Hofsaak kom oor Grace Mugabe se Hongkongse villa

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

ʼn Villa ter waarde van £4 miljoen in Hongkong is die onderwerp van bemiddeling tussen regspanne van die Zimbabwiese regering en ’n Suid-Afrikaans gebore Taiwannees wat daarop aanspraak maak dat die villa eintlik sy eiendom is.

Die villa is aanvanklik, na berig word, deur Grace Mugabe aangekoop, maar later is beweer dat dit die eiendom van die Zimbabwiese regering is. Toe vasgestel is dat Grace se dogter, Bona Mugabe, in die huis woon terwyl sy in Hongkong studeer, is verduidelik dat sy die huis net “leen”.

Hsieh Ping Sung, beter bekend as Jack Ping, was aanvanklik goed bevriend met die Mugabes, en hy het verskeie van Grace se projekte gefinansier, waaronder die melkery op ’n plaas wat by ’n wit boer afgeneem is.

Dié verhouding het later versuur, waarop Ping op Zimbabwe se versoek in Suid-Afrika in hegtenis geneem is.

Die volledige berig kan gelees word in The Telegraph.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SI ·

Ag lekker man … meng jou met die semels dan vreet die varke jou op

Pieter dP ·

Gedink hy weet hoe werk n kop van n nie blanke Afriekaner. Nou moet hy maar die gelag betaal.

MARTIN ·

Goeie ondervinding. Kom ons hoop sy maatjie en sy maatjie se uitverkose familie leer iets hieruit.
Glo my daai happy family se val is nader as wat hulle dink. Word wakker ou seun, jy was al een en negentig. Wie dink hy gaan na hulle kyk as hy vrek?
Sy vriende staan al klaar nie meer by hom nie.

MARTIN ·

Nou moet die mense wie hy so verniel en besteel, seker vir die hofsaak ook betaal.

Peet Schabort ·

Sy gesig op die foto lyk maar suur. Wonder of dit te doene het met die gesigte van wittes ook op die foto?

CHRISTA ·

Wys jou, tot Mugabe se dogter is ‘n plakker!!! Sy’t seker gedink sy kan in Hongkong ook net vat wat sy wil (eiendom) en daarmee wegkom, maar lyk my sy dop die toets!!!

Chrisjolus ·

Dit is nou die spreekwoordelike gesegde van die ou mense Hmmmm. Jy Pluk nou n Lat vir jou eie Gat ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.