy amptelik as dood geregistreer is.
ʼn Woordvoerder vir die hof het Vrydag gesê die 63-jarige Constantin Reliu het sy saak in Vasului verloor omdat hy te laat appèl aangeteken het. Die beslissing is finaal.
Volgens mediaberigte is Reliu in 1992 na Turkye om daar te gaan werk en het kontak verloor met sy familie in Roemenië. Sy vrou het, nadat sy niks van hom gehoor het nie, in 2016 ʼn sterftesertifikaat vir hom bekom.
Turkse owerhede het Reliu hierdie jaar opgespoor en bevind dat sy dokumente verval het. Hy is gedeporteer. Toe hy egter in Roemenië opgedaag het, het hy ontdek hy is dood verklaar.
“Ek is amptelik dood, alhoewel ek leef. Ek het geen inkomste nie, en omdat ek as dood geregistreer is, kan ek niks doen nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Kom Suid Afrika toe, daar is werk vir jou in ons parlement.
Hahahaha stem saam goed gese
Daar is altyd iemand met erger probleme.
Wonder wat sal gebeur as hy byv. ‘n verkeersoortreding begaan. Jy kan mos nie ‘n kaartjie uitskryf vir ‘n dooie?
99% van SA se staatsdiens werkers volg om sy voetspore.