Hofbevel vir ontruiming van grootste protesbasis in Hongkong

Die betogings in Hongkong. Foto: Facebook

Die betogings in Hongkong. Foto: Facebook

Die grootste basis van die pro-demokrasiebetogers in Hongkong moet teen Donderdag ontruim word, nadat ‘n busmaatskappy ’n hofbevel daarvoor verkry het.

Die busmaatskappy het in sy hofstukke aangevoer dat die betogers sy sakebedrywighede ontwrig, en hy dus skade ly.

Na berig word, gee die polisie in Hongkong hul volle samewerking vir die ontruimingsaksie. Betogers voer nou al maande lank ’n stryd nadat China woord verbreek het dat die verkiesing van 2017 demokraties sou wees. Die parlementsgebou is onder meer bestorm en binnegedring.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine ·

So, dit gaan maar wereld wyd soos in SA!
Betoog, bestorm, plunder!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.