Hofsaak dreig oor prins Philip se testament

Prins Philip. (Foto: Adrian Dennis, AFP)

Die Britse koerant The Guardian het Maandag gesê hy het toestemming om verlof tot appèl gekry oor ʼn besluit wat die media by ʼn verhoor oor prins Philip, die ontslape man van koningin Elizabeth II, se testament verbied het.

ʼn Regter van die hooggeregshof het in September verlede jaar beslis prins Philip se testament moet vir 90 jaar verseël bly, om die privaatheid van sy weduwee en ander koninklikes te beskerm.

Dié verhoor is privaat gehou en media‑instansies is nie toegelaat om dit by te woon nie.

Meer as 30 lede van die Britse koninklike familie het sedert 1910 suksesvol aansoek gedoen dat hulle testamente privaat bly, het die koerant gesê.

The Guardian het gesê ʼn regter van die appèlhof het toestemming verleen dat regsaksie teen die prokureur-generaal, wat die regering se hoofregsbeampte is, en die koningin se privaat prokureurs geneem word.

Regter Eleanor King het gesê daar is “’n goeie vooruitsig” dat die koerant se aansoek sal slaag om te betwis dat die oorspronklike regter “’n regsfout” begaan het deur die media te verbied om die verhoor oor prins Philip se testament by te woon.

Die dagblad het gesê sy uitdaging sal “die aandag vestig op die geheimhouding oor ’n obskure vrystelling wat aan die koninklike familie toegestaan ​​is” oor testamente.

Anders as vir gewone lede van die publiek, word die testamente van die Windsor-familie geheim gehou na hul afsterwe.

Prins Philip, ook bekend as die hertog van Edinburgh, is in April verlede jaar dood ná ʼn maand in die hospitaal, slegs weke voor sy 100ste verjaardag.

Hy en die koningin was 73 jaar lank getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AndrewL ·

Nou wat wil die media doen met die inligting? Dit verkoop, sensasionaliseer, verdraai, voorblad stories opmaak?

Gun tog die mense ‘n mate van privaatheid.

Gert ·

Dis juis die ding die media wil sy neus indruk waar dit nie hoort nie. Net omdat hy die Queen se man is moet al sy private sake aan die klok gehang word sodat almal kan sien wat aangaan met iets wat niks met die publiek uit te waai het nie.

Johanna ·

Hoe op aarde hou mens n Testament vir 90 jaar verseel?
Wie van hulle klomp gaan nog lewe na 90 jaar. SHAME♤

JohanR ·

Nou is daar bewys dat die Britse koerante is gemors! Wat wil julle soe graag sien?

Jr ·

Wat het die koerant met dit te doen. Absoluut niks. Los hulle uit man en gaan aan met julle lieg stories

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.