Hollywood-legende in sop oor seksklagtes

Morgan Freeman. (Foto: Evan Agostini/Invision/AP)

Morgan Freeman. (Foto: Evan Agostini/Invision/AP)

Nóg ʼn Hollywood-legende word van seksuele wangedrag beskuldig – dié keer die Oscar-bekroonde akteur Morgan Freeman.

ʼn Storm het Donderdag rondom die 80-jarige akteur se kop losgebars toe 16 anonieme vroue, onder meer agt voormalige vrouekollegas en werknemers, hom van onvanpaste gedrag en seksuele teistering beskuldig het.

Dié nuus het bekend geword toe ʼn artikel, waarin die detail van die aantygings van Freeman se beweerde wangedrag uiteengesit is, deur CNN gepubliseer is.

Freeman, wat in 2005 met ʼn Oscar vereer is vir sy rol in die Clint Eastwood-fliek Million Dollar Baby, het egter nie die aantygings ontken nie.

The Daily Mail berig Freeman het om verskoning gevra en wou glo nie “enigiemand minag of ongemaklik maak” nie.

“Enigiemand wat my ken of wat al saam met my gewerk het, weet ek is nie iemand wat met opset iemand sal beledig of ongemaklik sal laat voel nie. Ek vra om verskoning vir enigiemand wat ek só laat voel het – dit was nie my bedoeling nie,” het Freeman luidens ʼn verklaring wat Donderdag uitgereik is, gesê.

Die skrywer van die CNN-artikel, Chloe Melas, is die enigste slagoffer wie se naam bekendgemaak is. Melas is ʼn verslaggewer by dié mediahuis en voer aan dat Freeman haar in 2017 tydens ʼn onderhoud “ryp” genoem het terwyl sy ses maande swanger was.

ʼn 25-jarige produksieassistent voer aan Freeman het in 2015 herhaaldelik haar romp probeer oplig om te sien of sy onderklere aan het tydens die verfilming van die fliek Going In Style. Freeman se mede-akteur, Alan Arkin, het glo tydens die voorval tussenbeide getree.

Nog ʼn vrou voer aan dat Freeman soos ʼn “grillerige oom” opgetree het by sy produksiemaatskappy, Revelations Entertainment, en dat sy ongewenste kyke en behandeling hulle gedwing het om op te hou rompe en rokke dra kantoor toe.

“Hy het kommentaar gelewer oor ons lywe. Ons het geweet as hy die dag verbykom om nie klere te dra wat ons borste, boude of ander liggaamsdele beklemtoon nie,” het sy gesê.

Volgens nog ʼn vrou, wat in 2012 as produksieassistent op die stel van die fliek Now You See Me gewerk het, was dit “algemene kennis” dat Freeman vroue op stel “geteister” het.

Nog ʼn voormalige werknemer het gesê sy het Freeman in 2010 ontmoet op die stel van die reeks Through the Wormhole, waar hy haar glo “op en af bekyk het” en gevra het: “So, hoe voel jy oor seksuele teistering?”

“Ek was uit die veld geslaan,” het sy vertel. “Dit was immers die persoon vir wie ek gewerk het, en dit is sy maatskappy. Ek het dit afgejak met ʼn sarkastiese grap soos: “Ek is mal daaroor”, met die hoop om die situasie ligter te maak, want ek was so deurmekaar. Hy het na die ander ouens op die stel gedraai en gesê: “Sien ouens, dit is hoe jy dit doen.”

Die manlike werknemers van Revelations Entertainment was glo getuies van die beweerde voorvalle. “[Hy] sal goed sê soos: “Ek sal graag ʼn uur saam met haar wil hê,’ of vulgêre en seksuele kommentaar lewer oor die vroue,” het een werknemer volgens The Daily Mail gesê.

“ʼn Mens is meer geskok as enigiets anders, want dit is moeilik om die vrymoedigheid te hê om vir hom te sê: “Dis onvanpas.” Op enige stel is hy een van die magtigste mense daar. Dit is vreemd, want jy verwag dit nie van Morgan Freeman, iemand wat jy respekteer, nie.”

Freeman het ook glo tydens sy 79ste verjaarsdagpartytjie na ʼn kring vroue gestap en elkeen “in hulle gesigte op en af gekyk”.

“Hy het niks gesê nie,” het die man vertel. “Hy het net van die een vrou na die volgende beweeg. Dit was baie vreemd. Hy het dit met elkeen van die vroue gedoen, maar nie met enige van die mans nie. Hy het nie met die mans gepraat nie.”

Morgan Freeman in Januarie vanjaar met sy Screen Actors Guild-toekenning. (Foto: Xinhua/Li Ying)

Morgan Freeman in Januarie vanjaar met sy Screen Actors Guild-toekenning. (Foto: Xinhua/Li Ying)

Die meeste van die beweerde voorvalle het plaasgevind ná 2010, toe Freeman van sy tweede vrou, Myrna Colley-Lee, geskei is. Hy was van 1969 tot 1979 met sy eerste vrou, Jeanette Bradshaw, getroud.

Intussen word daar beweer dat Freeman en sy stiefkleindogter, E’Dina Hines, ʼn seksuele verhouding gehad het voordat Hines se kêrel haar in Augustus 2015 met ʼn mes doodgesteek het.

Lamar Davenport is vroeër vandeesmaand skuldig bevind aan manslag nadat sy prokureurs aangevoer het dat hy in ʼn dwelmgeïnduseerde psigose was tydens die voorval. Davenport het erken dat hy vir Hines vermoor het en is onlangs tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Tydens sy verhoor het die verdediging aangevoer dat Hines, toe 33, aan Davenport gesê het dat sy en Freeman ʼn seksuele verhouding gehad het. Freeman het dié bewerings ontken. “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het Freeman gesê toe hy in April vanjaar hieroor gevra is.

Freeman se loopbaan strek oor byna vyf dekades, met rolle in klassieke flieks soos Driving Miss Daisy en The Shawshank Redemption.

Die Screen Actors Guild, wat vroeër vanjaar vir Freeman met ʼn toekenning vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf vereer het, oorweeg dit nou glo om dié toekenning terug te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Erick ·

Jammer om te se maar ongelukkig sien ek ‘n klomp vrouens wat aandag soek. Ek is toetaal gekant teen seksuele teistering, maar my magtig, het hy hulle betas. Het hy seksuele gunsies by hulle gesoek? Hierdie is ‘n klomp sensasie soekery.
Kruisig my, maar dit is my siening.

Lee ·

Ek stem saam. Nou na al die jare maak hulle eers hulle monde oop. Snert man!!! Aandag soekers. Hy wou seker nie vir hulle rolle of meer geld gee nie nou is hulle suur.

Sjoe ·

And so it goes ne? Bill Cosby .. nou Morgan Freeman .. en so val een na die ander helde. Leef soos konings en mense steek maar hulle wangedrag weg want dit is CELEBS .. toe nou nie so ‘n LEGENDE soos mens gedink het nie ne?

3rd Wave Feminism ·

Die nadraai wat “3rd Wave Feminism” op die Westerse hetroseksuele verhoudings het, gaan die Weste tot ‘n val bring. Bestudeer gerus YouTube videos oor dié onderwerp & die Me Too beweeging.
Mans in Amerika is gemarginaliseerd in die werkplek en weier om te trou.
Statistieke bewys dat 60% van studente in die VSA dames is & dat jong mans verpligte Feministiese klasse moet loop, om hulle te “reinig” van hulle “toksiese manlikheid”.
Gelukkig het die waansin nog nie oor gewaai na die RSA toe nie.

Adam ·

En met reg ook. Dit is duidelik dat Hollywood besaai is met intellektuele dwergies wat te groot vir hulle skoene is.

Andre ·

Vrouens raak belaglik deesdae, dit is alles net vir geld en aandag.
Dit is soos die rasse kaart speel, jy is onmiddelik beskerm en jy besmeer die ander person se naam.

Pateties.

Gerda ·

Vrouens trek aan om mans se reaksie te kry en dan kla hulle wanneer hulle dit kry. Dan eweskielik is dit seksuele teistering.

adriana ·

Ek sal baie teleurgesteld wees indien dit waar sou wees. Altyd groot agting vir hom gehad – nou weet ek darem nie………………………….

Jacobus ·

Morgan Freeman het te veel teen die linkse en liberales gepraat.

Hy ondersteun in ‘n video wat ek gesien het die National Rifels Assosiation (NRA) in Amerika, is teen die Social Justice Warriors (SJW), feministe, ens. alles wat deur CNN en kie ondersteun word en dit is waarom hy nou gediskrediteer moet word.

Dalk het hy gedoen wat hulle sê, maar ek glo hulle oordryf met die aanklagte om hulle kant van die saak te steun.

Kyk maar na wat met Afriforum gebeur en nog gaan gebeur in die media met uitsprake deur joernaliste, akademici en politici en ek hoef nie eers na ons as Afrikaners se ondervinding te verwys nie met uitsprake soos “grond diewe, verkragters, moordenaars, duiwels” ens.

As jy teen die liberales en linkses se sieninge rebelleër, maak jou reg vir ‘n verwoedende aanval.

Valerie ·

Die ou was al in die 80s grillerig. Hollywood gee valse “power” en “perks” en sekeres weet dit. Onthou nog hoe Ferguson van Man United hom hier gedra het?
Nee, ek is jammer, maar 16 vroue gaan nie lieg nie, maak nou nie saak hoe “goed” die ou toneel gespeel het nie. Die wat nooit geteiister was nie, sal nooit weet hoe dit voel om dit openbaar te maak nie.
Ek glo hulle want hulle het meer om te verloor as hy.

Attie No1 ·

Dit is n jammerte ek hou van Samual L. Jackson, hy was veral goed in Beverly Hills Cop en die super hero film Hancock. Net n grappie mense.

Msp ·

Ai tog, ek stem volkome saam met jou Erick. Wag tot iemand oud geword het dan kom hulle met sulke stories uit. Ek dink hulle hoop om van sy rykdom te gryp voor hy heengaan.

J ·

Van hierdie kommentaar wat hier gelewer word maak my siek. Altyd word die slagoffers geblameer. Ek self al deur so geval. En nee Gerda, ek het nie aangetrek om mans uit te lok nie, was in my werks uniform. Hou op om die slagoffers te blameer, dit is hoekom hulle nie daaroor wil praat nie.

Cornelia ·

Dan verklaar dit seker waarom selfs kinders en Moslem vroue wat van kop tot voetsool gemasker en bedek is, deur dieselfde euwels getref word?! Trek “uitlokkend” aan!? Asof die wêreld se grootste treitering nie al deur die eeue floreer sonder teëspraak nie?! Hierdie openbaarmaking van die vroue is nie gemik op sensasie nie. Dit is dood eenvoudig nie nodig nie. Glo hulle gerus.

Pop ·

Dis ok as hulle bo wil uitkom nê. Roem wink en dan is alles toelaatbaar. Nou kom kla hulle. Of is dit n geval van dat dit nou in tel is om ook geteister te gewees het. Dis n status simbool. Wys darem hulle was ook mooi en wulps genoeg om geteister te word. Steur my min aan die gekerm. Maar dit moet erg wees vir die mans. Toegegee daar is verkragters en onsmaaklike gediertes ook. Maar as dit traumaties was moes daar daar en dan gekla gewees het

Cornelia ·

Ja Pop, dit moet erg traumaties wees vir die skuldige mans. Dit is tyd dat die “deksel” nou gelig word sodat die vroue hulle misnoeë en skok en woede kan verwoord. Dat selfs die slagoffers nou mag sê dat hulle ongeag hul skoonheid al dan nie, perversie attensies nie verwelkom word nie. Inteendeel, dit is ‘n skande. Dit is my Christelike oortuiging.

rollie ·

Nou wat gaan ons maak met al die vatterige VROUE in die werksplek?

Callie ·

As jy regtig geafronteer voel hoekom praat jy nie. Sal stilbly en dinge toelaat om tog net bo uit te kom. As jy nie gepraat het toe dit gebeur het nie het jy dit of geniet of gebruik om die leer te klim. Miskien kan iemand dit vir my anders verduidelik

Marthinus Willemse ·

Wanneer is `n akteur net gewoon “akteur”, en wanneer is hulle `n “legende”? Volgens die HAT verwys “legende” gewoonlik na `n heilige persoon, of iets ongeloofwaardig.
Soos Valerie sê, sal 16 vroue nie sonder rede kla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.