Hofsaak oor Vlug MH17 uitgestel

Een van die grootste wrakstukke wat opgespoor is Foto: Phil Black, CNN

ʼn Hof in Nederland het die hofsaak oor Vlug MH17, wat in Julie 2014 met 298 persone aan boord neergestort het, tot later vanjaar uitgestel.

Die saakmateriaal beslaan ongeveer 36 000 bladsye en die saak is tot 8 Junie uitgestel sodat die verweerders voldoende tyd het om voor te berei.

Malaysia Airlines se Vlug MH17 het op pad van Amsterdam na Kuala Lumpur in die oorloggeteisterde Oekraïne neergestort. Meeste van die slagoffers was van Nederland.

Die vier verdagtes, Rusland se Igor Girkin, Sergei Dubinsky en Oleg Pulatov, en Leonid Kharchenko van Oekraïne, word in absentia verhoor.

ʼn Ondersoekspan van Nederland het die vier beskuldigdes met ʼn Buk-missielstelsel verbind, wat vermoedelik van Rusland na die konflikgebied vervoer is. Die ondersoekspan voer aan die missielstelsel is oorspronklik van die Russiese weermag en is gebruik om die Boeing 777 af te skiet. Hul plan was egter glo om ʼn weermagvliegtuig af te skiet.

Die Russiese regering ontken ten sterkste enige betrokkenheid in die voorval. Die land se departement van buitelandse sake het die hofsaak veroordeel en gesê die partye is skuldig bevind nog voor die saak begin het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.