Hollywood: ‘Dr. Phil’ groet na twee dekades op kassie

Dr. Phil McGraw. (Foto: Amy Sussman / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / AFP)

Ná twee dekades en 21 seisoene op die kassie, is die 72-jarige Phil MacGraw reg om sy wêreldbekende televisieprogram, Dr. Phil, vaarwel te roep.

MacGraw, wat ook aan die stuur van twee podsendingreekse is, was een van die voorlopers in dagtelevisie. Kort op die hakke van Disney se Live with Kelly and Ryan, trek Dr. Phil sowat twee miljoen kykers per episode.

MacGraw se tyd op TV het in die 1990’s begin toe hy gereeld as gas op die Oprah Winfrey Show gekuier het. Dit het gelei tot sy eie reeks wat in 2002 die kassie getref het.

“Ek is geseënd met meer as 25 jaar in dagtelevisie,” het MacGraw in ’n verklaring gesê.

“Met hierdie program kon ons duisende gaste en miljoene kykers deur alles van verslawing tot kinders grootmaak help. Hierdie was ’n ongelooflike hoofstuk in my lewe en loopbaan, en terwyl ek hier aanbeweeg, is daar nog so baie wat ek wil doen.”

Bykomende bronne: Vice

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerra ·

Sal hom nou glad nie mis.
Sien op sosiale media hy het een van die erg linkses geword wat die wat slegs 2 geslagte, gesonde huwelike en gesinne spreek wil bevraagteken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.