Hollywood heet toe Hollyweed

Foto: AP Photo/Damian Dovarganes

Foto: AP Photo/Damian Dovarganes

Die bekende Hollywood-teken in Los Angeles, Kalifornië het op Nuwejaarsdag vir ʼn wyle as “Hollyweed” gelees.

ʼn Poetsbakker het die twee o’s na twee e’s verander. Sers. Robert Payan, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die poetsbakker is op kringtelevisiekameras vasgevang en kan van betreding aangekla word. Volgens Payan het die verdagte oor ʼn heining geklim, teen die groot letters opgeklim en dit strategies met dekseile toegemaak.

Die poets hou moontlik verband met dagga wat in November verlede jaar in Kalifornië gewettig is. Dit geld egter eers van 1 Januarie 2018.

Dit is nie die eerste keer dat die ikoniese teken verander is nie. Op 1 Januarie 1976 het ʼn student ook die teken na “Hollyweed” verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.