Kerk beskerm asielsoekers met oneindige erediens

Die sogenaamde buurt-en-kerkhuis Bethel in Den Haag het op 26 Oktober met ’n deurlopende erediens begin sodat die owerheid nie ’n gesin – die ouers en drie kinders – van Armenië kan deporteer nie. Foto: Protestantse Kerk Den Haag

Predikante in ʼn Protestantse kapel in Den Haag wissel mekaar nou al langer as ʼn maand deurentyd tydens ʼn ononderbroke erediens af om te keer dat ʼn Armeense gesin asielsoekers gedeporteer word.

Die owerheid in Nederland mag ingevolge ʼn eeue oue tradisie nie ʼn kerk binnegegaan terwyl ʼn erediens aan die gang is nie, berig Fox News. Vir die Tamrazyn-gesin – pa, ma, twee dogters en ʼn seun – beteken dit hulle is veilig van die Nederlandse immigrasie-owerheid wat hulle terug Armenië toe wil stuur.

Al uitweg was om ʼn erediens te begin om dié gesin se lewe te red.

“Al uitweg was om ʼn erediens te begin om dié gesin se lewe te red,” sê Theo Hettema, voorsitter van die algemene kerkraad van die Protestantse Kerk van Den Haag, “maar ook om die aandag op die lot van kinders in soortgelyke omstandighede te vestig. Dis hartverskeurend. Ons het deernis gehad en goeie rede; daarom het ons geglo dis ons kerk se opdrag om so op te tree.”

Ondersteuners besoek die gesin terwyl die diens, wat op 26 Oktober begin het, aan die gang is en getuig van die toenemende simpatie met asielsoekers in sommige dele van die Nederlandse samelewing, wat eens bekend was vir sy verwelkomende houding, maar wat in die jongste jare na regs beweeg het.

In die jongste uitspraak van die land se hoogste hof is gelas hulle moet terug gaan na hul vaderland.

Die Tmarazyn-gesin woon al byna nege jaar in Nederland terwyl hul asielaansoek langsaam deur verskeie appèlaansoeke deur die howe vorder. Maar in die jongste uitspraak van die land se hoogste hof is gelas hulle moet terug gaan na hul vaderland, wat die Nederlandse regering as veilig beskou.

Terwyl die kinders voorheen skoolgegaan en die gesin deel van die Haagse gemeenskap geword het, bly hulle nou vasgekeer in die kerk, waar hulle soms na die erediens luister, vriende onthaal of kook en ander huishoudelike takies verrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Neutraal ·

Suid Afrka se grense is oop. Kom hierheen. Dink S.A sal nie eers weet julle is hier nie.

Wors ·

Ja my gesin sal enige tyd uitruil vir hulle gesin, die land kan nou maar gevat word, eks op vir die plek.

humor ·

Al het hul die voordeel dat die grense oop is, sal hulle nie kom nie want dit is al wereldwyd bekend dat jou lewe hier minder as n selfoon werd is.

jaco ·

so Christene wat nie bomme plant nie, moet gaan, maar Moslems wat bomme plant en weier om te assimileer, mag maar bly en bly en bly.

Johan Neuteman ·

Dit lyk na misbruik van kerk en erediens, wat tot eer van God en onderrig oor Sy weg en werk moet wees. Dis nie meer ‘n erediens as daar nominaal diens gehou word, maar mense gaan aan met kosmaak en kuier nie; en gee vir die skyn darem so nou en dan aandag aan die “erediens” nie. Die owerheid het die plig om die land te orden en rustig te hou en te besluit en doen oor immigrasie, die kerk moet die Woord verkondig. Daar kan vanuit die kerk van Christus natuurlik getuig word oor wat reg en verkeerd is by God, maar die kerk mag nie as ‘n obstruksiemiddel misbruik word nie; en veral nie om die begrip van “erediens”, wat aan God eer moet gee, nie vir menslike dispute misbruik moet word, so te verwring nie.

Agnes ·

Ek stem saam met Johan en wonder ook of hulle gesin hoegenaamd Christene is.

Isak ·

Chisten kerke is lankal nie deel van Christus se ligaam nie. Hulle is maar net politieke instumente in die mag vam s…

Wet ·

Om jou land te beskerm van ONWETTIGE immigrante is nie ‘n regse idee nie. Dit is wet!!

Saartjie ·

Johan Neuteman en Agnes
Moet Christene dan nie hul naaste lief hê soos hulself nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.