Hollywood-akteur, nog ʼn politikus kry verdagte pakkies

Die polisie staan voor die gebou wat deur Robert De Niro besit word. Foto: AP Photo/Mark Lennihan

Wetstoepassingsagentskappe in die VSA het bevestig dat daar ook verdagte pakkies aan ʼn voormalige adjunkpresident en ʼn Hollywood-akteur gestuur is.

Volgens berigte is ʼn verdagte pakkie wat aan die voormalige adjunkpresident Joe Biden gerig is by ʼn poskantoor in die deelstaat Delaware onderskep. Die pakkie is glo soortgelyk aan dié wat aan oudpres. Barack Obama en Hillary Clinton gestuur is.

Intussen het die bomeenheid in New York beslag gelê op ʼn verdagte pakkie wat aan die Hollywood-akteur Robert DeNiro gestuur is. Die pakkie was glo geadresseer aan ʼn adres in Manhattan waar die akteur ʼn restaurant en kantore besit. Veiligheidspersoneel by die perseel het die polisie Donderdagoggend ontbied.

Die bomeenheid het die verdagte pakkie van die toneel verwyder en verskeie strate is in die proses gesluit. Volgens ondersoekbeamptes blyk al die verdagte pakkies deur dieselfde persoon of persone gestuur te wees.

Polisiebeamptes by CNN se kantoor. Foto: AP Photo/Richard Drew

Talle verdagte pakkies, wat pypbomme en skerwe glas bevat, is die afgelope paar dae onderskep. Daar is ook pakkies gestuur aan CNN se kantoor in New York, die miljoenêr-filantroop George Soros en John Brennan, voormalige CIA-direkteur. Nie een van die toestelle het ontplof nie en niemand is beseer nie.

Pres. Donald Trump het intussen gesê baie van die “woede” in die samelewing word “veroorsaak deur doelbewuste vals en onakkurate verslaggewing deur die hoofstroommedia”.

In dié stadium wil dit lyk asof mense wat hewige kritiek teen Trump uitspreek die teikens is van die verdagte pakkies.

Polisiebeamptes by Hilary en Bill Clinton se eiendom. Foto: AP Photo/Seth Wenig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PJC ·

As ń mens na die persone wat geteiken word se doen en late van die verlede kyk asook die veragtelike manier waarop hulle hulle opposisie probeer ondergrawe dan is dit maklik om te verstaan dat daar mense sal wees wat hulle op hierdie manier probeer bykom.

Allan ·

Bolloks – nie eers my 5 jarige dogtertjie sal dit glo nie.

Gewone ou “vals vlag” operasies om Trump by te kom, net soos die “imigrante karavaan” wat oppad is Amerika toe.

Zumie ·

Allen – bly daar is darem ouens soos jy wat gou deur hierdie deursigtige truuk sien…

Twakkie ·

Kommentare op konserwatiewe media is dit oorwegend eens dat dit ‘n redelik onbeholpe poging is om juis Trump-ondersteuners in diskrediet te bring. Die “bomme” makeer almal belangrike onderdele, geeneen sover het of kan ontplof nie. Die retoriek wat met geweld dreig het die afgelope tyd uitsluitlik van linkse kant gekom, selfs van leiers soos Maxine Waters, en die Demokratiese Party is verskeurd tussen die openlik sosialistiese ver-linkses en die ouer garde. Hulle retoriek die afgelope tyd klink al meer desperaat om die “Trump train” te stop, en die duisende migrante op pad na die VSA-grens gee die Republikeine ‘n morele voorsprong. ‘n Mens kan net hoop daar is nie skermutselings op die grens wat sake vir die Republikeine besoedel nie. Of dat daar werklik ‘n Trump-teenstander sterf nie. Die linkse media sal dit dadelik aangryp, hoewel Republikeine dit waarskynlik steeds as ‘n linkse komplot sal beskou. Sedert Kavanaugh het Demokrate omtrent ewe veel geloofwaardigheid as die linkse media onder Trump-ondersteuners.

Charles ·

Die “demokratiese party”- lees sosialistiese party- se geveinsde optrede raak nou uiters belaglik- indien hulle dink “Die Mense” gaan val vir hierdie fopstorietjies het ek nuus vir hulle! Dit is uiters lagwekkend, en die aksies van ‘n hoogs onsekere party wat WEET hulle gaan die middeltermyn verkiesings verloor-BEIDE die Huis en Senaat.

‘n Party wat positief is dat hulle goed gaan doen, TREE NIE SO OP NIE.

#straight republican (red) ticket!!

Joe Olivier ·

Is De Niro dan nog in die VSA? Ou grootbek sou dan die land verlaat wanneer Pres Trump in bewind kom.

waarheid ·

Goie vraag Jo, daar was ‘n klomp wat die land sou verlaat het – maar lyk my hulle is nog almal daar, want dit gaan goed met hulle geldsake danksy Trump.
Daar is ook minder terroriste aanvalle – ook danksy Trump.

Leser ·

#Pieter, jy is reg!! Ek se ook so! Hulle doen dit om die aandag van iets anders af te trek…kyk bietjie mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.