Hollywood-prikkelpop wil glo dagvaar oor vliegramp-poets

Paris Hilton. (Argieffoto)

Paris Hilton. (Argieffoto)

ʼn Video van die poets volg onderaan die berig.

Die Hollywoodse prikkelpop en sosiale vlinder Paris Hilton wil glo koppe laat rol nadat ʼn Egiptiese televisieprogram ʼn angswekkende vliegramp-poets op haar gebak het.

TMZ berig Hilton het aan mense naby aan haar gesê sy gaan die verantwoordelike persone vir emosionele stres dagvaar. Hulle het haar op ʼn vlug gesit wat oor Doebai gevlieg het en het gemaak of dit gaan neerstort. Sy is glo baie vies oor die poets en het gesê sy het vir ander mense se vermaak vir haar lewe gevrees.

Volgens ʼn bron vrees sy nou om te vlieg. Sy het glo reeds haar prokureurs opdrag gegee om uit te vind wie verantwoordelik gehou kan word vir die voorval.

Verskeie weergawes van die poetsvideo word sedert Maandag wyd op sosiale media versprei. Dit is egter nie bekend wanneer presies die voorval gebeur het nie. Die poets is vir die program van Ramez Galal, wat glo bekend is vir sy uitspattige poetse.

https://youtu.be/AJasQhNnhg8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anti-Paris ·

Dis nie ‘n poets nie. Dis gemeen! Ek sou ook my prokureurs opdrag gegee het om die skuldige aan die pen te laat ry… of in hul moe.. te laat vlieg!

SNEL ·

Ek stem, dis ook nie vir my n grap nie, om te vlieg bly n risiko en kyk die laaste ruk hoe vlugte val en sommer net wegraak, en om so iets nog te doen en te dink dis n grap….Dis nie almal wat ontspanne is met n vlug nie, mens se senuwees hang aan n vlenter en dan trek hulle nog so grap, dis baie laag. Ek sou dieselfde gedoen het, dagvaar hulle. Ek dink sy het dit nog rustig hanteer, ek sou uit stem uitgehardloop het en vir weke nie kon praat nie en dit sou ook baie moed en sielkundige hulp gekos het om my weer van die grond af te kry.

Arina ·

Swak smaak. Die mense wat die video gemaak het, het verseker nog nooit iemand aan die dood afgestaan nie. Maak van die oortreders ñ voorbeeld!!!

AmY ·

Om mee te begin, is dit in baie swak smaak om ñ grap te maak oor ñ vliegtuig wat val. En nee; ek hou nie van Paris Hilton nie!

Se maar net ·

Dit is regtig geen grap nie. Maak nie saak aan wie dit gedoen is nie.
Ek kan my net indink wat deur haar kop gegaan het.
Dagvaar die sondebok, die sal 2 keer dink voor hulle weer so duur grappie maak.

Gideon ·

Snaaks is snaaks, maar dié poets is belaglik! Iemand op my dorp se seun het so 10 jaar gelede van Londen af teruggevlieg, en die seun en sy vriend besluit om vir sy ma ‘n poets te bak om te sê die vliegtuig het geval. Die vriend dra kamtige vlugramp oor terwyl kind in kar wag om sy ma te verras. Die arme vrou het vanweë die skok erge graad van suikersiekte opgedoen!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.