Hollywood-legende Kirk Douglas sterf

Michael en Kirk Douglas (Foto: Instagram)

Die legendariese Hollywood-akteur Kirk Douglas is in die ouderdom van 103 oorlede.

Sy seun, die bekende akteur Michael Douglas, het die hartseer nuus Donderdag op sy Instagram-blad gedeel.

“Vir die wêreld was hy ’n legende, ’n akteur uit die goue era van films wat tot in sy goue jare geleef het, ’n filantroop wie se toewyding aan geregtigheid en die sake waarin hy geglo het, ’n standaard stel vir ons almal om na te streef.

“Maar vir my en my broers Joel en Peter was hy eenvoudig pa, vir Catherine [Zeta-Jones] ’n wonderlike skoonpa, vir sy kleinkinders en agterkleinkind, hul liefdevolle oupa, en vir sy vrou, Anne, ’n wonderlike man,” skryf Michael in die hartroerende boodskap.

Volgens Michael laat sy pa ’n nalatenskap in die filmbedryf agter wat vir die volgende generasies sal bly bestaan.

Kirk was veral bekend vir sy rolle in Champion (1949) en Spartacus (1960) en het gedurende sy loopbaan wat oor ses dekades strek in nie minder as 90 films gespeel nie.

“Laat my afsluit met die woorde wat ek op sy laaste verjaardag aan hom gesê het, en wat altyd waar sal bly. Pa – ek is so lief vir jou en ek is so trots om jou seun te wees,” sê Michael.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charmaine ·

Dis hartseer maar dit was tyd nie enige een kan 103 word nie.

Elize ·

Geseënd om daar die ouderdom the bereik. Rus in vrede Kirk.

Niklaas ·

Wel, hy het gewis een lang leeftyd gehad en is gebore doer in die tyd van die eerste wereld oorlog . Dis nou laaaank gelede. 103 jaar ! Min mense het so n voorreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.